Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1700 – 1720

AfriForum sê ANC-lede moet ook vervolg word vir terreurdade tydens apartheid

AfriForum het 'n formele voorlegging by die Khampepe-kommissie van ondersoek ingedien vir 'n ondersoek na politieke inmenging wat verhoed het dat ANC-leiers vervolg word vir terreuraanvalle tydens apartheid. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die Khampepe-kommissie is gestig na druk deur veral die families van die Cradock-4 om antwoorde…
13 Oct 3AM 1 min

Groot afwagting vir Egiptiese beraad

President Donald Trump van Amerika en sy Egiptiese ampsgenoot, Abdel Fattah al-Sisi, bied vanmiddag in Sharm el-Sheikh ʼn beraad vir meer as 20 wêreldleiers aan. Die beraad wil die oorlog in die Gaza-strook beëindig, pogings verskerp om vrede en stabiliteit in die Midde-Ooste te bewerkstellig, en ʼn nuwe era van…
13 Oct 2AM 1 min

Duitser Cejka vat PGA-kampioenskap in Noord-Carolina

Die Duitser, Alex Cejka, het een onder baansyfer 71 aangeteken om die PGA-toerkampioenskap se SAS-kampioenskap in Noord-Carolina met drie houe te wen. Dis die 54-jarige speler se eerste titel sedert die 2023 Senior Ope Kampioenskap. Die Suid-Afrikaner, Ernie Els, is tweede op vier onder 68, wat vanjaar sy 12de posisie…
13 Oct 2AM 1 min

Kommer oor verwikkelinge in Madagaskar

Die regering het met diepe kommer kennis geneem van die onlangse politieke verwikkelinge in Madagaskar. Die woordvoerder vir die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê die regering betreur die tragiese lewensverlies en die vernietiging van eiendom. Hy sê Suid-Afrika vra alle rolspelers om kalm te bly en…
13 Oct 1AM 1 min

McDermott en Petrofund werk saam in opleiding

McDermott, 'n Amerikaanse verskaffer van ingenieurs- en konstruksie-oplossings vir die energiebedryf, en Petrofund het 'n ooreenkoms onderteken om saam te werk aan akademiese en industriële opleidingsinisiatiewe in Namibië se stroomop olie- en gassektor. Dit het in Augustus in werking getree en sal vir die volgende vyf jaar geld. Die opgradering…
13 Oct 1AM 1 min

Net lof vir Eagles se hoofafrigter Craig Williams

Namibiërs juig steeds oor die reuse-sukses wat die FNB Eagles die naweek behaal het deur die Proteas met vier paaltjies te klop. Dit, met die amptelike opening van die FNB Namibië Krieketveld in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Krieket Namibië se president, Rudie van Vuuren, wat sê dit…
13 Oct 1AM 1 min

Voortbestaan van Afrika pikkewyne onder die loep

Die Afrika pikkewyn-bevolking loop die gevaar van uitsterwing. Die kwessie kom nou al 'n geruime tyd aan en een dryfveer is die lae sardyn-bevolking. Die Namibiese Stigting vir die Bewaring van Seevoëls wat in Lüderitz gebaseer is, doen navorsing rakende die kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer van…
13 Oct 1AM 1 min

Meatco se probleme is nie verby sal en sal eintlik verdiep

Meatco se langtermyn-lewensvatbaarheid word ernstig bedreig, waarsku landboukenner Wallie Roux. Dit is terwyl privaat uitvoerabattoirs voorberei om die mark in 2026 te betree. Terwyl die maatskappy sy 1 200-ton beesvleis-uitvoerkwota na Noorweë voor skedule nagekom het, het Roux aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie mylpaal min doen om Meatco…
13 Oct 12AM 1 min

Olie kan nog verder daal - ontleder is versigtig optimisties

Oliepryse het oor die naweek tot multi-maande laagtepunte gedaal namate die mark gereageer het op die vredesooreenkoms in Gaza. Die kommoditeit het die week net bo 62 Amerikaanse dollar afgesluit. Die Opul-plus aankondiging van 'n beskeie produksieverhoging in November het ook tot die daling bygedra. Ekonoom Dawie Klopper het aan…
13 Oct 12AM 1 min

