Die Pumas-afrigter was redelik geskok met sy span se vertoning die naweek in hul Curriebeker-wedstryd teen die Leeus, maar belowe hulle sal verbeter. Hy kuier saam met Leone Liebenberg from Must be Nice Clothing in die ateljee om te vertel van die opwindende prys wat die skool kan wen wat…
Die Laeveld-brandbestryders-vereniging beveg steeds drie uitdagende brande. Volgens André Scheepers van Lefpa is hulle in die Bosbokrand-, Kaapsehoop- en Machadodorp-areas. Hy sê dit word aangedryf deur die wind te midde van warm, droë toestande met die bandgevaar-indeks wat vandag “baie gevaarlik” is. Sewe helikopters en vier vastevlerk-vliegtuie sowel as verkenningsvliegtuie…
Ashley Erasmus het gedink sy mik vir die Olimpiese Spele oor vier jaar, maar sy is verlede Vrydag in kennis gestel dat sy gekwalifiseer het vir Parys. Sy het by die onlangs Afrika-atletiekkampioenskappe in Kameroen die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om verder as 18 m in gewigstoot aan te teken…
Die Airlink Pumas sê môre by Mbombela-stadion die Leeus die stryd aan in hul eerste tuiswedstryd in die 2024 Curriebeker. Ruwellyn Isbel, krag- en kondisioneringsafrigter, en Corné Steenkamp, hulpafrigter, gesels met Sonop Ontbyt.
Die Laeveld ervaar tans die ergste brandseisoen wat dit in jare beleef het. Boonop verwag André Scheepers van die Laeveld-brandbeskermingsvereniging dat dit gaan volhou tot dit in Oktober begin reën.
Die South African Council for Business Women (SAVBW) reik die maand uit na bejaarde mense by Pumalanga-aftreeoord. Isaura Cardosu en Annelize Maré verduidelik wat hulle daarmee wil bereik.
Die Pumas het die Curriebeker die naweek afgeskop met 'n sege oor die Griekwas van 44-24 in Kimberley. Hul eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela teen die Leeus. Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg hoop dit word goed ondersteun.
Die Laeveld-brandbestryders-vereniging beveg sedert Vrydag verskeie brande. André Scheepers van Lefpa sê tans is twee aktief in die streek: Dit is tussen Witrivier en Sabie en Hazyview sowel as die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area. Hy sê die wind het vanoggend gaan lê, maar dit waai nog kwaai in areas wat hul taak aansienlik…
Die belastingseisoen het aangebreek. Jy wil nie aan die verkeerde kant van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens beland nie, maan Werner Oosthuizen, 'n finansiële advideur van Efficient Wealth Nelspruit.
Jane Sithole, die leier van die DA in Mpumalanga, is Sondagaand as adjunkminister van Kleinsake-ontwikkeling in president Cyril Ramaphosa se kabinet aangewys. Sy sê hoewel entrepreneurs ‘n magdom uitdagings in die gesig staar, is een van die belangrikste kwessies om struikelblokke uit hul weg te ruim. Sy sê se sien…
Corli Prinsloo (néé Botha) was tydens Innibos te sien in die llefstyl-produksie KOStelik saam met Leon Gropp en het sommer haar alma mater, Hoërskool Nelspruit, se kombuis en leerlinge ingespan as assistente.
Riaan Grobler was die finale gas tydens 100.5FM se daaglikse boekgesprekke by Innibos. Hy het gesels met Sanett Oosthuizen oor sy debuutroman, “Geheime op Philadelphia”.
Die Piesangskille, twee studente van Potchefstroom, tree al so twee jaar op, en kry vanaand by Innibos die geleentheid om op die hoofverhoog op te tree.
Etienne van Heerden, Ultracoustic Duo, Koos Kombuis, Jana Cilliers, Refentse en Johny Klein was almal te sien by die ATKV-Boeke-crawl in Kaapsehoop, een van Innibos se gewildste produksies waarvan hulle jaarliks die wenresep vervolmaak.
Amore Bekker was vanoggend ons gas tydens 100.5FM se daaglikse boekgesprekke op die Innibos-feesterrein. Sy gesels met Sanett Oosthuizen oor haar nuwe boek: Ek het 'n engel gesien.
Leon van Nierop was Sanett Oosthuizen se eerste gas tydens die daaglikse boekgesprekke by 100.5FM op die Innibos-feesterrein. Hulle gesels oor sy nuwe roman, Droomjagter.
Galito's is in Mbombela gebore en kon tot dusver groei tot 300 winkels op 5 kontinente. Louis Germishuys besturende direkteur van Galito's gesels by Innibos met 100.5FM.
28 Jun 2024
8 min
380 – 400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.