Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
460 – 480

Boere wes van Outjo loop deur onder pompdiefstal

Diefstal van waterpompe op landbougrond is 'n groeiende bron van kommer regoor die land en in die Kunene-streek het diewe gewoeker. NamPol hoofinspekteur Florence Kuzatjike het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die jongste voorval by Plaas Eureka in die Outjo-distrik plaasgevind het, waar 'n sonkragpomp en twee CCTV-kameras gesteel…
1 Dec 11PM 1 min

NNN stel drie taakmagte aan

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het drie taakspanne aangewys oor gesondheid, grond en behuising, en ekonomiese herstel. Die lede, wat op 'n vrywillige basis dien, is gekies uit die regering, privaatsektor, burgerlike samelewing, akademie en ander sektore. Die taakspanne spruit uit verbintenisse wat die president tydens die onlangse Namibiese Openbare-Private Forum gemaak…
1 Dec 11PM 1 min

SA fm-omroeper betrek by werwing van huursoldate in Donbas

Die senior SA fm-omroeper, Nonkululeko Mantula, en vier mans is in aanhouding oor hul beweerde betrokkenheid by 'n geheime werwingskema van huursoldate vir Rusland. Hulle het in die Landdroshof in Kemptonpark verskyn en staan tereg op aanklagte ingevolge die Wet op die Regulering van Buitelandse Militêre Bystand. Die Valke se…
1 Dec 10PM 1 min

Onpartydige kritiek teenoor September bootaanval op 'dwelmsmokkelaars'

Beide Republikeinse en Demokratiese wetgewers druk die Trump-administrasie vir antwoorde oor militêre aanvalle op vermeende Venezolaanse dwelmbote, nadat 'n Washington Post-verslag beweer het dat 'n opvolgaanval beveel is om oorlewendes van 'n aanvanklike aanval dood te maak. Volgens die verslag het 'n aanval op 'n boot op 2 September twee…
1 Dec 10PM 1 min

Groenwaterstofprogram verleng spertyd vir projekvoorstelle

Die Namibië Groenwaterstofprogram het die sluitingsdatum vir projekvoorstelle onder Namibië se Sektorale Transformasie-beleggingsplan verleng tot 1 Februarie 2026 vanaf die aanvanklike sluitingsdatum van 30 November 2025. Die projek beoog om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in befondsing te ontsluit vir private en openbare-private projekte in moeilik-afskafbare sektore soos staal, sement,…
1 Dec 10AM 1 min

G20-leiers 'erken Afrika- en Globale Suide se belange'

Adjunkpresident Paul Mashatile sê die G20-leiersberaad het die belange van Afrika en die Globale Suide in die middelpunt van wêreldwye besluitneming geplaas. Hy het die 58ste algemene vergadering van die Suider-Afrika-ontwikkelingsgemeenskap se parlementêre forum toegespreek. Mashatile het verskeie verbintenisse van G20-leiers uiteengesit, insluitend steun vir skuldbehandeling-hervormings, verbeterde verteenwoordiging van Afrika…
1 Dec 10AM 1 min

Unam bied Meestersgraad in Blokkettingtegnologie aan

Unam het, in vennootskap met die Africa Blockchain-instituut, 'n goedgekeurde Meestersgraad in Blokkettingtegnologie van stapel gestuur wat daarop gemik is om Namibië as 'n streeksentrum vir blokkettingnavorsing en -talent te posisioneer. Groeiende belangstelling van die openbare en private sektor, tesame met praatjies oor 'n potensiële digitale geldeenheid van die sentrale…
1 Dec 9AM 1 min

Rompslomp belemmer besighede en dus werkskepping

Werkloosheid in Namibië het krisisvlakke bereik en die regering sal daadwerklike pogings moet aanwend om die private sektor en buitelandse beleggers te lok om in te spring en dié probleem te help oplos, sê dr. Chris Brown, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing. Hy het met Kosmos…
1 Dec 9AM 1 min

