Die wet en veldbrande

Loading player...
Namibiese wette laat toe dat 'n persoon wat nalatig is en 'n veldbrand veroorsaak aanspreeklik gehou kan word en selfs krimineel aangekla kan word. Met die droë seisoen in volle swang het brande reeds kop uitgesteek. Die Namibiese Landbou-unie het gesprekke gevoer met boereverenigings oor die regsimplikasies van veldbrande. Johann du Plessis, van die regsfirma Theunissen Louw and Partners sê verskeie kwessies is bespreek.
13 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aussies maak gereed vir Bangladesj-reeks

Krieket: Die snelbouler Scott Boland en die paaltjiewagter Josh Inglis is uit Australië se groep gelaat vir die reeks van twee toetse teen Bangladesj, wat môre in Darwin begin. Die veteraan-draaibouler Nathan Lyon is terug na 'n langtermynbesering en die ervare Mitchell Starc en Josh Hazlewood is ook ingesluit vir…
12 Aug 9AM 1 min

TLU SA loods veldtog teen vuurwapenwet-wysigings

Die landbou-organisasie TLU SA het 'n nasionale veldtog geloods teen voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer. Woordvoerder Caria van der Merwe sê die veranderings kan verreikende gevolge hê vir boere, landelike gemeenskappe en wettige vuurwapeneienaars. Die veldtog het ten doel om te verseker die landbougemeenskap se bekommernisse word gehoor…
12 Aug 9AM 1 min

Solidariteit se Afrikaanse universiteit pla Pandor

Die ANC-ringkop en voormalige minister Naledi Pandor is bekommerd oor die nuwe private, eksklusiewe Afrikaanse Akademia-universiteit wat in Pretoria gebou word. Die nuwe kampus word ontwikkel deur 'n vennootskap tussen Solidariteit en Kanton, teen 'n verwagte koste van meer as drie-miljard Suid-Afrikaanse rand. Die universiteit sal voorsiening maak vir 5…
12 Aug 8AM 1 min

N$1,9 miljard se waterfasiliteite-werke op pad in Katutura

Die Stad Windhoek het groot beleggings in infrastruktuur en dienslewering vir die John Pandeni-kiesafdeling in Katutura uiteengesit, insluitend meer as 1,9 miljard Namibiese dollar vir beplande opgraderings aan waterherwinningsfasiliteite. Die stad se woordvoerder, Lydia Amutenya, beklemtoon dat die opgradering plaasvind terwyl die Stad besig is met openbare konsultasies en samesprekings…
12 Aug 8AM 1 min

Trump sê Hormuz is Amerika s'n

President Donald Trump sê hy vertrou Iran nie en Amerika het algehele beheer oor die Seestraat van Hormuz. Teheran het verklaar hy sal nie die strategiese waterweg oopmaak nie, tensy Washington instem om oorlogsvergoeding te betaal en sanksies te beëindig. Sowat 'n vyfde van die wêreld se olie en vloeibare…
12 Aug 6AM 1 min