Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1280 – 1300

Kenner sê mynbou moet eerder fokus op verwerking as ontginning

Namibië se mynbousektor maak gereed vir 'n massiewe uitbreiding van 48 miljard Namibiese dollar, wat glo meer as 18 000 nuwe werksgeleenthede in die volgende vier jaar sal skep. Maar arbeidsdeskundige Herbert Jauch sê daardie syfers moet met omsigtigheid hanteer word. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Jauch…
29 Oct 12AM 1 min

Kandidaat-registrasie: LPM is gereed om hof toe te gaan

Die Landless People’s Movement ontken hulle kandidate se name vir die komende verkiesings was laat ingedien, en blameer die Verkiesingskommissie van Namibië se aanlyn stelsel vir tegniese mislukkings. Dit kom na mediaberigte dat die party laat was met voorleggings in 28 plekke. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa het aan Kosmos 94.1 Nuus…
29 Oct 12AM 1 min

Prunella Scales, of te wel Sybil Fawlty, sterf op 93

Prunella Scales, geliefde Britse aktrise veral bekend as Sybil Fawlty, is op 93 oorlede. Terwyl sy talle rolle vertolk het en ‘n Bafta gewen het, is sy veral bekend vir haar uitbeelding van die skerptongige en heerssugtige hoteleienaar se vrou, Sybil Fawlty, in die klassieke 1970's-sitkom Fawlty Towers, saam met…
29 Oct 12AM 1 min

Melissa: Jamaika is rampgebied, Kuba wag in spanning

Orkaan Melissa is op pad na die ooste van Kuba nadat dit oor Jamaika beweeg het. Dis die ergste storm in moderne geskiedenis wat dié Karibiese nasie tref. Dit het afgeneem tot ʼn kategorie 3-storm, maar sal na verwagting steeds winde van tot 125 kilometer per uur bereik. Melissa het…
28 Oct 11PM 1 min

Toep vergemalik Erongo RED-kliënte se lewens

Die Erongo Streekselektrisiteitsverspreider, Erongo RED, het 'n mobiele toepassing bekendgestel wat kliënte toelaat om enige tyd elektrisiteit te koop, hul rekeninge te betaal, foute aan te meld en toegang tot sleuteldienste te kry. Uitvoerende hoof Tino !Hanabeb sê die aanvanklike begroting om die toep te ontwikkel was 5 miljoen Namibiese…
28 Oct 11PM 1 min

Cedric Willems kry N$200 000 borgtog

Die Namcor-bedrogbeskuldigde Cedric Willemse is borgtog van 200 000 Namibiese dollar toegestaan in die Windhoek-landdroshof. Landdros Olga Muharukua het beslis dat die staat nie geloofwaardige bewyse gelewer het wat toon dat Willemse moontlik met ondersoeke of getuies kan inmeng nie. Willemse moet daagliks by die ondersoekbeampte aanmeld en in Windhoek…
28 Oct 11AM 1 min

Dieselfde AK-47 gebruik in moord op Armand Swart, DJ Sumbody en ander

Die polisie se senior forensiese ontleder, Solomon Modisane, het onthul dat dieselfde AK-47-geweer gebruik is in die moorde op die ingenieur Armand Swart, DJ Sumbody, DJ Vintos en die sakeman Don Tindleni. Modisane, wat vanaf 'n ander bestemming voor die Madlanga-kommissie getuig, sê die patroondoppies op al vier misdaadtonele stem…
28 Oct 11AM 1 min

Geen nuwe M-pokke gevalle aangemeld

Geen nuwe gevalle van M-pokke is tot vandag toe aangemeld nie. Woordvoerder van die ministerie van gesondheid, Walters Kamaya, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die twee pasiënte in Swakopmund in 'n stabiele toestand bly en behandeling ontvang. Verder is daar geen veranderings nie.
28 Oct 10AM 1 min

Langbaanrenne die naweek op Tony Rust-renbaan

Dis weer tyd vir langbaanrenne die naweek op die Tony Rust-renbaan. Volgens Francois Lottering is bestuurders van Suid-Afrika en Angola ook ingeskryf. Hekke maak nege-uur oop met oefenrondes wat 11-uur begin en die teer wat vanaf half-drie begin brand. Lottering het meer.
28 Oct 10AM 1 min

NNN in energieministerie beteken 'geen oorsig deur NV'

