Die Stampriet Akwifeer Uraanmynbouvereniging, Sauma, daag Tobie Aupindi, voorsitter van die parlement se Natuurlike Hulpbronnekomitee, uit nadat hy teenkanting teen 'n uraanmyn naby Leonardville afgemaak het as 'n gebrek aan wetenskaplike bewyse. Die vereniging sê daardie bewering is ver van die waarheid – en noem meer as 100 kundigeverslae wat…
Lede van alle vlakke van die Swapo-party, saam met senior regeringsamptenare en familielede, het by Ohakweenyanga Village No. 1 naby Ondangwa vergader vir die staatsbegrafnis van die omstrede voormalige leërhoof, Solomon ‘Jesus’ Hawala. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het Hawala tydens die seremonie geprys vir sy bydraes tydens die bevrydingstryd.
Die vakbondfederasie Saftu is woedend oor die toenemende werksverliese wat elke sektor van die land se ekonomie verwoes. ArcellorMittal SA sluit teen die einde van September wat tot 3 500 werksverliese sal lei. Die Ford Motor-maatskappy in Suid-Afrika gaan 474 mense aflê by sy aanlegte in Pretoria en Gqeberha. Saftu-woordvoerder,…
Gesondheidsowerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo het ʼn uitbreking van die Ebola-virus in die Kasai-provinsie verklaar. In Bulape en Mweka is 28 vermeende gevalle en 15 sterftes, insluitend vier gesondheidswerkers, aangemeld. Die land se vorige Ebola-uitbreking was in April 2022. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeksdirekteur vir Afrika, Mohamed Janabi,…
Die amptelike opposisie IPC doen 'n beroep op 'n hersiening van die skoolvoedingsprogram nadat 'n vermoedelike voedselvergiftigingvoorval meer as 30 leerders in Kavango-Oos in die hospitaal laat beland het. Dit volg op 'n verslag van die onderwysminister, Sanet Steenkamp, wat die voorval by die Maria Mwengere Sekondêre Skool bevestig het…
'n Studie gelei deur die Walter Sisulu Universiteit het ontdek dat die byvoeging van groen Rooibos-ekstrak by kurperkos verbeter die groei van visgetalle en voedingdoeltreffendheid aansienlik. Die proefneming het kommersiële viskos vergelyk met voeding wat met gegiste Rooibos van die bekende rooi of ongegiste groen Rooibos-ekstrak aangevul is. Die studieleier,…
Veldbrande is steeds aan die gang naby Khorixas, met die Braunfels-gebied nou die middelpunt van kommer. Kunene-goewerneur Vipuakuje Muharukua het bevestig dat hoewel die vlamme rondom Fransfontein in bedwang gebring is, die brand in die Braunfels gebied oos en noord-oos versprei. Muharukua het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die…
Die Vryheidsfront Plus sê kinders van minderbevoorregte gemeenskappe in die Wes-Kaap leef weens bendegeweld elke dag in vrees. Tussen Oktober en Desember 2024 het 263 van die 294 bende-verwante moorde in dié provinsie voorgekom, wat neerkom op 90-persent van dié moorde landwyd. Grant Marais van die VF Plus sê dis…
Namibië se nasionale sokkerspan draf om twee-uur vanmiddag uit teen Malawi in Francistown, Botswana in ‘n toernooi om vir die Fifa-wêreldbeker te kwalifiseer, ‘n mylpaal wat die Brave Warriors tot dusver ontwyk het. Afrigter Collin Benjamin deel sy verwagtinge oor vanmiddag se stryd:
Onderwysminister Sanet Steenkamp het in die parlement beskuldigings van die AR-beweging se leier Job Amupanda betwis dat kinders in Kavango-Oos steeds onder bome skoolgaan. Amupanda het video's aanlyn gedeel waar leerders in Ndama onder bome sit vir klasse. Steenkamp het verduidelik dat daar vyf sulke onwettige skole in die dorp…
Die karkas van 'n jong boggelrugwalvis wat in die Walvisbaai-strandmeer dryf, wek kommer en nuuskierigheid. Sterk noordewinde, wat Maandag die eerste keer naby die seiljagklub ervaar is, het die walvis die strandmeer ingestoot, waar dit sedertdien saam met die getye beweeg het. Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia het aan…
Die DA in Gauteng sê die gesondheidsdepartement het duisende sakeondernemings in gevaar gestel deur sy onvermoë om fakture van meer as 5,1 miljard rand binne die vasgestelde 30 dae te betaal. Die departement het in die eerste kwartaal van die 2025/2026-boekjaar 1,621 miljard rand binne die vasgestelde 30 dae betaal…
Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê ondanks sy straf op die wegspringrooster, is hy vuur en vlam vir die naweek se Italiaanse Grand Prix. Dit is sy eerste wedren in Monza vir Ferrari. Die Brit is in verlede naweek se Nederlandse Grand Prix met vyf plekke gestraf vir 'n geelvlag-oortreding…
Die Namibiese fietsryer Nabil Robiati het vroeg Donderdagoggend die uitmergelende Badlands-uithourit van 810 km in Spanje voltooi. Ná die bykans 91 uur wat dit hom geverg het om dié mylpaal by sy lys van vorige uithourit-suksesse te voeg, kon Robiati nie sy opgewondheid beteuel nie:
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering versnel die Grondhervormingsprogram terwyl hy landbouproduksie en belegging in die grond ondersteun. Die adjunkpresident, wat voorsitter is van die inter-ministeriële komitee oor grondhervorming en landbou, het die week ʼn oorsigbesoek aan die Wes-Kaap gebring. Mashatile sê as deel van die projek om staatsgrond oor…
Die Suid-Afrikaner Michael Hollick het vyf onder baansyfer 65 in die tweede ronde van die Sunbet-uitdaging aangeteken om op nege onder baansyfer met een hou voor te loop by die Wild Coast Sun-buiteklub in Port Edward. Sy landgenoot Jacques de Villiers en Joe Knox van Engeland is albei een hou…
Die uurglas is leeg vir kontrakteurs wat sloer met regeringsprojekte, sê eerste minister Elijah Ngurare. Vertragings verhinder nasionale ontwikkeling en benadeel burgers van die land. Ngurare het Donderdag die opening van die Okakarara-handelskou waargeneem.
Die DA in die Wes-Kaap dring aan op dringende optrede terwyl kindermoorde steeds toeneem in die provinsie. Volgens die party het 557 kinders tussen 2022 en verlede jaar hul lewens verloor weens geweldsmisdaad, met 197 wat net verlede jaar vermoor is. Gebiede wat die hardste getref word, sluit in Kraaifontein,…
Die veiligheid van leerders in staatskole is ‘n prioriteit vir die onderwysministerie, sê minister Sanet Steenkamp. Sy het Donderdag in die parlement terugvoering gegee oor die meer as 170 leerders van die Maria Mwengere Sekondêre Skool in Kavango-Oos wat vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het, waarvan 33 in die hospital beland het…
Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê pogings om bek-en-klouseer te bekamp en te beveg word belemmer deur mense wat diere onwettig vervoer. Die minister het Donderdag Rysmierbult buite Ventersdorp in Noordwes besoek om toesig te hou oor ʼn bees-inentingsveldtog. Daar is sowat 274 uitbrekings van die siekte in vyf…
5 Sep 1AM
1 min
2620 – 2640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.