Een (1) is 'n tragikomedie uit die pen van Henriëtta Gryffenberg oor 'n paartjie wat so lief was vir mekaar dat hulle aan mekaar vasgegroei het, maar nou wil hulle skei... Cindy Swanepoel en Zak Hendrikz gesels oor wat dit hulle geleer het oor hul eie verhoudings.
In die eenmanstuk "Ballade vir ’n blikbrein" skitter Luan Jacobs as Blikkies Bliknaut, ’n robot wat soos ’n mens lyk, maar hiperslimmer en hiper-sterker is. Die bliksiel word deur algoritmes voorgeskryf, maar sy grootste wens is om emosie te ervaar. Teksskrywer Barry van Rensburg kuier in die 100.5FM-ateljee.
Somatoloog, Monique Hobkirk (43), se beurt op die tweede seisoen van die reeks, "Plaasjapie", het tot 'n einde gekom toe sy gisteraand uitgestem is. Sy gesels met Sonop Ontbyt oor haar ervaring op dié werklikheidsreeks.
KANSA Laeveld verkoop tydens volgende week tydens Innibos handgemaakte komberse en poncho's wat jou snags tydens die konserte warm sal hou. Rinella Jansen van Vuuren en Elsie Fourie gesels met Amanda.
Refleksologie bestaan al meer as 5 000 jaar, en bly 'n gewilde manier om pyn te verlig. Dit is ook baie effektief om allerhei ander kwale te behandel, vertel somatoloog en refleksioloog, Delrize van der Merwe.
Loots Photography en Frames by James het kragte saamgesnoer om 'n formidabele span te maak om jou geleenthede te verewig op film en foto's. Francois Loots en Gené James vertel.
SANBS soek jou bloed - en hou Saterdag 'n groot insamelingsveldtog by i'langa Mall. Palesa Mazibuko gesels met Sonop Ontbyt oor die proses van lewensreddende bloed skenk.
Francois Jacobs gesels op die vooraand van Innibos met Sonop Ontbyt oor die bedryf en waarna feesgangers kan uitsien van hom by die Boma-kuierteater. Sy gesels gaste sluit in Brendan Peyper - wat soos Jacobs self 'n deelnemers was aan Op My Eish!
Lucinda Rossouw van Eventually Events 4 U is absoluut passievol daaroor om die ongewone bymekaar te sit om elke funksie waarby sy betrokke is, onvergeetlik te maak.
Die South African Council for Businesswomen (SACBW) bied jaarliks werkswinkel aan waar die jeug lewensvaardighede leer. Annalize Maré en Petro Bekker van die Laeveld-tak vertel meer.
Elvis Blue het Saterdag weggespring om die 1 500 km tussen George en Nelspruit per fiets af te lê. Die doel is om geld in te samel vir beide Life Community in George, en die Daantjie Orphan Project in Nelspruit. Hy het op die vooraand met Skedaddle gesels.
Barbara Kuhn het Lowveld Food Socks begin gebruik met die oog om haar gesin se eie voedselrekening te verminder. Nou versprei sy hierdie veelsydige, gerieflike, goedkoop maaltyd-opsie in die Laeveld saam met haar seun, Xavier.
Die Laeveld JOC en alle rolspelers in die sekuriteitsektor is op volle gereedheid vir môre se stemdag. John Meintjies en Frank Swanepoel gesels met Sonop Ontbyt oor wat hulle verwag.
Sania Lemmer het onlangs 'n nuwe boek oor outismespektrumversteuring gepubliseer. Dit het te doel om ander ouers van kinders met die toestand te help. Sy gesels met Skedaddle.
27 May 2024
14 min
400 – 420
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.