Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
1020 – 1040

Oorsig oor openbare befondsing aan partye is kritiek

Namibië word aangespoor om sy wette oor politieke finansiering te hersien te midde van kommer oor swak toesig oor openbare befondsing aan politieke partye. 'n Nuwe verslag deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê belastingbetalers kan tussen 2020 en 2030 sowat 1,6 miljard Namibiese dollar spandeer om parlementêre partye te…
3 Sep 12AM 1 min

Ondersoek na sardynvrektes van stapel gestuur

Berigte van dooie sardyne wat tussen Lüderitz, Oranjemund en Hentiesbaai aan wal spoel, wek kommer oor die oorlewing van Namibië se kritiek bedreigde Afrika-pikkewynbevolking. Damian Schreiber, veldbeampte van Ocean Conservation Namibia, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hoewel plaaslike uitsterwingsgetalle kleiner is as dié wat langs die Suid-Afrikaanse kus…
3 Sep 12AM 1 min

Trump-administrasie is kakistokrasie - George Clooney

Die Amerikaanse verdedigingminister, Pete Hegseth, is onder skoot oor 'n sosiale media-plasing wat die spot dryf met lede van Kanada se kadette-jeugprogram. Hegseth het die foto gedeel wat wys hoe 'n oorgewig kadet 'n toekenning van haar instrukteur ontvang. Hy het die opskrif "dit is werklik" bygevoeg, 'n oënskynlike poging…
2 Sep 11PM 1 min

Oorvol party-bord vir SA se komende verkiesings

Die Verkiesingskommissie sê 546 politieke partye sal op 4 November aan die plaaslike regeringsverkiesing deelneem, wat 75-persent van alle geregistreerde partye verteenwoordig. Twee-honderd en 27 nasionale partye, 33 provinsiale partye, 49 metropolitaanse partye en 237 distriksvlakpartye het kandidate benoem. Die OVK se voorsitter, Mosotho Moepya, het op 'n nuuskonferensie gesê…
2 Sep 11PM 1 min

Katima Mulilo-dorpsraad wil jeug by ekonomie betrek

Die Katima Mulilo-dorpsraad het sy verbintenis herbevestig om plaaslike ekonomiese platforms te vestig wat jongmense in staat stel om volhoubare lewensbestaan binne hul eie streek te bou. Tydens die amptelike opening van die 9de Zambezi Bream and Cultural Expo, het burgemeester Kabende Kabende gesê dat die fees dien as 'n…
2 Sep 11AM 1 min

IPC stel mosie van wantroue in Speaker in

Die IPC het 'n historiese mosie van wantroue in die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila ingedien, waarin gevra word vir haar sensuur en verwydering uit haar amp. Die mosie is vanmiddag deur die IPC-LP, Michael Mulunga, ingedien en is die eerste van sy soort sedert Namibië se onafhanklikheid…
2 Sep 11AM 1 min

Damara-vroue vier kultuur, identiteit by nasionale indaba

Damara-vroue berei voor vir 'n nasionale indaba wat van 4 tot 6 September in Windhoek sal plaasvind. Die byeenkoms bring 38 groepe van dorpe dwarsoor die land bymekaar, en sal sowat 1 000 mense oor drie dae akkommodeer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die geleentheid, Steffie Skrywer,…
2 Sep 10AM 1 min

Herrie op Swakop oor voorgestelde honde-beleid

Die Swakopmund-munisipaliteit stel voor om die maksimum aantal honde wat per geregistreerde eiendom toegelaat word van vier na twee te verminder. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die munisipale woordvoerder Linda Mupupa verduidelik dat die voorgestelde beperking streng per geregistreerde erf geld eerder as per huishouding. Diere moet…
2 Sep 10AM 1 min

Swapo het onbevoegde Speaker aangestel; Amupanda

Die AR-leier, Job Amupanda, het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, daarvan beskuldig dat sy ongeorganiseerd en onbevoeg is om die parlement te lei, en gesê haar leierskap dra by tot die instelling se probleme. Tydens 'n AR-perskonferensie vandag in Windhoek het Amupanda Swapo daarvan beskuldig dat hy…
2 Sep 10AM 1 min

