Toegang tot sanitasie verbeter maar verouderde infrastruktuur bly probleem

Loading player...
Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb het Namibië se vordering met die uitbreiding van toegang tot basiese sanitasie verwelkom, maar sê die land moet meer doen om die voortdurende uitdagings rakende sanitasie en afvalbestuur aan te spreek. Gariseb het opgemerk dat toegang tot veilige sanitasie van 46 persent twee jaar gelede tot 60 persent toegeneem het, wat Namibië op koers plaas om sy 2027-teiken te bereik. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê hy egter dat verouderende infrastruktuur en swak afvalbestuur steeds dorpe soos Walvisbaai, Oshakati en informele nedersettings in Windhoek beïnvloed.
27 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bokke gaan Rugby's Greatest Rivalry wen: Beast Mtawarira

Rugby: Die Springbok-legende Tendai "Beast" Mtawarira glo Suid-Afrika gaan Nieu-Seeland verslaan in die Rugby's Greatest Rivalry-reeks. Die stut, met 117 toetse op sy kerfstok, glo die Bokke se grofgeskut-voorspelers sal die All Blacks oorrompel en Suid-Afrika die voordeel besorg. Mtawarira sê die Suid-Afrikaanse pak se krag en fisiese aanslag kan…
11 Aug 11AM 1 min

Binnelandse sake-program teiken gemeenskappe

Die Binnelandse Sake-ministerie het 'n program vir kommunikasie en betrokkenheid by belanghebbendes van stapel gestuur. Dit het ten doel om gemeenskappe oor sy mandaat in te lig en staatsdienste nader aan die mense te bring. Adjunkminister Edward Wambo sê dat hierdie interaksies daarop gemik is om te verseker dat gemeenskappe…
11 Aug 11AM 1 min

Oop gebiede nodig vir olifante om habitatte te beskerm

Wêreldolifantdag word môre gevier, en die Namibia Nature Foundation beklemtoon die dringende noodsaaklikheid daarvan om oop gebiede te bewaar waar Afrika se reuse vrylik kan rondbeweeg. Navorsingsdirekteur Morgan Hauptfleisch het Namibië se model van oop landskappe vergelyk met Suid-Afrika se omheinde reservate, en waarsku dat olifante in die buurland in…
11 Aug 11AM 1 min

Krieket SA opgewonde oor FNB T20-driehoekige reeks

Spanne berei goed voor vir die FNB T20-driehoekige reeks wat van 28 Augustus tot 6 September in Windhoek plaasvind, tussen Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe. Alle wedstryde vind plaas by die FNB Namibië Krieketveld, met elke span wat twee keer teen die ander speel voor die finaal. Krieket Suid-Afrika se uitvoerende…
11 Aug 10AM 1 min