Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1020 – 1040

Oshana en Omusati se paaie steeds na oorstromings beskadig

Die Nasionale Raad debatteer die Padwetsontwerp van 2025, met raadslid Gerhard Shiimi wat waarsku dat paaie wat van April tot Junie deur vloede beskadig is, steeds nie herstel is nie. Shiimi dring daarop aan dat die wetsontwerp fondse toewys vir noodvoorbereiding, insluitend veldbrandbeskerming in Oshana en Omusati, om infrastruktuur, die…
7 Nov 5AM 1 min

Landdros-staking: Onderhandelings vorder

Daaglikse bedrywighede by landdroshowe landwyd bly traag terwyl landdroste 'n gedeeltelike werkstilstand voortsit. Die staking, wat Woensdag begin het oor swak werksomstandighede en voordele duur steeds voort. Regbankwoordvoerder Viktoria Hango het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die staking nog nie opgelos is nie, maar sê dat die besprekings goed…
7 Nov 5AM 1 min

GIPF verloor N$815 in SA-belegging

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds, GIPF, het 'n verlies van 815 miljoen Namibiese dollar gely uit sy belegging in die Suid-Afrikaanse Signal Structured Finance Fund. Die verlies volg op 'n belastinggeskil met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, maar die fonds sê die impak is minimaal en verteenwoordig slegs 0,4 persent van sy bates. Hy…
7 Nov 5AM 1 min

Vance sê regter se bevel oor SNAP-betalings is absurd

ʼn Amerikaanse federale regter in Rhode Island het president Donald Trump se administrasie beveel om teen vandag geld te vind om die Aanvullende Voedingshulpprogram, ook bekend as SNAP, vir November te befonds. Dit volg nadat die Departement van Landbou die ongewone stap gedoen het om voordele vir hierdie maand op…
7 Nov 4AM 1 min

Die Oekraïne weet niks van 17 Suid-Afrikaners in Donbas nie

Die Oekraïnse ambassade in Suid-Afrika sê hy ondersoek berigte dat 17 Suid-Afrikaanse mans in Oekraïne se Donbas-streek vasgekeer is. Die mans van tussen 20 en 39 jaar oud is glo met lonende kontrakte gelok om by huursoldaatmagte in die Oekraïne/Rusland-konflik aan te sluit. Oekraïne se ambassadeur in Suid-Afrika, Olexander Scherba,…
7 Nov 4AM 1 min

Talle SA-munisipaliteite stort ineen

AfriForum sê 'n nuwe verslag deur die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake bevestig wydverspreide ineenstorting van munisipale regering regoor die land. Die prestasie-oorsig van 2023 tot 2024 toon dat baie munisipaliteite die huidige finansiële jaar betree het met onbefondsde begrotings, stygende skuld aan Eskom en waterrade, en gebrekkige…
7 Nov 3AM 1 min

Swapo-LP's sê nuwe Grond-wetsontwerp sal bemagtig

Die debat oor die Grond-wetsontwerp duur voort in die parlement, met Swapo-parlementslid Nono Katjingisua wat dit 'n transformerende stap in Namibië se grondhervormingsreis noem. Katjingisua sê die wetsontwerp kan die ekonomiese potensiaal van gemeenskaplike grond ontsluit, landbou bevorder en boere langverwagte grondregte en toegang tot finansiering gee.
7 Nov 3AM 1 min

Amupanda sterk goed aan in Johannesburg

Die AR-leier, Job Amupanda, sê hy is op die punt van herstel en amper gereed om terug te keer na die politiek. Nadat hy verlede maand 'n suksesvolle nieroperasie in Johannesburg ondergaan het, sê Amupanda dat hy nou 90 persent herstel en gereed maak om weer die veldtog aan te…
7 Nov 2AM 1 min

Bendegeweld in Wes-Kaap wek kommer - Cyril

President Cyril Ramaphosa sê alle Suid-Afrikaners behoort bekommerd te wees oor die toename in bendeverwante moorde, veral in Kaapstad en die Wes-Kaap. Ramahosa het tydens mondelinge antwoorde op vrae in die Nasionale Vergadering gesê die moord op sewe jong mans in Philippi demonstreer die brutaliteit waarmee gemeenskappe te doen het…
7 Nov 2AM 1 min

Kongres vra Andrew om te getuig in Epstein-ondersoek

Die Amerikaanse kongreslid Suhas Subramanyam, het saam met 15 ander Demokrate, ‘n brief aan Andrew Mountbatten Windsor gestuur waarin 'n onderhoud met hom versoek word oor sy bande met Jeffrey Epstein. Subramanyam is deel van ‘n komitee wat ondersoek na Epstein se oortredings instel. Die versoek is nie bindend nie…
7 Nov 1AM 1 min

