Twee erge brande woed voort in die Laeveld

Loading player...
Die Laeveld-brandbestryders-vereniging beveg sedert Vrydag verskeie brande. André Scheepers van Lefpa sê tans is twee aktief in die streek: Dit is tussen Witrivier en Sabie en Hazyview sowel as die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area. Hy sê die wind het vanoggend gaan lê, maar dit waai nog kwaai in areas wat hul taak aansienlik bemoeilik. Die wind en droë, warm toestande dryf die brande aan met meer as ‘n duisend-hektaar veld en boorde wat afgebrand het. Mense is gevra om baie versigtig te wees en geen oop vure te maak nie. Geen brandpermitte word ook uitgereik tot verdere kennisgewing nie, met brandbestrydings-hulpbronne wat tot die uiterste beproef word. Rapporteer brande aan Lefpa by 086-066-3473.
9 Jul 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Hou asb. by die padreëls die vakansie

Wees veilig op die pad hierdie feestyd. Solange Soares van TRACN4 verduidelik aan die Middag Game Drive watter maatreëls TRAC alles in plek het.
16 Dec 11 min

Vind genesing in jou tuin

Kan jy genesing vind in jou tuin? Luister na die professionele opinie van 'n organiese groentetuin kundige Elzabé de Bruyn.
15 Dec 13 min