Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans Namibia News
4,001 Episodes
32 – 52

Weinstein sal weer verhoor word

Manhattan se distriksprokureur, Alvin Bragg, sê aanklaers sal teen September gereed wees vir die Hollywood-rolprentvaardiger, Harvey Weinstein, se herverhoor. New York se hoogste hof het verlede maand Weinstein se 2020-skuldigbevinding aan seksmisdade nietig verklaar en opdrag gegee vir ʼn herverhoor. Regters voer aan daar was foute in die manier waarop…
2 May 2AM 1 min

Rassekwotas in eiendomsbedryf wek kommer

Die vakbond Solidariteit waarsku teen moontlike werksverliese in die eiendomsbedryf weens nuwe ras-regulasies. Volgens die vakbond vereis die regulasies ʼn vlak 8-telling vir swart ekonomiese bemagtiging en meer as 50-persent swart eienaarskap wat teen wit eiendomsagente kan diskrimineer. Solidariteit gaan die regulasies teenstaan om sy lede se werk te beskerm…
2 May 2AM 1 min

Rublev skop Alcaraz uit in Madrid

Die tweemalige verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, is by die Madrid Ope deur Andrey Rublev uitgeskakel. Die Rus was een stel agter, maar het met 4-6, 6-3 en 6-2 in die kwarteindronde geseëvier. Hy kom nou te staan teen die 12de gekeurde Amerikaner, Taylor Fritz, wat die Argentyn Francisco Cerundolo met…
2 May 1AM 1 min

New York burgemeester sê varsity-betogings is pogings om jeug te radikaliseer

Ongeveer 300 pro-Palestynse betogers is Woensdag by die Columbia Universiteit en City College in New York gearresteer. Universiteite reg oor Amerika loop deur onder betogings oor die oorlog in Gaza met diejongste uitdaging op die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles. Studente eis dat maatskappye en individue wat bande met Israel…
2 May 1AM 1 min

Robbe-oes: Pelsmark het verswak, kwota kom nooit vol nie

Namibië doen 'n robbe-oes in Julie elke jaar. Die regering gee ’n jaarlikse kwota vir die oes van 60 000 robwelpies en 8 000 volwasse robbulle. Die robbe-oes vind by verskillende robkolonies plaas, insluitend die Kaap Kruis Robreservaat. Die robbe-oes is hoofsaaklik aangedryf deur 'n oorbevolking van robbe wat visvoorrade…
2 May 1AM 1 min

Namibië het so baie wild presies omdat hy jag toelaat

Grootwildjag is 'n sleutel komponent van Afrika se toerisme-ekonomie, volgens Charlie Mayhew, die stigter en president van Prins William se natuurlewe-liefdadigheidsorganisasie, Tusk. Die gerespekteerde natuurbewaarder meen Brittanje en ander lande moenie aan Afrika-nasies voorskryf oor hoe om hulle wildsake te bestuur nie. Hy het sy mening gelug terwyl 'n wetsontwerp…
2 May 12AM 1 min

Vervoerministerie sê oor taxi-tariewe met brandstof wat styg

Brandstofpryse het weer gestyg en die sekretaris-generaal van die Namibiese bus- en taxi-vereniging, Pendapala Nakathingo, sê hulle het die vervoer-ministerie gevra vir 'n verhoging tot 15 Namibiese dollar vir taxi-tariewe. Hy het bygevoeg dat die hoë brandstofpryse besig is om hulle dood te maak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
2 May 12AM 1 min

Emma lei afvaardiging na persvryheid-konferensie in Chili

Inligtingminister Emma Theofelus lei 'n Namibiese afvaardiging na die 31ste uitgawe van die Wêreldpersvryheidsdag-wêreldkonferensie. Dit is geskeduleer van vandag tot 4 Mei in Santiago, Chili. Theofelus sal deur amptenare van die ministerie en die Namibië Nasionale Kommissie vir Unesco vergesel word. Die konferensie sal fokus op die belangrikheid van joernalistiek…
1 May 11PM 1 min

Alan Winde belowe eerste provinsie sonder beurtkrag

Die DA in die Wes-Kaap se premierskandidaat, Alan Winde, het planne aangekondig om dié provinsie die eerste een sonder beurtkrag te maak. Hy beklemtoon die verwoestende uitwerking van beurtkrag op werksgeleenthede, die ekonomie en gemeenskapsveiligheid. Die Stad Kaapstad stel ook behoorlike beskermingsplanne in, en belê in netwerk-opgradering en hernubare-energieprojekte. Volgens…
1 May 11PM 1 min