Rassie verwag 'n taai stryd teen Frankryk

Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê keurders het die beste span gekies vir môre se kragmeting teen Frankryk in Parys. Daar is ses veranderinge aangebring aan die span wat Japan verlede naweek op Wembley verslaan het. Boan Venter vervang die beseerde Ox Nche op loskopstut, terwyl Thomas du Toit, Eben Etzebeth, Pieter-Steph…
7 Nov 1AM 1 min

Afrika moet kredietgraderingsagentskap skep

Die Pan-Afrika-parlement het weereens sy oproep vir die stigting van 'n Afrika-kredietgraderingsagentskap herhaal. Die stap word beskou as noodsaaklik om die vasteland se afhanklikheid van Westerse graderingstelsels te verminder. Tydens die Sesde Sitting van die parlement in Midrand, Johannesburg, het Namibië se adjunkspeaker, Phillipus Katamelo, die noodsaaklikheid van verpligte deelname…
7 Nov 12AM 1 min

Mashatile se beskerming sal wel vervolg word

Action Society sê die uitspraak van die Randburg-streekhof in die saak teen adjunk-president Paul Mashatile se agt beamptes vir die beskerming van belangrike persone, is 'n belangrike stap in die rigting van verantwoordbaarheid in wetstoepassing. Slegs een aanklag teen dié sogenaamde blouligmafia is laat vaar. Hulle word daarvan beskuldig word…
7 Nov 12AM 1 min

Erongo het kommer oor toenemde misdaad teen toeriste

Misdaad teen toeriste in Erongo is aan die toeneem. Die polisie rapporteer 44 voorvalle tussen Januarie en Oktober vanjaar, 'n toename van 26 persent vanaf verlede jaar. Die mees algemene oortredings sluit in diefstal uit voertuie, huisbraak en roof. Die Erongo-streekpolisiebevelvoerder-kommissaris Nikolaus Kupembona sê die mag verskerp pogings om besoekers…
7 Nov 12AM 1 min

Hoë vleispryse onder die loep

Die landboukundige Wallie Roux sê die onlangse skerp styging in vleispryse is geen toeval nie. Hy sê dit is die gevolg van beide sterk uitvoervraag en beperkte plaaslike aanbod. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl inflasiesyfers bevestig dat verbruikers meer vir vleis betaal, steeds minder as vir…
6 Nov 11PM 1 min

Pauline Collins, ster van Shirley Valentine, sterf

Pauline Collins, die ster van die film Shirley Valentine, waarvoor sy in 1990 vir 'n Oscar benoem is, is op die ouderdom van 85 oorlede. Sy is vreedsaam in haar Londense versorgingsoord oorlede, omring deur haar familie, nadat sy vir etlike jare Parkinson se siekte gehad het. Collins sal die…
6 Nov 11PM 1 min

Indaba oor Afrika-migrante broodnodig

Die Afrika Diaspora Forum in Suid-Afrika sê 'n dringende migrante-indaba is nodig. Dis nodig om samewerkingstrategieë te vind om migrasie te bestuur, integrasie te versterk en die druk op openbare hulpbronne te verlig. Migrasie in Suid-Afrika is 'n ingewikkelde wetlike saak wat insluit assielsoekers, vlugtelinge, visahouers, permanente inwoners en genaturaliseerde…
6 Nov 10PM 1 min

William waarsku oor omgewingskantelpunt in Brasilië

Brittanje se prins William, wat Koning Charles verteenwoordig het, het tydens die COP30-openingsessie in Belém, Brasilië, voor die konferensie wat Maandag begin, gewaarsku dat die wêreld gevaarlik naby aan kantelpunte in die natuurlike stelsels beweeg. Dit sluit in seestrome, reënwoude en yskappe, waarvan alle lewe afhanklik is. Van die oplossings,…
6 Nov 10PM 1 min

Registreer by ambassades, Namibiërs in buiteland

Die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, Jenelly Matundu, het Namibiërs wat in die buiteland woon, versoek om by die naaste ambassade te registreer. Dit is noodsaaklik vir hul veiligheid tydens noodgevalle. Matundu het in die parlement gesê dat ambassades dikwels onregverdig gekritiseer word vir swak prestasie, maar dat hulle…
6 Nov 10AM 1 min
1020 – 1040