Die Mariental munisipaliteit het sy Informele Nedersetting Opgraderingsprojek van stapel gestuur, wat deel is van die regering se breër inisiatief om lewensomstandighede in informele gebiede te verbeter. Burgemeester Cherien Kock het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die projek is daarop gemik om meer duursame behuising te bied, toegang tot noodsaaklike…
'n Voormalige lid van die politieke moorde-taakspan, kaptein Maxwell Wanda, het aan die Madlanga-kommissie gesê lede van die Valke het ingemeng en aggressief opgetree tydens die inhegtenisneming van die sakeman Katiso “KT” Molefe in Desember verlede jaar. Molefe word daarvan beskuldig dat hy opdrag gegee het vir die moord op…
Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes het op 28 April afgeskop. Die opname sluit op 4 November. Die opname sal Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal, en sluit in armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het met Mirjam Shihepo, die agentskap se kommunikasie beampte…
ʼn Ses-en-vyftigjarige man is gearresteer nadat die polisie by sy huis in Midrand, Gauteng, beslag gelê het op 20 miljoen Suid-Afrikaanse rand se kokaïen. Die polisie het tydens ʼn misdaadintelligensie-operasie ʼn wenk opgevolg oor dwelms wat op ʼn kleinhoewe in Blue Hills, Midrand, geberg word. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe,…
Grondeienaars word herinner aan die finale sperdatum van 31 Oktober vir die registrasie van boorgate en damme, kragtens die Wet op Waterhulpbronbestuur. Die Namibiese Landbou-unie het ‘n verlenging van agt maande, tot 31 Oktober, aangevra maar, dit geld net vir lede van die landbou-unie. Sakeus Ihemba, die hoofhidroloog by die…
Drie jong Afrika-omgewingsaktiviste ry per fiets deur Namibië om te pleit vir Afrika-stemme in die stryd teen klimaatsverandering, as deel van die Light COP30-inisiatief. Die jeuggeleide inisiatief het ten doel om perspektiewe van gemeenskappe regoor die vasteland oor omgewingsbeskerming en klimaatsveerkragtigheid in te samel. Die groep gaan vanmiddag in Windhoek…
Wetenskaplikes het bevind dat die Aarde se magneties veld vinniger verswak as verwag. Satellietdata toon dat die Suid-Atlantiese Anomalie, 'n swak gebied wat oor die Suid-Atlantiese Oseaan na Afrika strek, uitgebrei het tot ongeveer die helfte van die grootte van die Europese vasteland. Omdat die magnetiese veld die Aarde teen…
Nictus Holdings het nuwe grond in Walvisbaai gebreek. Die maatskappy begin met die konstruksie van ses nuwe kleinhandelwinkels oor twee top-liggings in die dorp. Die ontwikkeling dui op 'n groot uitbreiding vir die groep in die Erongo-streek, wat verskeie van sy toonaangewende handelsmerke onder een strategiese groeiplan saambring. Wilmar Fourie,…
Die Vryheidsfront Plus sê die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, se opmerkings oor Afrikaner-selfbeskikking ondermyn Artikel 235 van die Grondwet. Die party voer aan Kubayi se opmerkings ondermyn 1994 se ooreenkoms wat kulturele en gemeenskapsregte erken. Wynand Boshoff van die VF Plus se die minister se bewering…
Weke nadat 'n olifant naby Onawa-dorpie in die Omusati-streek doodgeskiet is, het die United Democratic Front-parlementslid Nico Somaeb in die parlement kommer uitgespreek oor olifante wat mens-dier-konflik rondom Kamanjab veroorsaak. Somaeb het die premier versoek om maniere te vind om die situasie te hanteer voordat ernstige voorvalle plaasvind. Eerste minister…
Die DA het 'n dringende hersiening van die polisie se forensiese en ballistiese stelsels versoek na skokkende getuienis voor die Madlanga-kommissie. Bewyse het foutiewe verslae onthul wat die AK-47-geweer wat in die moord op die ingenieur Armand Swart gebruik is, verbind met minstens 20 ander moorde, insluitend DJ Sumbody, DJ…
Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê die leierskap binne die SAPD moet spanwerk eerder as interne gevegte bevorder. Mathale het gepraat oor bewerings van interne geskille en sê meningsverskille bestaan, maar leiers moet samehangende spanne bou om misdaad doeltreffend te bestry. Hy…
Die Amerikaanse regering begin nou sy vyfde week gesluit. Met vervoer, veral by lughawens wat vertraag word met toenemende siekdae wat geneem word deur personeel wat ‘n maand nie betaal is nie, is die mees kritieke sperdatum vir SNAP, die voedselkoepon-program vir 42 miljoen armoedige Amerikaners. Die befondsing sal op…
Daar is kommer oor die toekoms van die wapenstilstand tussen Hamas en Israel, na die Israeliese premier Benjamin Netanyahu Dinsdagaand aanvalle op Gaza beveel het. Dit was nadat hy Hamas beskuldig het dat hulle die ooreenkoms verbreek het deur Israeliese troepe aan te val. Sky se Adam Parsons berig uit…
Die Parlement se portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het kommer uitgespreek oor die gebrek aan omvattende anti-boeliestrategieë in skole. Dit volg op die voorval by Milnerton High School in Kaapstad, waar 'n graad 10-leerder geboelie en aangerand is. Agt graad-11 leerlinge het verlede week in die hof verskyn en is aangekla…
Die regering se aankondiging om jaarliks 5 miljoen Namibiese dollar toe te ken vir die voorsiening van sanitêre doekies aan skoolmeisies het gemengde reaksies uitgelok. Rinaani Musutua van die Ekonomiese en Maatskaplike Geregtigheidsnetwerk het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel die stap prysenswaardig is, behandel dit slegs die simptome…
Die Afrika Mayibuye-beweging het die Afrika-Unie versoek om die uitslae van die onlangse verkiesings in Kameroen en die Ivoorkus te verwerp. Afrika Mayibuye sê die proses was onregverdig en het gehelp om ou leiers aan bewind te hou. Sydney Baloyi van die beweging glo Kameroen se president, Paul Biya, wat…
Die stroop van Dorsland, die swart renosterkoei wat dragtig was, en haar kalfie in die Sorris Sorris-bewarea, kring steeds uit. Conservation Travel Namibia is besig om 'n beloning van 'n miljoen Namibiese dollar bymekaar te maak vir enigiemand wat inligting kan verskaf wat sal lei tot die stropers se inhegtenisname…
Die Julinho Athletic Sokker-akademie sal sy hoogs verwagte jeug sokkertoernooi aanbied van Vrydag tot Sondag by die Akademie Sokker Arena in Rieckmannstraat, Pionierspark. Die toernooi spog met Ino Harith Capital en Demshi Investment Holdings as die hoofborge. Jong spelers van onder-7 tot onder-17 sal vaardigheid, spanwerk en sportmanskap tydens 'n…
29 Oct 1AM
1 min
1260 – 1280
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.