Twee erge brande woed voort in die Laeveld

Loading player...
Die Laeveld-brandbestryders-vereniging beveg sedert Vrydag verskeie brande. André Scheepers van Lefpa sê tans is twee aktief in die streek: Dit is tussen Witrivier en Sabie en Hazyview sowel as die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area. Hy sê die wind het vanoggend gaan lê, maar dit waai nog kwaai in areas wat hul taak aansienlik bemoeilik. Die wind en droë, warm toestande dryf die brande aan met meer as ‘n duisend-hektaar veld en boorde wat afgebrand het. Mense is gevra om baie versigtig te wees en geen oop vure te maak nie. Geen brandpermitte word ook uitgereik tot verdere kennisgewing nie, met brandbestrydings-hulpbronne wat tot die uiterste beproef word. Rapporteer brande aan Lefpa by 086-066-3473.
9 Jul 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Diefstal: Wanneer dit nie vreemdelinge is nie

Ons spandeer baie geld om mense uit ons huise en ondernemings te hou, maar hoeveel misdade begin met iemand wat wettig toegang gehad het: 'n kontrakteur, afleweringspersoon of voormalige werknemer? Callum McPherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch.
16 Jul 16 min

LOMAC-lugskou eersdaags aangebied

Die Laeveld Modelvliegtuigklub (LOMAC) bied volgende Saterdag 'n lugskou aan. Alec Groenewald en Phillip Lewis gesels daaroor met Sonop Ontbyt.
15 Jul 15 min

Wat is beter: sade of saailinge?

Die organiese groentetuinkundige, Elzabé de Bruyn, was weer in die Saterdag Ontbyt-ateljee saam met Charles om te praat oor wat die beste is, sade of saailinge?
13 Jul 20 min