Waarsku SA besoekers oor BKS-gevare vir land

Suid-Afrika se bek-en-klouseer-uitbreking hou steeds plaaslike 'n risiko in. Die voorsitter van die Lewendehawe Produsente-organisasie, Jako van Wyk, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namibië sy bek-en-klouseervrye status moet beskerm voor toenemende vakansiereise vanuit Suid-Afrika. Hy het gewaarsku dat 'n uitbreking alle dierebewegings en -bemarking sal stop, produsente se…
1 Dec 8AM 1 min

Unite for Change-beweging 'kan SA se toekoms bepaal'

Die leier van die GOOD-party, Patricia de Lille sê die Unite for Change-beweging is 'n kans om Suid-Afrika se toekoms te bepaal. De Lille het in Soweto, tydens die Unite for Change-veldtog wat bestaan uit BOSA, die GOOD Party en RISE Mzansi, die huidige leiers gekritiseer vir die uitbuiting van…
1 Dec 8AM 1 min

Koning Charles slaan John Kerry tot ereridder

John Kerry, voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake in die Obama-administrasie, is tot ereridder deur koning Charles III geslaan. Terwyl dit hom nie toelaat as Sir bekend te staan nie, is dit steeds ‘n groot eer wat aan hom toegestaan is as gevolg van sy werk vir die omgewing en…
1 Dec 8AM 1 min

Reeks om As het nie pienkbal-toets nodig: Root

Krieket: Joe Root van Engeland glo 'n reeks soos die As, gegewe sy gewildheid, hoef nie 'n pienkbal-toets in te sluit soos die een wat van Donderdag af op die Gabba gespeel word nie. Hy het in elk van Engeland se sewe vorige dag-aand-toetse gespeel, waarvan hulle slegs twee gewen…
1 Dec 7AM 1 min

Lenacapavir tans te duur vir gewone Namibiërs

Vandag is Wêreld-vigsdag. Een van die nuutste deurbrake in die behandeling van die siekte is die vrystelling van Lenacapavir. Die middel wat een inspuiting elke ses maande behels, kan infeksie voorkom in hoë-risiko omgewings. Ten spyte van die mediese deurbraak is die middel nie beskikbaar vir almal nie. Die gesondheidsminister…
1 Dec 7AM 1 min

G20-beraad het Afrika se agenda in die hart van die G20 geplaas

President Cyril Ramaphosa sê die uitwerking van Suid-Afrika se G20-presidentskap strek verder as die hartlike verwelkoming vir en die onvergeetlike ervaring van besoekers. Hy het die land ingelig oor die sukses van die G20-leiersberaad, die eerste wat op Afrika-bodem gehou is. Hy sê Suid-Afrika het Afrika se groei en ontwikkeling…
1 Dec 5AM 1 min

Rushdie sê KI sal nooit oorspronklike kuns kan skep nie

Die bekroonde skrywer Salman Rushdie sê dat kunsmatige intelligensie nooit werklik oorspronklike kuns kan skep nie. Hy sê die kenmerke van kuns is emosie, humor en kreatiwiteit en KI kan net dupliseer wat hy gevoer word. Hy het met Sky News gepraat.
1 Dec 5AM 1 min

16 Dae: Seuns en mans moet betrek word

Ons is vandag op die sewende dag van die 16 Dae van Aktivisme teen vrouegeweld. Intussen is twee vroue vermoor, twee verkrag en een kind verwaarloos. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike aktivis en direkteur van Civic +264, Ethne Mudge, gepraat. Sy meen dit is van kritieke belang om seuns…
1 Dec 4AM 1 min

Landbou werkskep? Watter jeug wil op plase werk?

Die Namibiese regering vestig sy hoop op ekonomiese herlewing op landbou en vertrou op jongmense om die verskuiwing te dryf. Maar met baie jongmense wat huiwerig is om op plase te werk, waarsku kenners dat die plan onrealisties mag wees. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
1 Dec 4AM 1 min

IPC blameer ECN vir swak vertoning

Die amptelike opposisie, die IPC, se ondersteuning het skerp gedaal. Die party het in 2020 vir die plaaslike owerheid 21 persent van die ondersteuning verower teenoor 15 persent vanjaar. Die streeksraad ondersteuning het van 17 persent tot 12 persent gedaal. Die party se parlementêre leier, Imms Nashinge het aan Kosmos…
1 Dec 4AM 1 min
460 – 480