Die goewerneur van Minnesota, Tim Walz, sê president Donald Trump moet sy immigrasiebeamptes uit die stad Minneapolis onttrek voordat hulle nog 'n Amerikaner in die straat vermoor. Dit volg nadat Alex Pretti die naweek deur 'n grenspatrollie-agent in Minneapolis doodgeskiet is. Dit is die tweede voorval die maand in die…
Die IPC het die Verenigde Nasies se inwonende koördineerder, Hopolang Phororo, tereggewys omdat sy griewe van burgers by die hoofkwartier van 'n politieke party eerder as by 'n regeringsministerie aangespreek het. Dit kom nadat die VN met meer as 400 voormalige bevrydingstrydvlugtelinge by die Swapo-hoofkwartier in Windhoek vergader het om…
Die DA in Gauteng het die provinsiale Departement van Gesondheid veroordeel omdat hy weereens nie sy volle begroting bestee het nie, ten spyte van vervalle hospitale, personeelvakatures, onbetaalde verskaffers en onvoldoende toerusting. Die party sê die departement sal na verwagting 725 miljoen Suid-Afrikaanse rand onderbestee in die 2025/26-boekjaar, wat in…
Die Zimbabwiër Benjamin Follett-Smith het die Cell C-uitdaging-titel by die Killarney-buiteklub in Johannesburg met een hou weggeraap voor die Suid-Afrikaner, Haydn Porteous. Dis sy derde Sonskyntoer-titel. Die Suid-Afrikaner Kieron van Wyk is derde op 11 onder baansyfer. Die toernooi is ter ere van Gary Player gehou. Follett-Smith sê hy is…
Nieu-Seeland se polisie het bevestig dat ses mense wat na ʼn grondstorting by die gewilde Mount Maunganui vermis word, waarskynlik nie lewend gevind sal word nie. Onder die vermiste persone is twee tieners waarvan die jongste 15 is. Die polisie-superintendent Tim Anderson sê hulle moes gister reddingspogings laat vaar nadat…
Knopvelsiekte was laasjaar 'n groot probleem tydens die reënseisoen. Boere word gewaarsku om vanjaar ook paraat te wees daarop. Ander siektes wat ook gereeld voorkom tydens die reënseisoen is perdesiekte. Kosmos 94.1 Nuus het met veearts dr. Theuns Laubscher van Windhoek Vet gepraat, wat raad het vir boere.
Die 2026 Desert Ultra, wat in die Brandberg en Uis-omgewing plaasvind, sal vanjaar op 18 Julie begin. Belangstellendes kan die sosiale media platforms van die Brandberg Backyard Ultra dophou vir aansoek besonderhede. Namibië se bekend ultra-marathonatleet, Riana Scholtz, het meer.
Namibië produseer slegs sowat 35 persent van die aartappels wat dit verbruik, en maak grootliks staat op invoere om aan die vraag te voldoen, maar daardie balans kan binnekort verskuif. Die Akkerbouraad het 'n subsidieskema van stapel gestuur wat op kommersiële aartappelproduksie gemik is, wat tot 50 persent ondersteuning bied…
Namibië se voertuigmark sal vanjaar na verwagting stadig, maar seker na ‘n hoër rat verskuif, verwag Simonis Storm. Verbeterde krediettoestande en makliker lenings sal verbruikers help om motors te koop, terwyl besighede steeds voertuie benodig vir hul vloot. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis ekonoom Almandro Jansen oor vooruitsigte gepraat:
Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het die dringende behoefte benadruk vir 'n omvattende raamwerk om klimaatsverwante rampe regoor Suid-Afrika te hanteer. Die departement se woordvoerder, Tsekiso Machike, sê munisipaliteite word aangespoor om hul rampreaksie in lyn te bring met die van die land, en beklemtoon dat proaktiewe beplanning…
