G20-beraad het Afrika se agenda in die hart van die G20 geplaas

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die uitwerking van Suid-Afrika se G20-presidentskap strek verder as die hartlike verwelkoming vir en die onvergeetlike ervaring van besoekers. Hy het die land ingelig oor die sukses van die G20-leiersberaad, die eerste wat op Afrika-bodem gehou is. Hy sê Suid-Afrika het Afrika se groei en ontwikkeling in die hart van die G20 se agenda geplaas en dit gedoen terwyl die wêreld ingewikkelde uitdagings in die gesig staar:
1 Dec 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min