
Regering skop vas teen kragoordrag-nasionalisering
Loading player...
Energieminister Modestus Amutse het die regering se teenkanting teen die privatisering van die nasionale elektrisiteitsnetwerk herbevestig. Hy het in 'n toespraak in die parlement vanmiddag gesê die regering sal nie toelaat dat private rolspelers beheer oor elektrisiteitsoordrag uitoefen nie. Dit kom midde 'n voortdurende geskil tussen sy ministerie en die Elektrisiteitsbeheerraad oor onafhanklike kragoordrag-maatskappye.

