Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
2040 – 2060

Trump sê sy vredesplan is nie 'n opsie vir Hamas nie

President Donald Trump van Amerika het ʼn 20-punt-vredesplan vir Gaza bekendgestel wat Hamas nog moet aanvaar. Hy het by die Withuis met die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, vergader. Die plan sluit in dat Hamas gyselaars vrylaat terwyl Israel Palestynse gevangenes vrylaat; dat Israel aan die Palestynse gebied onttrek; en…
30 Sep 12AM 1 min

Opknapping van Havana Fourway wyd verwelkom

Die Stad Windhoek se beplande verskuiwing van 43 huishoudings en 'n kerk vanaf die hoek van die Matshitshi- en Eneas Peter Nanyemba-kruising, algemeen bekend as Havana Fourway, na gedienste erwe in Havana uitbreidings 8 en 11, word as 'n positiewe ontwikkeling beskou. Hierdie stap, wat vir Oktober geskeduleer is, baan…
29 Sep 11PM 1 min

Munisipale begrotings onder erge druk - DA

Die DA sê stygende infrastruktuurkoste, 'n beperkte en verouderde plaaslike regering inkomste-model, en bo-inflasie stygings in elektrisiteit en loon-insette het geweldige druk op munisipale begrotings geplaas. Leon van Wyk van die DA sê Wes-Kaapse munisipaliteite soos Drakenstein, Mosselbaai, Stellenbosch, Saldanhabaai, Overstrand en George het almal sterk finansiële prestasie getoon. Hy…
29 Sep 11PM 1 min

Nasionale Kommissie vir Unesco vergader

Die Namibiese Nasionale Kommissie vir Unesco het vandag sy jaarvergadering in Windhoek gehou. Edda Bohn, adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwysministerie sê die byeenkoms bied 'n kans om oor vorige prestasies te besin en die pad vorentoe uit te stippel.
29 Sep 9AM 1 min

Lodox-masjien deur Standard Bank, MVA geskenk

'n Groot hupstoot vir traumasorg by Katutura Intermediêre Hospitaal vandag, aangesien dit Namibië se eerste Lodox-volliggaam-X-straalmasjien ontvang het. Dit kan pasiënte binne sekondes skandeer. Die masjien, ter waarde van 13 miljoen Namibiese dollar, is vanoggend deur die Motorvoertuig Ongelukkefonds, in vennootskap met Standard Bank geskenk, met die doel om traumasorg…
29 Sep 9AM 1 min

Cyril se neef betrek by Tembisa-sindikaat

Die Spesiale Ondersoekeenheid het 'n korrupsie-sindikaat by die Tembisa-hospitaal in Gauteng verbind met die sakeman Hangwani Maumela, wat 'n neef van president Cyril Ramaphosa is. Die hoof van die eenheid, Andy Mothiba, sê Maumela se netwerk het 816 miljoen Suid-Afrikaanse rand deur 1 728 bestellings laat vloei wat verkrygingsreëls omseil…
29 Sep 9AM 1 min

BoN stel nuwe note, munstukke in sirkulasie

Die Bank van Namibië het amptelik die eerste nuut opgegradeerde banknote en 'n herontwerpte muntreeks aan die publiek vrygestel. Dit is die eerste groot hersiening van die land se geldeenheid in meer as 30 jaar. Die adjunk-goewerneur van die sentrale bank, Ebson Uanguta, het die publiek gewaarsku teen die beskadiging…
29 Sep 9AM 1 min

Namfisa betaal amper N$12m in 2024 aan klaers terug

In 2024 het die Namfisa 358 uit 373 verbruikersklagtes opgelos en 11,8 miljoen Namibiese dollar in uitbetalings aan 87 klaers verseker. Dit is volgens die owerheid se jaarverslag vir die finansiële jaar wat op 31 Maart 2025 geëindig het. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die…
29 Sep 9AM 1 min

Etosha: Vuur kan goed wees maar herstel vat baie lank

Die weeklange brand in Etosha Nasionale Park het nie net plaaslik hooflyne gemaak nie maar is ook internasionaal berig. Meer as ‘n miljoen hektaar is afgebrand en owerhede loop deur oor hul trae reaksie daarop. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van navorsing by die Namibiese Natuurstigting, professor Morgan…
29 Sep 9AM 1 min