Apartheid het swart ontwikkeling verhoed - Mbalula

Die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die apartheidsregime het swart gemeenskappe verhoed om tot hul volle potensiaal te ontwikkel. Mbalula het tydens die herbegrafnis van die vryheidsvegters en kunstenaars, Todd Matshikiza, Esme Sheila Matshikiza en John Pogiso Maroo in Johannesburg gepraat. Hy sê organisatoriese vernuwing deurvleg elke aspek van die politieke…
12 Oct 11PM 1 min

Alles is gereed vir gevangene-gyselaar uitruil in Gaza

Israel se regering sê hy verwag dat al 20 lewende gyselaars wat in Gaza deur Hamas aangehou word, vanoggend aan die Rooikruis oorhandig sal word. Dis deel van die eerste fase van die vredesooreenkoms waarop verlede week ooreengekom is. Hamas hou 48 mense gyselaar, waarvan 20 vermoedelik nog lewe. Israel…
12 Oct 11PM 1 min

Grondwetsontwerp: Moenie bekommer oor onteiening

Reaksie word steeds ontvang oor die Grondwetsontwerp wat by die Nasionale Vergadering heringedien is. Ten spyte van heelwat negatiewe kritiek, meen kenners daar is nie groot veranderinge gemaak nie. Mark Kutzner, besturende vennoot by Engling, Stritter and Partners, meen boere hoef hulle nie oor onteiening te bekommer nie. Hy het…
12 Oct 5AM 1 min

Haatspraak, diskriminasie: Oop gesprekke is nodig

Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het Hoofstuk 9-instellings en burgerlike samelewingsorganisasies versoek om 'n oop, inklusiewe en veilige omgewing te skep om haatspraak- en diskriminasiesake vinnig op te los. Kommissaris Leigh-Ann van der Merwe het in reaksie op onlangse uitsprake oor LGBT-persone deur die radiopersoonlikheid Ngizwe Mchunu, gesê die kommissie is…
12 Oct 4AM 1 min

Cirrus sê oor sy navorsing na skaapmark

Die Lewendehawe Produsente Organisasie het Cirrus genader om navorsing te doen oor die volhoubaarheid van skaapboerdery in die land, en wat die beste uitvoermarkte sal wees. Die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald verduidelik wat die studie bevind het, en Suid-Afrika bly die beste mark.
12 Oct 3AM 1 min

Shell V-Power M+Z-tydren was groot sukses

Dit was warm, stowwerig en opwindend met tien uiters vinnige trajekte wat afgehandel is by die Shell V-Power M+Z tydren in Gobabis. Francois Lottering was daar.
12 Oct 1AM 1 min

Fort Hare onrus was misdadig - Manamela

Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê sy departement werk nou saam met die polisie, die Oos-Kaapse regering en die Universiteit van Fort Hare se sekuriteitspanne om kalmte te herstel en studente en personeel te beskerm. Manamela het die media ingelig oor die situasie by Fort Hare…
12 Oct 12AM 1 min

Azapo verwelkom Sibiya-Maumela klopjagte

Die Azanian People’s Organisation verwelkom die klopjagte en beslagleggings deur die Valke en die Spesiale Ondersoekeenheid op persele wat verband hou met die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya en die sakeman Hangwani Maumela. Die Azapo-woordvoerder Nosipiwo Manona sê hulle beweerde rol in misdaad moet deeglik ondersoek word:
11 Oct 11PM 1 min

Hou politiek uit grondwetsontwerp, sê landbou-ekonoom

Met Namibië se nuwe Grondwetsontwerp op die tafel, sê landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher dat grondbesit nie as die enigste roete na suksesvolle boerdery beskou moet word nie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat globale voorbeelde, soos die Amerikaanse Mid-Weste, wys hoe huurmarkte en alternatiewe finansiering produktiwiteit kan dryf…
11 Oct 6AM 1 min

FNB Eagles reg vir Proteas vanmiddag

Die geskiedkundige T20 Internasionale botsing tussen Namibië se FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas vind vanmiddag plaas. Dit merk ook die amptelike opening van die splinternuwe FNB Namibië Krieketveld. Die opgewonde spelers het by 'n perskonferensie met die media gepraat. Gerhard Erasmus, die kaptein van die FNB-Eagles, het teruggekyk na…
11 Oct 5AM 1 min
1700 – 1720