Die Franse president, Emmanuel Macron, sê Brittanje en Frankryk is eensgesind wat Oekraïne, die Midde-Ooste en multilateralisme betref. Die twee lande beywer hulle vir Europese ondersteuning aan Kiëf sedert Rusland se volskaalse inval meer as vier jaar gelede. Macron en koning Charles het gister die Britse Museum besoek vir die…
Die ANC het sy volle vertroue in die Verkiesingskommissie en sy integriteit uitgespreek. Die party hou vol tegniese probleme met die kommissie se kandidate-vasleggingstelsel het ʼn paar van sy kandidate vir die plaaslikeregeringsverkiesing se invoering op die stelsel geraak. Politieke partye en onafhanklike kandidate se benoemings moes teen vyfuur op…
Elisenheim Eiendomsontwikkelingsmaatskappy bevorder planne vir 'n nuwe lae-digtheid residensiële en gemengde gebruikskomponent van die Elisenheim Leefstyllandgoed nadat ‘n hernude omgewingsklaring vir die voorgestelde landgoed verkry is. Dit maak voorsiening vir die verdere uitbreiding van Elisenheim se residensiële aanbod noord van die hoofstad. Le-Hugo van Rooyen, uitvoerende hoof van APxHouse Eiendomsontwikkeling,…
Amnestie Internasionaal doen beroep op die Namibiese regering om veilige en wettige meganismes te vestig vir Angolese burgers wat van El Niño-droogtetoestande in suidelike Angola vlug. Die regtegroep waarsku dat ontheemde gesinne wat noordelike Namibië binnekom, haglike lewensomstandighede, sistemiese uitsluiting en deportasies in die gesig staar. Namibië het te doen…
Namibië se behuisingskrisis verdiep, en huiseienaarskap word toenemend 'n luukse wat buite die bereik van gewone werkers lê. KosmosKapitaal berig dat vir elke Namibiese begrotingsdollar is die regering bereid om net twee sent op behuising te bestee. 'n Nuwe verslag deur Simonis Storm dui daarop dat 'n werker nou ongeveer…
Die G8 Bonsmara-veiling keer volgende week, Dinsdag, 8 September, terug na die Agra/Bank Windhoek Ring. Dertig bulle word aangebied, waaronder diere van Hartebeestloop, met gratis aflewering binne 'n radius van 200 kilometer. Die G8 Bonsmara-veiling kan ook aanlyn gevolg word via SwiftVee Namibia. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein,…
Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, was deel van nog ʼn polisie-geleide soek-en-beslagleggingsoperasie by ses skole. Dit bring die aantal skole in die provinsie wat deursoek is op 23 te staan. Woensdag se operasie was by die Sehopotso Secondary School en BoteboTsebo Secondary School in Sebokeng, Residentia Secondary School…
Die kommissaris van die Madlanga-kommissie, Sandile Khumalo, het die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya uitgedaag oor sy reaksie op berigte van 'n klopjag by sakeman Katiso “KT” Molefe se huis. Khumalo het bevraagteken of daar enige werklike gevaar was nadat hulle bepaal het die mense op die toneel…
Reaksie word ontvang op die Stad Windhoek se besluit om elektrisiteitstariewe met gemiddeld 3,6 persent vir die huidige boekjaar te verhoog, wat Dinsdag in werking getree het. Individuele tariefkomponente styg met tussen 1,3 persent en 5 persent, terwyl sommige heffings onveranderd bly. Kosmos 94.1 Nuus het met verbruikersbeskermingsaktivis Milton Louw…
AfriForum het aan die minister van Finansies, Enoch Godongwana, geskryf en eis ʼn onafhanklike oudit van die brandstofprys en -heffing, insluitend die algemene brandstof-, koolstof- en Padongelukkefonds-heffing. Petrolpryse het hierdie maand met een-rand-34-sent per liter gestyg terwyl diesel tussen 2 Suid-Afrikaanse rand-93-sent en 3-rand-15-sent per liter meer kos. Ernst van…
IPC-parlementslid Lilian Lutuhezi het die Nasionale Vergadering se versuim om gebaretaaltolke vir regstreekse parlementêre verrigtinge te ontplooi, bevraagteken. Dit kom drie jaar nadat 'n mosie wat die diens versoek het in September 2023 aangeneem is. Die oorspronklike mosie het gepoog om Namibiese gebaretaal te erken en te verseker dat dowe…
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, afgedank is. Dit volg na sy versuim om voor ʼn interne polisie-tugverhoor te verskyn in verband met bewerings van wangedrag. Die Arbeidshof het Maandag Khan se dringende aansoek verwerp om ʼn tugproses, wat hom sy werk kon kos,…
Meer as 2 000 leerders van skole in die Oshikoto-, Omusati-, Ohangwena- en Otjozondjupa-streke sal baat vind by Old Mutual Namibia se 2026 Chair and Desk-inisiatief. Old Mutual-woordvoerder Mignon du Preez sê die inisiatief poog om veiliger, gemakliker leeromgewings te skep vir leerders om ten volle aan die klaskamer deel…
LPM-parlementslid Utaara Mootu het die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie versoek om dringend in te gryp en die verergerende stedelike grond- en behuisingskrisis aan te spreek. In 'n kennisgewing van vrae aan die parlement het Mootu gesê dat plaaslike owerhede nie bekostigbare gedienste grond lewer nie, wat duisende burgers in informele…
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se sekretaris-generaal, Mark Rutte, waarsku dat Rusland al roekeloser raak terwyl sy oorlog teen Oekraïne voortduur. Hy sê Navo sien meer Russiese hommeltuie en missiele in bondgenote se lugruim langs die oostelike flank, wat ʼn groter gevaar vir Europa se veiligheid skep. Dit volg nadat Duitsland vasgestel…
Swaar weer sal na verwagting oor dele van Suider-Afrika oor die volgende paar dae versprei, met die suidelike en sentrale binneland van Namibië wat na verwagting die ergste sal beleef. Albertina Anderson van die weerdiens sê daar is potensieel ontwrigtende weer vandag. Sy waarsku teen koue en ryp.
Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het boere, veeartse en bedryfsgroepe bedank vir hul samewerking in die stryd teen bek-en-klouseer. Meyer doen 'n beroep op beeseienaars om seker te maak dat hulle diere ingeënt is en dat streng biosekuriteitsmaatreëls gevolg word. Hy sê sterk samewerking…
Namibië word aangespoor om sy wette oor politieke finansiering te hersien te midde van kommer oor swak toesig oor openbare befondsing aan politieke partye. 'n Nuwe verslag deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê belastingbetalers kan tussen 2020 en 2030 sowat 1,6 miljard Namibiese dollar spandeer om parlementêre partye te…
Berigte van dooie sardyne wat tussen Lüderitz, Oranjemund en Hentiesbaai aan wal spoel, wek kommer oor die oorlewing van Namibië se kritiek bedreigde Afrika-pikkewynbevolking. Damian Schreiber, veldbeampte van Ocean Conservation Namibia, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hoewel plaaslike uitsterwingsgetalle kleiner is as dié wat langs die Suid-Afrikaanse kus…
3 Sep 12AM
1 min
1000 – 1020
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.