GRN moet dieper in sak krap vir behuisingskrisis

Loading player...
Namibië se behuisingskrisis verdiep, en huiseienaarskap word toenemend 'n luukse wat buite die bereik van gewone werkers lê. KosmosKapitaal berig dat vir elke Namibiese begrotingsdollar is die regering bereid om net twee sent op behuising te bestee. 'n Nuwe verslag deur Simonis Storm dui daarop dat 'n werker nou ongeveer 44 000 Namibiese dollar per maand moet verdien om 'n verband van daardie grootte te kan bekostig. Kosmos 94.1 Nuus het met Mike Kavekotora, die voormalige uitvoerende hoof van die Nasionale Behuisingsonderneming gepraat; hy sê die boukoste van 'n huis is een van die hooffaktore wat pryse buite die bereik van baie Namibiërs stoot.
3 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sibiya dreig glo pa van tiener na vermeende seksuele aanranding

Die staat het 'n beëdigde verklaring ingedien wat beweer die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, het 'n man, geïdentifiseer as mnr. M, gedreig nadat hy hom daarvan beskuldig het dat hy sy tienerdogter seksueel aangerand het. Die beëdigde verklaring, wat in die Landdroshof in Randburg, Gauteng, voorgelees is, beweer Sibiya…
13 Oct 9AM 1 min

Nuwe strategie vir minerale-veredeling

Die adjunk-mynbouminister, Gaudentia Krohne, het 'n nuwe strategie vir die veredeling van minerale en 'n kabinetsverbod op die uitvoer van ongeraffineerde kritieke minerale soos litium, seldsame aardmetale, kobalt en grafiet aangekondig. In reaksie op IPC-LP Ferdinand Hengombe het Krohne gesê dat die beleid maatskappye dwing om plaaslik te vergruis en…
13 Oct 9AM 1 min

Stydende skuldlas op Afrika 'belemmer ontwikkeling'

Suid-Afrika se minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die toenemende skuldlas op Afrika belemmer sy ontwikkelingsdoelwitte. Hy het tydens die Afrika- en Europa-dialoog in Pretoria gesê 25 Afrikalande het die afgelope paar jaar meer bestee aan skuld-delging as aan gesondheid en onderwys. Lamola sê lande in die…
13 Oct 8AM 1 min

Onderwysministerie werk aan krisisse: Steenkamp

Onderwysminister Sanet Steenkamp erken die Namibiese skoolstelsel se voortdurende uitdagings met fundamentele geletterdheid en leerderretensie. Sy het in 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon dat die aanspreek van hierdie kwessies bewysgebaseerde ingrypings en tasbare vordering vereis:
13 Oct 8AM 1 min

Drikus Coetzee vorder goed met Rhino Run-rit

Die Namibiese fietsryer Drikus Coetzee neem tans deel aan die Rhino Run van Windhoek na Graaff Reinet in Suid Afrika, oor 'n afstand van ongeveer 2-duisend-835 kilometer. Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus oor sy eerste dag op die pad gepraat:
13 Oct 6AM 1 min