Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle kon nie die SAKP oorreed om sy besluit te heroorweeg om onafhanklik aan volgende jaar se plaaslike verkiesing deel te neem nie. Die SAKP sê dis omdat die ANC versuim om hom tot die hersamestelling van die alliansie te verbind. Die ANC…
Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week het 387 mense in hegtenis geneem, teenoor 355 die vorige week. 'n Kwart van die inhegtenisnemings was vir dronkbestuur. Die Openbare Noodkommunikasiesentrum het ook 'n toename van 50-persent in aanrandings aangeteken. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê om…
Die Europese Unie sê dis nie in Oekraïne of die EU se beste belang om druk op die land te plaas om gebieds- toegewings te maak in vredesgesprekke met Rusland nie. Hy meen Amerika se 28-punt-vredesplan is te gunstig vir Moskou. Dit sluit die toekenning van gebiede in die ooste…
In die nadraai van die verkiesing het Kosmos 94.1 Nuus met politieke partye geskakel om uit te vind wat hulle weg vorentoe is. Uit die 752 043 geregistreerde kiesers het net 272 942 gaan stem. Die AR-beweging het net 1,26 persent, of 7 598 van die stemme getrek. Kosmos 94.1…
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid spreek kommer uit dat Namibië na 34 jaar van onafhanklikheid steeds sukkel met ware grondhervorming. Opperhoof Hoze Riruako, sal môre 'n alternatiewe raamwerk vir landbouhervorming aanbied. Hy sê vorige benaderings soos die gewillige koper en verkoper-model, die 20-hektaar-program en hervestigingsinisiatiewe het misluk om die grondkwessie aan…
Die beleidslandskap in Namibië het die afgelope paar jaar verdor en beleggings, wat broodnodig is vir werkskepping, laat verwelk. Die nuutgestigde Namibiese Instituut vir Ekonomiese Beleid, oftewel NIEP, gaan deur datagedrewe navorsing ‘n aktiewe rol in die ontleding van en debatvoering oor regeringsbeleid speel om sodoende beleidsrigtings te ondersteun en…
Dit wil voorkom asof die VSA internasionale reg oortree het toe daar besluit is om oorlewendes van ‘n bootaanval weer aan te val en te dood. Brian Finucane, ‘n spesialis rakende wette in verband met gewapende konflik by die Internasionale Krisisgroep sê ‘n tweede aanval is net wettig as die…
AfriForum sê die waterstelsel is in 'n krisis, met munisipale ineenstorting, lekkende infrastruktuur en onbetaalde rekeninge wat watertariewe opjaag. Onlangse verslae deur waterrade toon dat munisipaliteite in KwaZulu-Natal daagliks meer as 1 miljard liter water verloor, wat meer as 6 miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar kos. Lambert de Klerk van…
Die Parlement sal vandag oor Build One South Africa se mosie stem om die 30-persent-slaagsyfer vir matriekvakke te skrap. Dit volg nadat die Parlement verlede week debat gevoer het oor die mosie om die huidige vereiste 30-persent om matriekvakke te slaag, op te skuif tot 'n 50-persent. Die debat het…
Die reënseisoen is op hande met hewige donderstorms en moontlike oorstromings wat voorspel word, ook in die hoofstad. Die Wernhil-inkopiesentrum in die hoofstad is een van die gebiede wat 'n risiko loop vir oorstromings. Kosmos 94.1 Nuus het met Olthaver en List se uitvoerende hoof, Sven Thieme gepraat.
Namibië se professionele jagters wek kommer oor die toenemende druk op olifant trofeejag-fooie. Die Namibië Professionele Jagvereniging sê die land se streng Cites-kwota van slegs 86 olifante per jaar is reeds beperk. Die vereniging se president, Axel Cramer, waarsku dat as jagmaatskappye gedwing word om selfs hoër pryse te betaal,…
Die Withuis het admiraal Frank Bradley verdedig wat volgens berigte in September opdrag gegee het vir ʼn opvolgaanval op ʼn vermeende Venezolaanse dwelmboot waarin oorlewendes ook dood is. Die minister van Verdediging, Pete Hegseth, het onder skoot gekom nadat hy volgens berigte opdrag gegee het dat almal aan boord uitgewis…
Die Britse premier, Keir Starmer, sê die Verenigde Koninkryk moet 'n beleid teenoor China handhaaf wat die bedreiging erken wat dit vir sy nasionale veiligheid inhou. 'n MI5-waarskuwing is verlede maand uitgereik oor Chinese spioene wat parlementslede teiken. Starmer se toespraak volg ook te midde van toenemende bespiegeling dat sy…
Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê môre se internasionale vriendskaplike wedstryd in Marokko sal gebruik word om nuwe strategieë te toets en terugkerende spelers te evalueer. 2022 se kampioen van die Afrikabekertoernooi vir Vroue mik om onder die top-vier te eindig in volgende jaar se toernooi in Marokko. Dit…
Goud het verlede maand sy hoogste prys tot dusver vanjaar behaal, met 4 381 Amerikaanse dollar per fynons op 20 Oktober. Daarna het dit effe terugsak voordat dit herstel het om die maand op 4 001,82 dollar per fynons af te sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom…
Nes ons eie gesondheidsminister sê haar Suid-Afrikaanse eweknie, Aaron Motsoaledi, Suid-Afrika kan tans nie bekostig om duur Lenacapavir te koop en te versprei nie. Lenacapavir is 'n revolusionêre, langwerkende inspuitbare middel wat ses maande se beskerming bied met slegs twee dosisse per jaar. Motsoaledi sê Suid-Afrika kry meer as driekwart…
Die Namibiese Junior Vroue-hokkiespan het 13-0 teen ‘n uiters sterk Indiese span in Santiago in Chile verloor. Dit was die span se openingswedstryd en die dames het moed en toewyding getoon teen die globale elite-span. Afrigter Sedtric Makati sê hulle gee net hulle beste, elke keer.
WWF Namibië, saam met die Bushman Honey Project en die Kyaramacan-vereniging, lei jongmense in die Bwabwata Nasionale Park in die Zambezi-streek op in volhoubare byeboerdery deur die Klimaataanpassing vir Beskermde Gebiede, of CAPA-projek. Die opleiding rus gemeenskappe toe om korwe te bou, bosbouregulasies te volg en heuning veilig te oes,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.