Die regeringsdagblad New Era se jongste finansiële resultate toon dié koerant het sowat 27,3 miljoen Namibiese dollar uit verkope in die 2034/24-boekjaar verdien. Inligtingsminister Emma Theofelus het Donderdag gesê die kabinet het die voorlegging van New Era se jongste jaarverslag in die parlement goedgekeur.
Ná 'n onlangse vlaag bedankings het die Popular Democratic Movement reageer op bewerings dat dit agteruitgaan met dié dat sy verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering van 16 setels tot slegs 5 gedaal het. Die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, het tydens 'n nuuskonferensie Donderdag gesê die party aktief werk daaraan…
FNB sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om die terugkoopkoers onveranderd op sewe persent te hou, is ʼn teken van ʼn opkomende verbeterde ekonomie. Die prima-uitleenkoers waarteen handelsbanke geld aan klante leen, is ook onveranderd op 10,5 persent. Ester Ochse van FNB sê deur rentekoerse bestendig te…
Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië, Cran, het verbruikers gewaarsku dat die misbruik van telekommunikasiedienste vir onwettige bedrywighede nie ligtelik opgeneem word nie. Dit sluit onder meer die teistering van individue in. Verbruikers wat deur sulke onverantwoordelike optrede geteikein word, moet die polisie kontak, sê Cran-woordvoer Mufaro Nesongano. Hy…
Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië, Cran, het verbruikers gewaarsku dat die misbruik van telekommunikasiedienste vir onwettige bedrywighede nie ligtelik opgeneem word nie. Dit sluit onder meer die teistering van individue in. Verbruikers wat deur sulke onverantwoordelike optrede geteikein word, moet die polisie kontak, sê Cran-woordvoer Mufaro Nesongano. Hy…
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering onderneem om oor die volgende drie jaar meer as 'n duisend-miljard rand te belê om openbare infrastruktuur en landsburgers se lewenstandaard te verbeter. Hy het Donderdag by ʼn geleentheid van die minister van openbare werke en infrastruktuur en LUR’e in Gqeberha in die Oos-Kaap…
President Cyril Ramaphosa het hom verbind om op te tree wanneer die Madlanga-kommissie se bevindings bekendgemaak word. Die kommissie wat bewerings van misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die regstelsel moet ondersoek, het Woensdag begin. Die tussentydse verslae sal na verwagting binne drie tot ses maande beskikbaar wees. Ramaphosa het…
Amerika het vir die sesde keer in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad 'n voorstel geveto wat 'n onmiddellike en permanente skietstilstand in Gaza en die vrylaat van krygsgevangenes wat Hamas aanhou, eis. Al 14 van die ander lede van die VN se magtigste liggaam het ten gunste van die voorstel…
Olifante wat in Mukwe in Kavango-Oos ronddwaal, ontwrig inwoners se lewens, het die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, in die parlement gesê:
Build One South Africa sê die openbaarmaking van die nasionale seksoortrederregister is noodsaaklik om die veiligheid van die kwesbaarstes in die land se beskerm. Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het haar departement opdrag gegee om die nodige wetgewende wysigings aan te bring wat die register vir…
Die Gautengse polisie het bevestig die voorsitter van die Gautengse Nasionale Taxi-alliansie, Thami Moyo, is op die Soweto-snelweg doodgeskiet. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê Moyo het bestuur toe hy deur verdagtes in 'n Toyota-minibustaxi en 'n Toyota Yaris onderskep is. Skote is afgevuur, en Moyo is op die toneel dood…
Die jong Suid-Afrikaanse sterre, Benjamin van Wyk en Tyran Snyders, is onder vyf voorlopers wat gelykop is na die tweede ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle loop op ses onder baansyfer voor saam met hul landgenote, Jaco Prinsloo, Louis Albertse en Pieter Moolman. Hulle is…
Eskom sê hy neem kennis van die Appèlhof se uitspraak wat die omgewingsgoedkeuring vir die voorgestelde gekombineerdesiklus-gaskragaanleg van 3 000 megawatt in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, tersydestel. Die hof het bevind daar was onvoldoende openbare deelname en daar is nie met kwesbare gemeenskappe beraadslaag nie. Hy voer ook aan ander hernubare energiebronne…
Die Amerikaanse president, Donald Trump het tydens 'n nuuskonferensie saam met die Britse Eerste Minister, Sir Keir Starmer, by Chequers gesê, "Putin het hom werklik in die steek gelaat". Volgens Starmer het Putin die laaste paar dae "sy werklike kleure gewys" en sê hulle moet druk op die Russiese president…
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Donderdag tien ambassadeurs vir 'n vierjaartermyn aangestel en globale onstabiliteit as 'n sleuteluitdaging genoem. Tonata Emvula gaan na China, Monica Nashandi na Rusland, en Wilbard Shihepo na die VSA. Ander poste sluit in Sophia Nangula na Swede, Benjamin Kandanga na Finland, Jerobeam Shaanika na Duitsland, Sabine…
Die regering sal aanhou om die doen van sake in Namibië voortdurend te vergemaklik, het president Netumbu Nandi-Ndaitwah Donderdag tydens die bekendstelling van Afrika se eerste geïntegreerde groenwaterstof-aanleg aan die kus onderneem. In haar toespraak, wat deur eerste minister Elijah Ngurare gelewer is, het die president Cleanergy Solutions Namibia se…
NamPost se jongste finansiële resultate toon dié staatsonderneming het inkomste van 1,12 miljard Namibiese dollar in die 2023/24-boekjaar verdien. Inligtingsminister Emma Theofelus het Donderdag gesê die kabinet het die voorlegging van NamPost se jongste jaarverslag in die parlement goedgekeur.
Namibië het Donderdag sy eerste nasionale ekostelsel-kaart bekend gestel. Dit gaan gebruik word as ‘n riglyn vir die beplanning van grondgebruik, bewaringsprioriteite en klimaat-aksie. Dié kaart is deel van Namibië se verpligtinge as deel van die Kunming-Montreal se Globale Raamwerk vir Biodiversiteit. Omgewingsminister Indileni Daniel het meer tydens die bekendstelling…
Die Solidariteit Beweging het 'n uitgebreide gemeenskapsbesoek aan die VSA van stapel gestuur. Die voorsitter, Flip Buys, sê die regering en die ANC het bande met Washington beskadig en kan nie vertrou word om alleen die verhoudings te herstel nie. Die afvaardiging sal federale en staatsrolspelers ontmoet om voorspraak vir…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.