Die DA-leier John Steenhuisen het die party se Federale Raadsvoorsitter, Helen Zille, as hul burgemeesterskandidaat vir Johannesburg in die 2026 Plaaslike Regeringsverkiesing aangekondig. Steenhuisen het in Soweto gesê Johannesburg is 'n stad van buitengewone mense wat deur swak politieke leierskap belemmer word. Steenhuisen het politici beskuldig dat hulle die stad…
AfriForum sê hy sal die EFF se plan beveg om Afrikanerstandbeelde en -monumente te verwyder en te vernietig. Dit volg nadat die EFF-hoofsweep, Nontando Nolutshungu, 'n mosie in die Parlement ter tafel gelê het waarin gevra word vir die verwydering van figure soos Louis Botha, Paul Kruger, Jan van Riebeeck…
'n Wetsontwerp om die hekke by die Etosha Nasionale Park te hernoem word deur die justisieministerie hersien. Die kwessie het aandag getrek nadat Swapo-parlementslid Tobie Aupindi die Nasionale Vergadering versoek het om die Galton-hek na Otjozovandu te hernoem. Aupindi het Sir Francis Galton, na wie die hek genoem is, gekritiseer…
Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het sy teleurstelling uitgespreek met die optrede van die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele. Mkhwanazi, wat by die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria getuig, sê Cele het na bewering probeer inmeng in 'n dissiplinêre saak teen misdaadintelligensiehoof, Feroz Khan deur druk op die…
Wyle Ras Sheehama, die Namibiese reggae-legende, word vandag in die Onamulunga-nedersetting in Omusati begrawe. Sheehama het vroeër vandeesmaand sy eie lewe in Windhoek geneem. ‘n Gedenkdiens vir die musikant is Vrydag in die nedersetting gehou, bygewoon deur familie, vriende, bewonderaars en hooggeplaaste regeringslui. Avo Emilio, wat in 1999 by die Ras…
Amerika se president Donald Trump het Vrydag gesê hy het ‘n ooreenkoms met sy Chinese eweknie Xi Jinping bereik oor die verkoop van TikTok-bedrywighede in die VSA aan plaaslike beleggers. China wou egter nie Trump se aankondiging bevestig nie en het bloot gesê Xi verwelkom TikTok-onderhandelinge. Trump het later die…
Reën is môre op pad na dele van Namibië . 'n Afsny-laagdrukstelsel en oostelike vloei sal na verwagting donderbuie na Kavango-Wes, Otjozondjupa, Khomas, Omaheke en die suidweste bring. Dit is volgens weervoorspeller Olga Tjiueza, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het.
Copps 94.1 het ‘n bedrywige Vrydagaand agter die rug met die Namibiese polisie wat die publiek gewaarsku het om op hul hoede te wees vir inbrekers. Diewe teiken veral elektroniese toerusting in huise wat nie voldoende beveilig is nie. Hoofinspekteur Katrina Naukushu het meer:
Agribank het 'n nuwe skuldverligtingsinisiatief van stapel gestuur wat daarop gemik is om rente wat op meer as 900 miljoen Namibiese dollar se wanpresterende lenings gehef is, te verhaal. Volgens uitvoerende hoof Raphael Karuaihe staan die bank se totale leningsboek tans op ongeveer 3,2 miljard dollar, met meer as 900…
Die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het aan die Madlanga-kommissie gesê sakeman Brown Mogotsi se kennis oor die minister van Polisie, Senzo Mchunu se bewegings, wys dat hulle noue bande het. Mkhwanazi sê Mogotsi het geweet wanneer Mchunu belangrike vergaderings bygewoon het, insluitende vergaderings by die presidensie. Hy voeg by…
Môre is Wêreldskoonmaakdag en die publiek word genooi om deel te neem aan skoonmaakaktiwiteite in hul verskeie dorpe en gehuggies. Die land vier die Verenigde Nasies-aangenome veldtog as 'n kollektiewe poging om rommel en besoedeling te bestry, wat daarop gemik is om die land se reputasie as een van Afrika…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah doen 'n beroep op 'n heroorweging van die rol van die Verenigde Nasies om wêreldwye geskille te besleg, terwyl sy na New York reis vir die 80ste Algemene Vergadering. In 'n toespraak aan die media voor haar vertrek vroeër vanmiddag het die president gewaarsku dat eensydige optrede…
Besighede in Okahandja is in rep en roer oor wat hulle beweer steil, onverklaarbare elektrisiteitstariefverhogings deur die Sentrale Noord Streekselektrisiteitsverspreider, Cenored, is. Sommige sê hul rekeninge het met meer as 25% gestyg, sonder enige vooraf kennisgewing. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van die Okahandja-tariefbetalersvereniging, Orpa, en lid van…
Die Ignite Green Hydrogen (Ignite GH2)-projek is vanoggend amptelik by die Namibiese Instituut vir Mynbou en Tegnologie bekendgestel tydens 'n hoëvlak-EU-besoek. Onder leiding van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie en sleutel-groenwaterstofspelers Zhero en Hyphen, sal die inisiatief 700 werklose gegradueerdes en 40 opleiers in groentegnologie opgradeer. Opleiding begin…
Die landbouminister, John Steenhuisen, sê die G20 Voedselsekerheidstaakmag sal voortgaan om regverdiger landboureëls te eis by die Wêreldhandelsorganisasie wat verwronging sal verminder en die belange van boere in ontwikkelende lande sal beskerm. Die minister sê deur die Afrika-Unie se Agenda 2063 en die raamwerk van die Omvattende Afrika Landbou-ontwikkelingsprogram sal…
Die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, het in die parlement onthul dat daar steeds geen formele formule is vir die toewysing van kapitaalbegrotings aan plaaslike en streeksowerhede nie. In plaas daarvan word toewysings gebaseer op 'n prioriteitslys wat voortgesette meerjarige projekte, noodinfrastruktuurbehoeftes en kritieke instandhoudingswerk insluit. Sankwasa het gesê…
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, vra vir die gebruik van tegnologie om selfoonseine by Pollsmoor-gevangenis te blok. Die burgmeester het hierdie week aan die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, geskryf en kommer uitgespreek dat kriminele aktiwiteite van binne Pollsmoor gekoördineer word. Hill-Lewis sê hy is tydens 'n onlangse…
Te midde van 'n 45 persent styging in voetgangersterftes, belowe die Padowerheid dringende optrede. Woordvoerder Hileni Fillemon het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl projekte soos die 193 miljoen Namibiese dollar Eenhana-Oshigambo-padopgradering aan die gang is, meer gedoen moet word om lewens te beskerm, veral in hoërisiko-gebiede soos Oshikango…
Die Vereniging van Staatsamptenare het die jongste verslag van die Departement van Verdediging en Militêre Veterane oor 20-miljoen Suid-Afrikaanse rand se reiskoste, gekritiseer. In 'n geskrewe antwoord op 'n vraag in die parlement, het minister Angie Motshekga 'n ontleding gegee van hoe sy, haar twee adjunkte en ondersteuningspersoneel belastingbetalers se…
19 Sep 7AM
1 min
2260 – 2280
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.