Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
100 – 120

Goud styg weens swakker Amerikaanse dollar

Goudpryse het Vrydag tot 'n sewe-week hoogtepunt gestyg, versterk deur 'n swak Amerikaanse dollar en 'n toename in werkloosheid in die VSA. Die edelmetaal het op 4 286 dollar per fynons gesluit, en verhandel vandag teen sowat 4 337 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper…
15 Dec 9AM 1 min

MTC beplan plaaslike- en streeksuitbreiding

MTC het planne aangekondig om sy bedrywighede plaaslik uit te brei en streeksmarkte te betree. Die maatskappy het die afgelope jaar met buurlande geskakel wat sy dienste benodig. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die maatskappy ook beplan om 'n datasentrum op te rig en in…
15 Dec 7AM 1 min

Gholf: Jayden Schaper wen Alfred Dunhill-kampioenskap met arend

Jayden Schaper van Suid-Afrika het met 'n arend in 'n uitspeelwedstryd geslaag om sy landgenoot en verdedigende kampioen Shaun Norris te verslaan en die Alfred Dunhill-kampioenskap te wen. Die paar was gelykop op 16 onder nadat die toernooi tot 54 putjies verminder is, maar dit was Schaper wat 'n eerste…
15 Dec 7AM 1 min

Namibië bevestig omgewingsvriendlike ekonomiese modelle

Meer as 170 lande is in Kenia byeen by die VN se Omgewingsvergadering en die lynminister Indileni Daniel is ook teenworodig. Sy sê Namibië se visie vir 'n sirkulêre ekonomie gaan verder as net afvalbestuur na industrialisering en ekologiese herstel. Daniel sê dat hierdie model plaaslike waardetoevoeging prioritiseer.
15 Dec 7AM 1 min

SA deel medelye met Australië na Bondi-slagting

Suid-Afrika het sy medelye aan Australië oorgedra na gister se terroristeaanval op die Bondi-strand in Sydney. Minstens 15 mense is dood en 40 gewond toe twee gewapende mans losgebrand het op ʼn skare wat die begin van Hanukkah, ʼn Joodse vakansie, gevier het. Die slagoffers sluit ʼn Brits-gebore rabbi en…
15 Dec 7AM 1 min

Reënseisoen: Kommer oor elektriese gevare

Soos die reënseisoen verdiep, waarsku die Elektrisiteitsbeheerraad teen toenemende elektriese gevare. Uitvoerende hoof Robert Kahimise waarsku dat 'n enkele sorgelose oomblik naby nat kraglyne of beskadigde kabels dodelik kan word. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Kahimise veiligheidswenke gegee.
15 Dec 5AM 1 min

AfriForum wil weet oor media wat betaal word vir 'spesifieke' beriggewing

AfriForum het aansoeke by die Staatsveiligheidsagentskap en die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ingedien, om ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, bekend te maak watter joernaliste, akademici en kommentators na bewering deur die staat betaal word om openbare mening te beïnvloed. AfriForum-hoof Kallie Kriel beweer…
15 Dec 5AM 1 min

Goeie kanse vir reën die week

Weerkenner George van der Merwe sê die komende week is uiters gunstig vir goeie reën en dit sal ook nie so warm wees nie. Daar is ‘n baie groot stelsel wat sy pad na die land toe maak. Luister self.
15 Dec 5AM 1 min

Brockerhoff al weer vas op aanklagte rakende stropery

Vermeende stroper en sindikaat-leier Derrick Brockerhoff is op Kalkrand gearresteer nadat hy gevang is op vermoede van sameswering om beskermde wild te jag. Die vermoede is dat hy agter 'n renoster was. Hy is ook op twee ander aanklagte van wapens en ammunisie vas, sowel as die bestuur van 'n…
15 Dec 5AM 1 min

G'n woord oor die SAOG-tribunaal vir Zim-boere nie

Alle pogings van die Zimbabwiese boer en aktivis Ben Freeth om die SAOG-tribunaal weer in werking te stel, is steeds futiel. Die werksaamhede van die tribunaal is in 2010 deur SAOG-leiers opgeskort ná dit ten gunste van Zimbabwiese boere beslis het wie se plase onteien is. Kosmos 94.1 Nuus het…
15 Dec 5AM 1 min

Wet moet geskep word wat fasiliteerders van korrupsie vervolg

Die Verenigde Koninkryk stel 'n strenger teenkorrupsie-offensief in wat gemik is op prokureurs, rekenmeesters en ander professionele persone wat korrupte transaksies fasiliteer en misdadigers help om hul rykdom weg te steek. Die voormalige ombudsman John Walters sê dat Namibië soortgelyke maatreëls moet oorweeg. Walters het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê…
15 Dec 4AM 1 min