Boewe breek deur dak in by Katima-dorpsraad

Die polisie ondersoek 'n inbraak by die Katima Mulilo-stadsraadkantore, wat vanoggend ontdek is toe personeel vir werk opgedaag het. Die voorval het glo Sondag plaasgevind. Die uitvoerende hoof van die stadsraad, Raphael Liswaniso, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat niks tot dusver gesteel blyk te wees nie en dat…
29 Sep 8AM 1 min

Wanbelating van pensioenbydraes plaas 600 000 werkers in gedrang

Die vakverbond Cosatu het kommer uitgespreek oor die toenemende probleem dat werkgewers nie pensioenfondsbydraes oorbetaal nie. Volgens die jongste verslag van finansiële dienste se gedragsowerheid, is 15 521 werkgewers tans agterstallig teenoor 7 700 in 2024, en heelwat hoër as die 4 000 wat in 2023 aangemeld is. Cosatu-woordvoerder, Zanele…
29 Sep 8AM 1 min

SA se herverkiesing na ICAO-bestuursraad verwelkom

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die herverkiesing van Suid-Afrika tot die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie se Bestuursraad verwelkom tydens die 42ste Algemene Vergadering wat tans in Montreal, Kanada, plaasvind. Die departement se woordvoerder, Collen Msibi, sê die verkiesingstemming het Saterdag plaasgevind, en Suid-Afrika is herkies in Deel II van die…
29 Sep 7AM 1 min

As jy nie die mense kan verander nie, verander dan die mense - Jane Fonda

Na Amerikaanse president Donald Trump se aanmerkings oor klimaatsverandering wat hy as ‘n foefie beskryf, het die veteraan aktrise en klimaataktivis, Jane Fonda met CNN gepraat. Sy sê hulle maak werk daarvan om die regte persone in die regte poste verkies te kry. Sy verduidelik.
29 Sep 7AM 1 min

Spaanse premier sê politieke dialoog is nodig vir Gaza-vrede

Die Spaanse eerste minister Pedro Sanchez sê dit help niks vir Israel om oorlog teen terreur te verklaar, sonder enige politieke dialoog nie. Sanchez sê 'n meer gematigde politieke aanslag is nodig in Gaza om blywende vrede te bewerkstellig.
29 Sep 6AM 1 min

McIlory vaar uit teen New York-skare tydens Ryder-beker

Die vyfmalige major-kampioen Rory McIlroy het die New Yorkse skare gekritiseer vir onaanvaarbare en beledigende gedrag tydens die Ryderbeker-kompetisie in Bethpage Black. Span Europa het Amerika 15-13 geklop om agtereenvolgende titels te verower, en die eerste keer sedert 2021 op Amerikaanse bodem te wen. 'n Raserige skare het voortdurend persoonlike…
29 Sep 6AM 1 min

Nanso teiken damprook onder jeug

Die groeiende bedreiging van damprook, of ‘vaping’, onder Namibiese jeug sal sentraal staan by vanjaar se Edu Run, wat op 4 Oktober in Windhoek plaasvind. Die geleentheid, georganiseer deur die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, in vennootskap met Girl Up Namibia, begin by Van Rhyn Laerskool en is daarop gemik om…
29 Sep 6AM 1 min

Groei sal (steeds) op mynbou staatmaak

Namibië se ekonomie het met 1,6 persent in die tweede kwartaal gegroei, wat die 17de agtereenvolgende kwartaal van reële BBP-groei sedert vroeg in 2021 is, maar teen die stadigste tempo tot nog toe. Groei is gedryf deur dienste en 'n styging van 50 persent in mynbouwaarde, danksy hoë uraan- en…
29 Sep 6AM 1 min

Brandstofprys sal styg

Oliepryse het 'n beskeie styging beleef, met Brent-ru-olie wat bo 70 Amerikaanse dollar per vat verhandel het maar teruggesak het na net onder 69 dollar. Hierdie styging kom midde toenemende geopolitieke spanning, insluitend Rusland se uitgesproke teenkanting teen die herinstelling van die Verenigde Nasies se sanksies teen Iran en onlangse…
29 Sep 6AM 1 min
2040 – 2060