100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,276 Episodes
360 – 380

Hoe om jou elektrisiteitsmeter te herprogrammeer

Alle voorafbetaalde elektrisiteitsmeters landwyd is geprogrammeer om slegs tot 24 November te werk. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, verduidelik wat jy moet doen om te verseker jy het daarna nog krag.
7 Aug 2024 12 min

Vroue vier Vrouemaand en leer pret 'life hacks'

Die Laeveld-tak van die SACBW beplan 'n pret vroueoggend vir hul Vrouemaand viering in Augustus. Lede Denize Moller en Isaura Cardoso vertel watter waarde dit vir hulle bied om aan hierdie netwerk- en uitreik-organisasie te behoort.
6 Aug 2024 4 min

Suksesverhaal op digitale opsitkers

Ryan en Dominique het aanlyn ontmoet. Hulle is nou nege jaar saam en sewe jaar getroud. Hulle vertel vir Sonop Ontbyt oor hul sukses met 'n digitale opsitkers.
2 Aug 2024 14 min

NHS Rhinos witwarm die seisoen

Die Rhinos, Hoërskool Nelspruit se eerste rugbyspan, was witwarm in hul afgelope drie wedstryde in die Noordvaal-beker deur sterk spanne in Garsfontein, Monument en Menlopark te wen. Die afrigter, Hennie Skorbinski, en kaptein, Ian Wood, gesels met Skedaddle.
2 Aug 2024 10 min

Daar is heuning en dan is daar heuning

Inge Austin, 'n plaaslike byeboer, is onlangs verkies tot die ondervoorsitter van Sabio, wat die byebedryf reguleer. Die hele komitee bestaan vir die eerste keer uit slegs vroue. Sy gesels oor bye en wat die verskil is tussen regte, egte heuning en dit wat ingevoer word.
1 Aug 2024 13 min

Pumas oorrompel Griekwas gemaklik

In 'n hoëpunt-Curriebekerwedstryd wat 92 punte gelewer het, het die Airlink Pumas Sondag die Suzuki Griekwas met 66-26 oorrompel by Mbombela-stadion. Die span van Mpumalanga het nege drieë gedruk - terwyl die besoekers tot vier beperk is, wat tog aan die Griekwas 'n bonuspunt besorg het. Afrigter, Jimmy Stonehouse en…
30 Jul 2024 6 min

Lighthouse Church bied gemeenskap vir 100 kinders

Past. Alfred Kariukivan die Nelspruit Lighthouse Church in Mataffin in Mbombela het sowat ses jaar gelede 'n sopkombuis begin wat as die aansluitingspunt gedien het om vir die kinders die buurt 'n gemeenskap van ondersteuning te ontwikkel.
23 Jul 2024 9 min

Pumas slaggereed vir Griekwas die naweek

'n Vasberade Airlink Pumas het vyf keer onder die pale gaan kuier om die Haaie Vrydagaand in Durban met 31-21 te klop. Hierdie naweek speel hulle tuis teen Griekwas. Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg vertel dat sportklere vir skoolspanne op die spel is vir die plaaslike skool wat die…
23 Jul 2024 12 min

Kind in hospitaal in gepootjie: Pa pleit vir bewustheid

Gerhard Sinden se 10-jarige dogtertjie het haar hand gebreek na sy verlede week op die trappe by Laerskool Lydenburg deur 'n ander kind gepootjie is. Hy is besorg daaroor dat kinders mekaar boelie, of soms nie die gevaar besef van wat hulle as 'n streek bedoel nie. Hy wil ook…
22 Jul 2024 20 min

Dokter gerat vir On Trac-tor 2024

Dr. André Hattingh vertrek Sondag op sy 3 500 km trekkerrit oor die land om fondse in te samel vir Pediatric Care Africa.
19 Jul 2024 16 min

So lyk die huismark in die Laeveld

Hoe sien die huismark in die Laeveld tans daar uit, met rentekoerse wat al etlike maande die hoogste is wat dit in 11 jaar was? Ilana Hattingh van Better Bond gesels met Kies Koers.
18 Jul 2024 11 min

Infinite Grace sopkombuis beplan broodnodige uitbreiding

Die Infinite Grace sopkombuis in Elandskloof voer daagliks 200 kinders. Na ses jaar is hulle op 'n missie om die gebou uit te brei om in die kinders se behoefte te voldoen. Eliska Muller van die NG-kerk Westergloed en Petsile Zulu gesels met Amanda oor dié Lowveld Outreach Project.
17 Jul 2024 10 min

Gunstige weerstoestande laat brandbestryders (tydelik) asem skep

André Scheepers van die Laeveld-brandbeskermingsvereniging (Lefpa) beraam dat sowat 15 000 ha in die Laeveld gebrand het sedert veldbrande 11 dae gelede uitgebreek het. Hy bedank almal in die gemeenskap wat die brandbestryders ondersteun en waarsku dat dit nog 'n lang brandseisoen gaan wees.
15 Jul 2024 15 min
360 – 380