Batohi se pos moet op meriete, nie politiek nie, gevul word

Die Activists and Citizens Forum het benadruk dat die keuse van Suid-Afrika se volgende Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging op meriete gebaseer moet wees en nie op politiek nie. Die forum kritiseer die ampstermyn van die uittredende direkteur, Shamila Batohi, en verwys na verlore sake, insluitend korrupsie, geslagsgeweld en staatskaping-aangeleenthede…
15 Dec 4AM 1 min

Mosambiekse lynminister verwelkom Lebombo ingryping

Die Mosambiekse minister van Vervoer en Logistiek, João Matlombe, sê die ooreengekome planne om verkeersopeenhoping by die Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte te verlig, is daarop gemik om lang wagtye te verminder. Matlombe het met verwysing na grensamewerking gesê verbeterde verkeersvloei sal help om spitstye te bestuur en ongeluksrisiko's te verminder…
15 Dec 2AM 1 min

Bondi-skieters was pa en seun

Die polisie het bevestig die twee Bondi-strand-aanvallers was ʼn 50-jarige pa en sy 24-jarige seun. Minstens 15 mense is doodgeskiet toe twee verdagtes gister losgebrand het op ʼn groep Joodse Australiërs wat die eerste dag van Hanukkah gevier het. Die polisie het die pa doodgeskiet en die seun is in…
15 Dec 2AM 1 min

2026 sal 'n vol jaar wees vir die NSA

Statistikus-generaal Alex Shimuafeni sê die Namibiese Statistiekagentskap sluit 'n produktiewe jaar af en lewer sy roetine maandelikse, kwartaallikse en jaarlikse verslae, van die Verbruikersprysindeks tot BBP-opdaterings. Shimuafeni het versterkte internasionale vennootskappe met Brittanje se Kantoor vir Nasionale Statistiek en Statistiek Noorweë uitgelig, asook groot vordering met die Nasionale Behuisingsinligtingstelsel, met…
15 Dec 2AM 1 min

Groot teenkorrupsie byeenkoms in Doha

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, lei vandag die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die elfde VN Teenkorrupsie-konferensie in Doha. Die woordvoerder van die minister, Terrence Manase, sê die week lange geleentheid sal na verwagting meer as 2 000 afgevaardiges van oor die wêreld saamtrek vir samesprekings oor voorkoming…
15 Dec 2AM 1 min

Bibi blameer Aussie-regering vir Bondi-aanval

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy glo die Australiese regering het anti-Semitisme aangemoedig deur sy stilswye oor die sentiment teen Jode in die land. Gewapende mans het gister tydens ʼn Hanukkah-viering op Bondi-strand op ʼn groep losgebrand en minstens 15 mense is dood. Netanyahu sê hy het vier…
15 Dec 1AM 1 min

Unam-visekanselier gesels oor Afrika-Millimeter-teleskoop

Die Namibiese Afrika-Millimeter-teleskoop se omgewingsassesseringsproses is nou in sy omvangsfase. Die teleskoop op die Gamsberg sal 'n 14-meter-skottel hê en sal deel wees van die wêreldwye Event Horizon-teleskoopnetwerk. Die projek word gelei deur Unam se professor Michael Backes, Zandré Duvenhage, dr. Marc Klein Wolt en John Pallett. Kosmos 94.1 Nuus…
15 Dec 1AM 1 min

Een vas na skietery by Brown Universiteit

Wetstoepassers het ʼn persoon van belang vasgetrek in verband met die skietvoorval by die Brown Universiteit in Amerika waarin twee studente dood is. Nege ander is beseer toe die 24-jarige Benjamin Erickson van Wisconsin Saterdag op mense by die Ivy League-universiteit in Providence, Rhode Island, losgebrand het. Die verdagte is…
15 Dec 12AM 1 min

Vordering met opeenhoping by Lebombo

Suid-Afrika en Mosambiekse owerhede het ooreengekom op planne om die vragmotor-opeenhopings by die Lebombo- en Ressano Garcia-grensposte te verlig. Die minister van vervoer, Barbara Creecy, en haar Mosambiekse ampsgenoot, João Matlombe, sê een-stop-verwerkingstasies sal 'n paar kilometer van die grense af gevestig word. Creecy sê mobiele eenhede vir die twee…
15 Dec 12AM 1 min
100 – 120