Reaksie is ontvang oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om minister Natangwe Ithete af te dank. Die stap het grondwetlike debat ontketen. Bestuurskenner Pius Dunaiski het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel Namibië se hibriede stelsel die president onder sekere omstandighede mag toelaat om 'n ministeriële rol te vervul,…
28 Oct 10AM 1 min

Venaani steun Sankwasa se reis- en S&T-verbod

Die PDM-leier McHenry Venaani het sy steun uitgespreek vir stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa wat streeksraadlede die koste van ongemagtigde reise self sal laat dra. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Venaani gesê dat regeringsamptenare aanspreeklikheid moet toon en moet verseker dat elke reis 'n werklike doel…
28 Oct 10AM 1 min

NIPDB wen globale toekenning vir groenwaterstof-werk

Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het die 2025 Beleggingsuitnemendheidstoekenning van die Wêreldvereniging van Beleggingsbevorderingsagentskappe in die kategorie Innoverende Beleggingsbevorderingsveldtog gewen. Die toekenning is tydens die Wêreldbeleggingskonferensie in Sharjah, Verenigde Arabiese Emirate, oorhandig. Die raad is erken vir sy werk om groenwaterstof as 'n nuwe en opwindende beleggingsgeleentheid vir Namibië te…
28 Oct 9AM 1 min

Strawwe jaareindtoer net wat Bokke nodig het: Flannery

Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Jerry Flannery, sê hulle jaareindtoer gaan ʼn groot en uitdagende toets vir die span wees. Suid-Afrika draf in November uit teen Japan, Frankryk, Italië, Ierland en Wallis. Die Bokke skop hul vyf-toets toer Saterdag af met ʼn kragmeting teen Japan op die Wembley-stadion in Londen. Flannery gee…
28 Oct 8AM 1 min

HUB van Katima Mulilo-stadsraad vir 6 maande geskors

Die uitvoerende hoof van Katima Mulilo-stadsraad, Raphael Liswaniso, is vanoggend vir ses maande sonder betaling geskors. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, het op 15 Augustus die voormalige raad ontbind omdat hulle na bewering munisipale grond vir voertuie geruil het tydens Liswaniso se ampstermyn. Sankwasa het 'n…
28 Oct 8AM 1 min

TLU SA-projek betrek jeug by landbou

Die landbou-organisasie TLU SA het die projek, Plant vir die Toekoms, bekendgestel. Die doel is om die jeug by die landbousektor te betrek en aan te moedig om landbou as ʼn loopbaan te oorweeg. Bennie van Zyl van TLU SA sê deur die jeug met die landboubedryf in aanraking te…
28 Oct 8AM 1 min

Groot kommer oor dobbelende studente, en dit met Nsfas-fondse

Die Vereniging van Staatsamptenare, sê onlangse berigte oor studente se misbruik van fondse van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om aanlyn te dobbel, is kommerwekkend. Volgens die Nasionale Dobbelraad se verslag vir die 2023/2024-boekjaar, is 1,1 triljoen Suid-Afrikaanse rand in 2024 in die Suid-Afrikaanse dobbelbedryf gewed, wat 40,2-persent meer…
28 Oct 6AM 1 min

Trump stel nie belang in vrye verkiesings nie - Newsom

Die Kalifornië goewerneur Gavin Newsom publiseer sy memoir, Young Man in a Hurry: A Memoir of Discovery. Hy het ‘n uitgebreide onderhoud met CNN gevoer en verskeie onderwerpe bespreek, waaronder president Donald Trump, wat hy gereeld aanlyn aanvat. Hy sê die federalisasie van die Nasionale Wag is die begin van…
28 Oct 6AM 1 min

Ry jou fiets in 'n loep vir renosters

Wilderness Namibia en Children in the Wilderness het met Pupkewitz Toyota in Windhoek kragte saamgesnoer om hul Red 'n Renoster-veldtog met 'n fietswedren te loods. Dit is daarop gemik om bewustheid te verhoog en kollektiewe aksie te bewerkstellig om Namibië se ikoniese woestyn-aangepaste swartrenosterbevolking te help beskerm. Die 2km-baan, wat…
28 Oct 6AM 1 min

Vleispryse neig verder op

Die Lewendehawe en die Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse bekend gemaak. Die fokus is op speenkalwers wat hoog in vraag is met aanbod wat laag bly. Die lamsprys is ook baie hoog. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete, gepraat.
28 Oct 6AM 1 min
1280 – 1300