Die DA beplan om Mbombela by die Openbare Beskermer aan te gee weens sy versuim om dienste af te sny van die provinsiale regering wat die munisipaliteit R406 miljoen skuld. Robert Dlamini en Thea Rix gesels met 100.5FM.
Die SA Beker het die naweek afgeskop en die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, het die SWD Arende met 28-26 in George geklop. Die Pumas speel Vrydagaand hul eerste tuiswedstryd van die toernooi by Mbombela-stadion teen die Oostelike Provinsie.
CleanMyBed maak matrasse professioneel diep skoon en het gegroei tot Peace of Sleep, 'n sertifisering vir die gasvryeheidsbedryf wat hul verbind tot 'n hoër standaard van matras-higiëne. Charlie Wright is die stigter en Celia van Wyk het die lisensie om in die Laeveld dié dienste te lewer.
Sy departement sal nie toelaat dat enige mynaansoek wat skade aan die omgewing sal aanrig goedgekeur word nie, sê die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp.
Die SA Beker skop die naweek amptelik af. Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, begin hul titelverdediging Vrydag teen die SWD Arende in George. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt.
Hoërskool Nelspruit neem vanjaar deel aan die A-bond van die Super Interhoër. Atletiek-hoof Anica Cilliers gesels op die vooraand daarvan met die Middag Game Drive.
Saterdag vind die jaarlikse Laeveld Interhoër-atletiekbyeenkoms by Lowveld High plaas. 100.5FM saai regstreeks uit vanaf die geleentheid en Mopani maak dit moontlik. Rita Visagie kuier by Sonop Ontbyt om die besonderhede te deel.
Harry Wiltshire, Craig Metherell, Dewaal Visser en Sara Archdeacon gaan in Maart aan die Expedition Africa Back to the Berg-wedren deelneem. Die 500 km avontuurwedloop verg dat deelnemers oor ses dae die ruwe en uitmergelende terrein van die Drakensberge trotseer.
Die Gesinsadvokaat is hier om ouers by te staan wanneer geskille opduik. Alles gratis en verniet. Ons gesels met Francois Rawlinson, 'n familieadvokaat.
Neala Dos Santos, Mila Oosthuizen en Mason Eisen was die wenners van die Panarottis Riverside Mall-kompetisie en is gekies as die nuwe stemme van die restaurant se advertensies op 100.5FM. Hulle wen Pizza-partytjies vir 'n groep maats en elke deelnemer aan die kompetisie word beloon met 'n geskenkbewys van Panarottis…
Club 21-leersentrum loods op 21 Maart 'n veldtog om mense bewus te maak van mense met downsindroom se vaardighede. Amanda Fourie is die skoolhoof. Sy kuier in die ateljee saam met Miranda van Zyl.
Huishoudings in Mbombela het slegs tot 15 Maart om aansoek te doen vir die munisipaliteit se skuldverligting-amnestieprogram. Phumula Mathebula gesels met Sonop Ontbyt
17 Feb
14 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.