100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,276 Episodes
340 – 360

Wonderkind maak opslae met motorfiets

Mackenzie Bam is 'n 14-jarige wat opslae maak in motorfietskringe. Die Nelspruiter het sopas van Cross Country na Enduro geskuif en is tans nasionaal in die algehele sesde plek (sy neem in die seunsklas deel). Haar doelwit is om aan al die groot enduro-wedrenne deel te neem: Roof of Africa,…
3 Sep 2024 10 min

MP Solar Flair mik hoog met Sasol-sonkraguitdaging

Vanjaar se Sasol-sonkraguitdaging gaan internasionale spanne van universiteite in Nederland en België insluit. Die uitdaging vind oor agt dae oor verskillende afstande plaas, met deelnemers wat slegssonkragaandrywing vir die motors kan inspan. Dit begin op 13 September in Secunda en eindig by die V&A Waterkant in Kaapstad. Klasie Botha en…
2 Sep 2024 17 min

MSM staan makadamiaboere tot diens

Macadamia Services Management bied fisiese, praktiese voordele vir makadamiaboere. Die stigter, Cobus Kok, sê met MSM het hulle nou die geleentheid om hul gestandardiseerde produk vir verskeie kopers aan te bied op een platform waar hulle die prys kan bepaal.
30 Aug 2024 22 min

Ontwikkeling van Farmstall at Gateway beplan

Die bestuurder van die ikoniese Farmstall at Gateway, Corné Lubbe, sê planne om dit te sloop en 'n winkelsentrum op die perseel te bou, sal 'n Laeveldse landmerk verlore laat gaan, mits dit deurgevoer word. Hy sê dit mag nie gebeur nie.
29 Aug 2024 8 min

Steve vier 60ste

Steve Hofmeyr vier môre sy 60ste verjaarsdag, en dan moet ons hom Oom Steve begin noem. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor sy 40 jaar in die musiekbedryf.
28 Aug 2024 9 min

Hou jou oë oop vir die positiewe

Brent Lindeque, beter bekend as The Good Things Guy is Vrydagoggend in Nelspruit en hy wil saam met jou koffie drink. Hy gesels met Sonop Ontbyt.
28 Aug 2024 12 min

Nellie wen groot in LA

Ronel Basson van Hoërskool Nelspruit het 'n akteursprys gewen by die onlangse Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste wat in Los Angeles gehou is.
28 Aug 2024 10 min

Groener oplossings gesoek

Die Mpumalanga Green Cluster Agency, ‘n nie-winsgewende organisasie wat in 2022 gestig is om te help met die billike en regverdige energie-oorgang ondersteun ondernemings wat hul deel doen vir ʼn groener ekonomie. Gift Mkhatshwa vertel meer. Opskud! Inskrywings vir die SMME Green Innovation Challenge sluit Vrydag.
27 Aug 2024 7 min

Veldtog teen onwettige mediese prosedures van stapel gestuur

We Care 4 Nelspruit is op 'n missie om 'n einde te bring aan onwettige agterstraat aborsies en die advertering van sinlose "mediese" behandeling - ten einde die algemene publiek te beskerm. TJ Maré gesels met Sonop Ontbyt oor wat jy kan doen.
26 Aug 2024 8 min

FOPK rock eersdaags ten bate van diere

Fokofpolisiekar is die suksesvolste Afrikaanse rockgroep wat na 24 jaar nuwe aanhangers bly vind. Baskitaarspeler, Wynand Myburgh, gesels op die vooraand van Woofstock met Skedaddle oor die wilde rit waarop die groep steeds is.
22 Aug 2024 10 min

Ondersteun mense met gestremdhede op 6 Sept

Vrydag 6 September is Loslit-dag ten bate van mense met gestremdhede. Thulakahle Khumalo en Tsakani Ndlovu van die Mpumalanga APD gesels oor wat dit vir hulle beteken.
20 Aug 2024 9 min

Alles oor tweepot-pensioenfondsstelsel in 10 minute

Wat presies behels die tweepot-pensioenfondsstelsel wat 1 September in werking tree? Ilse van Biljon van die Citadel-groep verduidelik hoe dit werk, wie die raak, en wat die implikasies daarvan is.
15 Aug 2024 9 min

Sussies sing wêreld aan die brand

Moya & Iona is twee Suid-Afrikaanse susies wat tans in Bermuda woon en saam musiek maak. Hulle gesels met Skedaddle oor hul jongste enkelsnit.
15 Aug 2024 8 min

Groot Curriebeker-geveg môre by Mbombela

Die Curriebeker voorlopers, die Bulle, reis môre na die Laeveld om die Airlink Pumas die stryd aan te kom sê. Die spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hulle verwag dat die Bulle 'n punt teen hulle sal wil bewys.
15 Aug 2024 8 min

Kiaat-apteek: Nou 24/7 daar vir jou

Kiaat Private Hospitaal het die afgelope jare baie gegroei en bied nou alle spesialiteitsdienste. Eda Verster, die bestuurder van die apteek, gesels met Sonop Ontbyt oor hul 10 jaar in die Laeveld. Dié apteek is nou 24/7 oop met 'n gekwalifiseerde apteker wat altyd aan diens is.
15 Aug 2024 11 min

Mbombela-gholfklub se bestuurder met toekenning vereer

Die uitvoerende beampte van Mbombela-gholfklub, Darren Plumb, was onlangs die wenner van die PGA of SA se bestuurstoekenning vir die Gauteng-Noord-streek en ding eersdaags mee om die nasionale toekenning.
14 Aug 2024 5 min
340 – 360