Die Padowerheid het probleme met padveiligheid en infrastruktuurdegradasie waargeneem na 'n kennismakingstoer van vloedgeteisterde gebiede in die Kavango-Oos en Zambezi-streke. Die owerheid sê as gevolg van aanhoudende reënval het dele van die pad tussen Bwabwata Nasionale Park en Kongola, sowel as ongeveer 30-kilometer vanaf Kongola in die rigting van Katima…
Lede van die Namibiese Publieke Sekuriteit en Geallieerde Werkersvakbond het vandeesweek 'n petisie aan die justisieministerie in Katima Mulilo oorhandig. Die werkers vra vir beter werksomstandighede en dring aan dat die sekuriteitsmaatskappye aan die minimumloonvereiste voldoen. Hulle het die Tenderraad versoek om nie kontrakte toe te ken aan sekuriteitsmaatskappye wat…
Die Forum for South Africa het ernstige kommer uitgespreek oor die langdurige vertragings in die voorvonnisopleggingsproses van die EFF-leier Julius Malema se geweersaak. Die Oos-Londense Landdroshof in die Oos-Kaap het voorvonnisoplegging tot April uitgestel. FOSA-leier Tebogo Mashilompane sê herhaalde uitstel plaas 'n onnodige las op belastingbetalers en laat ernstige vrae…
Nanso het Donderdag die onmiddellike sluiting van die Otjivero Gekombineerde Skool in die Omaheke-streek geëis weens 'n ernstige perdeby-infestasie, totdat die perdebye verwyder is. Leerders en onderwysers is herhaaldelike kere deur die perdebye gesteek en sommige is moes huis toe gestuur word. Die skool is toe wel gesluit tot die…
Die Wes-Kaapse polisie het die skietvoorval wat Saterdag die lewens van drie jongmense in Samora Machel, in Kaapstad, geëis het, sterk veroordeel. Polisiewoordvoerder Andrè Traut sê die slagoffers het in 'n motor gesit toe onbekende verdagtes op hulle losgebrand en toe van die toneel gevlug het. Hy sê drie slagoffers…
Rand Water het kennis geneem van ’n WhatsApp-boodskap wat sosiale media laat gons waarin beweer word dat die Vaaldam vergiftig is en kraanwater nie gedrink moet word sonder om dit eers te kook nie. Woordvoerder Makenosi Maroon sê Rand Water verwerp hierdie bewerings kategories as vals en misleidend. Sy verduidelik…
Die gesondheidministerie is geskeduleer om 'n landwye polio-inentingsveldtog te loods wat op kinders onder 10 gemik is. Die landwye veldtog sal van môre tot Donderdag plaasvind, gevolg deur nog 'n ronde van 24 tot 27 Februarie. In Desember het Namibië sy eerste veldtog in die Kavango-Oos- en Kavango-Wes-streke uitgevoer, na…
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê hierdie jaar sal uitdagend vir die party wees, aangesien die plaaslikeregeringsverkiesing nader kom. In 'n toespraak by die party se jaarlikse nasionale uitvoerende komitee-lekgotla, in Boksburg Ekurhuleni het Ramaphosa verwys na 'n aanslag deur regse magte, beide internasionaal en nasionaal:
Die regering het 12 miljoen Namibiese dollar toegeken om 969 buitestedelike huishoudings in die Hardap- en //Kharas-streke te elektrifiseer. Hierdie projekte sal gemeenskappe in Rehoboth, Mariental, Aranos, Hoachanas en Gibeon bevoordeel, sowel as Aroab, Bethanie, Berseba, Aus, Grünau en Warmbad. Dit is aangekondig deur die energieminister, Modestus Amutse, tydens die…
Limpopo se departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid vra dat alle skoolvervoeroperateurs leerderveiligheid eerste stel en hul bedrywighede reguleer. Die woordvoerder Matome Moremi Taueatsoala sê meer as 50 voertuie is Vrydag tydens veiliger leerdervervoeroperasies in Lebowakgomo en Mankweng geskut weens nie-nakoming. Hy sê die departement sal voortgaan om bewustheid te verhoog…
24 Jan 4AM
1 min
2040 – 2060
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.