Stropers 'stig veldbrande, slaan elders toe'

Teenstropery spanne in die Omaheke-streek waarsku dat stropers veldbrande stig om nooddienste van teikenplase weg te lok. Rickus Spangenberg van die K9 Anti-Poaching Unit het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl sy spanne brandbestrydingstoerusting ontplooi om boere te help, die gevolglike chaos maklike geleenthede vir stropers skep.
2 Sep 10AM 1 min

Ooreenkoms spreek te min oliebedryf-vaardighede aan

Die plaaslike firma R&J Steytler Consultancy het 'n ooreenkoms met die Beijing-gebaseerde Regene Investment in Windhoek onderteken, om die gaping te oorbrug tussen die vaardighede wat deur onder andere mynbou- en oliemaatskappye gevra word, en wat plaaslike beroepsopleidingsgegradueerdes kan bied. Yubo Wang, die medestigter van Regene Investment, sê die vennootskap…
2 Sep 9AM 1 min

Oud-Valke-hoof erken sakeman Malcolm X was informant

Die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, het aan die Madlanga-kommissie bevestig die sakeman Malcolm X was 'n informant. Lebeya het aanvanklik geaarsel voor hy toegegee het. Die bevestiging volg na die klopjag op die sakeman Katiso "KT" Molefe se huis. Malcolm X het voorheen ontken dat hy 'n…
2 Sep 9AM 1 min

DA Gauteng soek rekenskap van 200 000 BKS-dosisse

Die DA sê die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling moet rekenskap gee oor die inenting van diere teen bek-en-klouseer. Dit volg nadat die departement erken het slegs 540 000 diere is teen die siekte ingeënt terwyl hy meer as 757 340 entstofdosisse ontvang het. Bronwynn Engelbrecht van die…
2 Sep 8AM 1 min

Asoli eerste plaaslike party in Afrika-politieke netwerk

Joseph Kauandenge se Asoli Progressiewe Party het amptelik by die Afrika Demokratiese Alliansie vir Vryheid en Vooruitgang aangesluit en is die eerste Namibiese politieke party wat in die kontinentale netwerk aanvaar is. Die netwerk, onder voorsitterskap van Build One South Africa-leier Mmusi Maimane, verenig 48 organisasies van 25 lande om…
2 Sep 8AM 1 min

Jong-innoveerders geloof, slimkierie gaan Berlyn toe

Die Namibiese aflewering van die internasionale Falling Walls Lab-kompetisie is pas afgehandel. Tydens die geleentheid moes jong navorsers baanbrekersoplossings in net drie minute aanbied. Op die kantlyn het die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie se senior tegnoloog Jacobine Amutenya aan Komsos 94.1 Nuus gesê dat idees kommersiële befondsing…
2 Sep 6AM 1 min

Stygende brandstofprys raak vervoerkettings

Die Padvragvereniging sê die jongste verhoging in die brandstofprys beklemtoon weer hoe blootgestel die bedryf aan die wisselvalligheid van die wêreld se oliemarkte is. Albei grade petrol styg met 1-Suid-Afrikaanse rand-34-sent per liter, terwyl diesel tussen 2-rand-93-sent en drie-rand-15-sent per liter meer kos. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly,…
2 Sep 6AM 1 min

LPO hou streeksvergaderings in Oktober

Boere en afgevaardigdes word aangemoedig om gou te registreer vir die Namibiese Landbou-unie en die Veeprodusente-organisasie, LPO, se streeksvergaderings, wat van 5 tot 9 Oktober plaasvind. Boereverenigings word aangemoedig om waar moontlik ekstra afgevaardigdes te registreer, wat meer lede die kans gee om deel te neem aan belangrike besprekings wat…
2 Sep 6AM 1 min
1020 – 1040