
Beleid rakende beleggings kritiek vir voordele uit olie en gas
Loading player...
Olie en gas is op die voorfront van die plaaslike nuustoneel, met die Mynbou-expo en konferensie wat afgesluit het en voortdurende nuus oor eksplorasie, asook uitdagings wat die land in die gesig staar. Die voorsitter van die Forum van Duitssprekende Namibiërs, Harald Hecht, sê dat hoewel Namibië die potensiaal en politieke stabiliteit het om die opkomende olie- en gassektor aan te vat, die land sonder behoorlike wetgewing en 'n beleggersvriendelike omgewing nie die volle voordeel van die sektor sal kan benut nie.

