Bibi blameer Aussie-regering vir Bondi-aanval

Loading player...
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy glo die Australiese regering het anti-Semitisme aangemoedig deur sy stilswye oor die sentiment teen Jode in die land. Gewapende mans het gister tydens ʼn Hanukkah-viering op Bondi-strand op ʼn groep losgebrand en minstens 15 mense is dood. Netanyahu sê hy het vier maande gelede aan die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, geskryf en gewaarsku sy regering se beleid bevorder anti-Semitisme:
15 Dec 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vragmotorbestuurders se welstand die feestyd versorg

Vragmotorbestuurders langs Namibië se belangrikste vervoerkorridors sal gratis gesondheidskontroles ontvang voor Kersfees. Die Walvisbaai-korridorgroep, in vennootskap met die Motorvoertuig Ongelukkefonds en die gesondheidministerie, sal die Truckers Wellness Day-veldtog op 18 en 19 Desember by die Swakopmund-padblokkade loods. Op 23 en 24 Desember sal die diens by die Okapuka-padblokkade aangebied word…
19 Dec 1AM 1 min

Oud NASCAR-kampioen Greg Biffle dood in vliegongeluk

Die voormalige NASCAR-renjaer, Greg Biffle, sy vrou en twee kinders is onder sewe mense wat dood is toe hul vliegtuig in Noord-Carolina neergestort het. Die Cessna C550 het geval en in vlamme uitgebars toe dit by die Statesville-streekslughawe wou land. Ander slagoffers is uitgeken as Dennis Dutton, sy seun Jack,…
19 Dec 1AM 1 min

SA bevestig soewereiniteit oor immigrasie beleid

Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die regering gaan nie onderhandel oor sy soewereiniteit en gebruik van regsreëls nie. Amerika beskuldig Suid-Afrikaanse owerhede dat hulle Amerikaanse amptenare aanhou wat besig was om hul pligte uit te voer deur humanitêre hulp aan Afrikaners te bied. Dit volg na ʼn…
19 Dec 12AM 1 min

Brown-skieter dood aangetref

Die verdagte in die Brown Universiteit-skietery, geïdentifiseer as die 48-jarige Claudio Manuel Neves Valente, is dood in 'n stoorfasiliteit in Salem, New Hampshire, gevind. Sy ontdekking volg op 'n vyf dae lange klopjag in verskeie state wat hom nie net aan die Brown Universiteit-tragedie gekoppel het nie, maar ook aan…
19 Dec 12AM 1 min