Branstofprys styg vannag

Die energie-ministerie het ’n brandstofprysverhoging in Mei aangekondig, wat vannag om middernag in werking tree. Petrol styg met 70 sent per liter en albei variante van diesel met 40 sent per liter. In Walvisbaai sal die petrolprys dan 23 Namibiese dollar per liter wees, 22 dollar 17 sent per liter…
1 May 6AM 1 min

B2Gold se afleggings kom in fases soos myn sluit

B2Gold Otjikoto-myn, die land se grootste goudprodusent, gaan hierdie maand met die vrywillige aflegging van 300 werknemers begin. Die myn het verlede jaar sy planne aangekondig om 'n gefaseerde sluiting van oop mynbou weens uitgeputte ertsreserwes te begin, maar dit het nie die aantal werkers bekend gemaak wat geraak gaan…
1 May 4AM 1 min

Ministerie sal moet sê oor vermorsing - Kandjeke

Die geslagsgelykheid-ministerie het 328 900 Namibiese dollar betaal vir 'n pakhuis wat 11 maande lank leeggestaan het. Dit is volgens 'n ouditverslag deur die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, vir die boekjaar wat op 31 Maart geëindig het. Die pakhuis is in Prosperita, Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Kandjeke gesels, wat…
1 May 4AM 1 min

SA-werkers vandag vereer

Die Vereniging van Staatsamptenare herdenk Werkersdag met groot waardering vir werkers se onmiskenbare bydraes. Die vakbond sê die geleentheid simboliseer die voortdurende stryd vir werkers se regte en maatskaplike geregtigheid, met vakbonde wat 'n deurslaggewende rol speel. Hy gee erkenning aan werkers se uitdagings, insluitend swak lone en werksonsekerheid. Claude…
1 May 3AM 1 min

Veiliger Bo Plaas maak weer oop,

Namibia Wildlife Resorts het die Bo Plaas-kampterrein langs die Oranjerivier heropen, met verbeterde sekerheid en opgradering van infrastruktuur. Na 'n tydelike sluiting verlede September weens voorvalle van roof wat Namibiese en Suid-Afrikaanse toeriste geraak het, het die oord veiligheidsverbeterings geprioritiseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nelson Ashipala, NWR-woordvoerder.
1 May 2AM 1 min

Olie daal, maar alle oë op VSA sentrale bank

Brent ru-olie het Dinsdag met meer as 2 persent geval en ‘n vat verhandel tans net onder 86 Amerikaanse dollar. Kommer oor die beweging van Amerikaanse rentekoerse en onderhandelings oor ‘n skietstilstand in Gaza dryf die prys af. Die Amerikaanse Federale Reserwebank sit sy besprekings oor die rentekoers vandag voort…
1 May 1AM 1 min

Werkers moet salarisstrokie noukeurig nagaan - Amupanda

Werkersdag sal vandag in Rundu in die Kavango-Oos-streek gevier word onder die tema "Namibië-werkers verenig vir ekonomiese groei en ontwikkeling in die jaar van verwagtinge en verder". Die dag sal deur president Nangolo Mbumba waargeneem word. Volgens die presidentskandidaat Job Amupanda, in plaas daarvan om op Werkersdag na politici te…
1 May 12AM 1 min

DA sê visumagterstand styg met 20 000

Die DA sê die visum-agterstand by die Departement van Binnelandse Sake het binne ses maande met byna 20 000 gestyg. Die agterstand het gestyg van 74 000 in Augustus verlede jaar tot 92 000 in Februarie vanjaar. Ten spyte van bewerings oor besoekersvisums wat voorkeur ontvang, is die agterstand vir…
1 May 12AM 1 min

Unam lok kritiek uit met verbod op politieke aktiwiteite

Die Universiteit van Namibië se onlangse besluit om politieke aktiwiteite te verbied, word bestempel as 'n belediging vir studente se regte en vryhede. ’n Interne opdrag van die universiteit se pro-visekanselier vir finansies, administrasie en hulpbronmobilisering, Ellen Namhila, het politieke aktiwiteite op alle kampusse verbied. Die leier van die LPM-jeugkommando,…
30 Apr 10PM 1 min
32 – 52