Die Windhoekse brandweer, in samewerking met Namib Mills' Top Score, gaan vlamvertragende verf in ‘n toetsprojek in Windhoek gebruik om die skade van hutbrande in informele nedersettings te verminder. Veertig huise in die Goreangab-informele nedersetting word in die toetsfase gebruik. Die brandweer moes die afgelope boekjaar 569 brande in en…
Swapo-president Netumbo Nandi-Ndaitwah het kommer uitgespreek oor interne petisies en gewaarsku dat selfgesentreerde optrede die party se mandaat verswak. Sy het tydens die sentrale komiteevergadering in Windhoek oor die naweek 'n beroep op lede gedoen om te verenig, die mense sonder versuim te dien en op oorwinning in die komende…
Die tweede fase van die Dâures Green Hydrogen Village in Erongo, die bou van ‘n ammoniumsulfaat-aanleg, is die naweek van stapel gestuur. Dié aanleg sal na verwagting teen volgende jaar kunsmis aan die plaaslike en internasionale mark kan lewer. Die projek gebruik sonkrag om groenwaterstof te produseer, waaruit ammoniak geskep…
Die DA in die Wes-Kaap het sy verbintenis herbevestig om boere te ondersteun met betroubare veeartsenykundige dienste en uitvoergereed-gehalteversekering. Noko Masipa van die DA sê tydens die opknapping van die Provinsiale Veeartsenykundige Laboratorium het die department van landbou slegs 80 persent van sy teikens behaal. Hy sê die opknappingstyd het…
Veediefstal en onwettige veeslagting teister steeds die Gibeon- en Maltahöhe-gebiede. Kosmos 94.1 het met Christiaan Swartbooi van die Gibeon-boerevereniging gepraat wat 'n onlangse toename in aangemelde gevalle uitgelig het. Volgens Swartbooi dosyne gesteelde diere die afgelope weke geslag. Sommige verdagtes is reeds aangekeer. Swartbooi het meer.
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die ervare diplomaat ambassadeur Lineekela Mboti heraangestel as die uitvoerende hoof van die Afrika-ewekniebeoordelingsmeganisme, met ingang 1 September. Met 'n loopbaan wat oor drie dekades strek en hoëprofielposte van Angola tot Brasilië, bring ambassadeur Mboti diepgaande ervaring na die rol. Bradley Tjongarero, hoofbeleidsontleder by die Afrika-ewekniebeoordelingsmeganisme…
Die polisie- en gevangenisdiensvakbond, Popcru, eis 'n dringende ondersoek na die diskriminerende praktyke by SAPD-opleidingskolleges regoor die land. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê die afdelingskommissaris vir opleiding, Bongiwe Zulu, het in Bisho, in die Oos-Kaap vyf lede aan opleiding onttrek bloot op grond van hul gestremdheid. Hy sê Popcru…
Namibië se Roger Surén het Vrydag ‘n silwer medalje in die UCI-wêreldkampioenskap se bergfiets-veldwedren vir juniors in Switserland gewen – die eerste Namibiër om ‘n medalje by die kampioenskap te verower. Afrigter Hans du Toit het ná die wedren met Surén gepraat:
Die polisie in KwaZulu-Natal het vermoedelik die liggaam van die vlieënier Andrew Blackwood-Murray gevind, wat vermis geraak het na 'n vliegtuigongeluk langs die kus van Durban verlede maand tydens 'n lugskou. Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die liggaam is Vrydagaand langs die Bay of Plenty-strand op die Durbanse strandfront gevind:
FNB Wanderers het FNB Unam Saterdag in ‘n naelbyt-semi-finaal met 34-31 geklop om hul plek in die finaal van die JSB Rugby Gold Cup-toernooi te verseker. Wanderers kom volgende naweek teen Grootfontein in die eindstryd te staan. Wanderers se afrigter, Dirk Human, het met Sport Wrap oor hul kanse gesels:
Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê nuwe bilaterale plantveiligheidsooreenkomste word gefinaliseer om toegang tot markte te verkry soos China vir avokado's, Indië vir vars produkte, Japan vir graanprodukte en die Midde-Ooste vir beesvleis. Dit volg na die besluit van die VSA om 'n eensydige tarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse…
Die Kantoor van die Eerste Minister het amptelik sy strategiese plan vir 2025 tot 2030 bekendgestel. Eerste Minister Elijah Ngurare het alle staatsamptenare versoek om die doelwitte van die plan ernstig op te neem en die effektiewe implementering daarvan te verseker. Hy het die belangrikheid van samewerking tussen departemente beklemtoon…
Die Konserwatiewe jeugleier Charlie Kirk se weduwee het hulde gebring aan die “perfekte man”, in haar eerste opmerkings sedert haar man se sluipmoord. Erika Kirk het Vrydagaand in 'n video-uitsending uit haar man se Turning Point USA-kantoor in Phoenix, Arizona gepraat. Sy het gesê dat sy boodskap en missie “sterker,…
Die stand van die Onderwysontwikkelingsfonds het in die parlement ter sprake gekom. PDM-parlementslid Winnie Moongo het skerp kritiek gelewer en bevraagteken waarom die fonds weereens 'n ongunstige ouditmening ontvang het. Sy het die onderwysministerie daarvan beskuldig dat basiese finansiële standaarde nie geïmplementeer word nie. Moongo het gewaarsku dat die fonds…
AfriForum versoek dat die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, besonderhede moet voorsien oor 'n memorandum van verstandhouding wat in Julie tussen Die Departement van Vervoer en die Staatsdrukker gesluit is om rybewyskaarte te druk. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle versoek bevestiging van die ooreenkoms, sy inhoud, en of…
Namibië se olie- en gasbedryf sal slegs toegelaat word om buitelandse kundiges aan te stel indien maatskappye kan bewys dat geen gekwalifiseerde Namibiërs beskikbaar is nie. Dit is volgens Petroleuminspekteur Louise Hangero, wat by die Plaaslike Inhoudbeleidskonsultasie in Walvisbaai gepraat het. Sy sê buitelandse kundiges moet ook Namibiërs oplei om…
Die goewerneur van Utah, Spencer Cox, waarsku dat Amerika 'n waterskeiding-oomblik bereik het na die sluipmoord op die Konserwatiewe jeugleier Charlie Kirk. Hy het op 'n perskonferensie gepraat na die vermeende skieter, Die 22-jarige Tyler Robinson, in hegtenis geneem is. Die grusame video van die skietery vergelyk met die politieke…
Die onderwysministerie gaan landswye konsultasies oor die Wetsontwerp op die onderwysberoep en sy regulasies van 15 September tot 17 Oktober aanbied. Hierdie sessies sal in al 14 streke plaasvind en volgende Maandag in Keetmanshoop in die Karas-streek afskop. Ayesha Wentworth, direkteur vir programme en gehalteversekering in die ministerie, verduidelik.
12 Sep 11AM
1 min
2420 – 2440
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.