Visepresident Lucia Witbooi sê vir Namibië beteken die Afrika Kontinentale Vryehandelooreenkoms, of AfCFTA, meer as net die uitvoer van rumateriaal. Dit gaan oor waardetoevoeging, het Witbooi by die Intra-Afrika-handelskou in Algiers, Algerië gesê. Namibië was vroeër vanjaar een van eerste lande om die AfCFTA te benuttig toe 45 000 ton…
Dit brand opnuut in die Kunene-streek, met ‘n veldbrand wat in die Khorixas-Braunfels-omgewing woed. Volgens streekgoewerneur Vipuakuje Muharukua versprei die brand vinnig weens sterk wind en koers dit in die rigting van Damara Mopane. Muharukua het Donderdagaand met die NBC gepraat:
Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar Elvis Blue sê gerugte is gemeen dat fondse wat hy met sy Ry vir Skoolgeld-veldtog insamel, net kinders in Suid-Afrika gaan baat. Elvis Blue het Donderdag die Namibiese grens oorgesteek ná hy verlede Saterdag in Stellenbosch weggespring het. Sy tog van 1 500 km gaan in…
Vir die 114de agtereenvolgende jaar is die Grootfontein-skou gereed om kleur, kompetisie en gemeenskapsgees van 17 tot 19 September te bring. Met sterk inskrywings reeds vir beeste, kleinvee en perde, beloof vanjaar se geleentheid opwinding in elke ring. Die amptelike opening begin met 'n sirkus-tema vlotparade deur die dorp. Nita…
Die Vereniging van Staatsamptenare prys Operasie Shanela Twee vir die inhegtenisneming van 308 verdagtes in die Noord-Kaap en sy beslaglegging op vuurwapens, dwelms en onwettige kontant. Die vakbond se woordvoerder, Steve Ledibane, sê hulle onderneem om hul samewerking aan die polisie te gee om staatsamptenare te beskerm, dienste te beveilig…
Die nuut vrygestelde streek-profielverslae van die 2023-sensus bied 'n diepgaande insig in elk van die land se 14 streke. Die data, tot op kiesafdelingvlak, sal na verwagting ontwikkelingsbeplanning lei en help om dienste aan te pas by die unieke behoeftes van elke gemeenskap. Iipumbu Sakaria, korporatiewe kommunikasie-bestuurder by die Namibië…
Die Wes-Kaapse Regering het Tasneem Solomons gelukgewens met die verowering van haar tweede Wêreldmeesterstitel in snoeker vir vroue by die Wêreld-agtbalsnoekerkampioenskappe in Ennis, Ierland. Tasneem, van Bonteheuwel, het ook 'n Ministeriële Aanprysing by die 2024 Wes-Kaapse Sporttoekennings ontvang. Die LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het haar toewyding en…
Tydens vandag se Wêreldbevolkingsdag-herdenking in Windhoek het die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds kommer uitgespreek oor die toenemende aantal vroeë en onbedoelde swangerskappe in Namibië. UNFPA-verteenwoordiger Erika Goldson het die ernstige impak op jong meisies uitgelig – dit beperk hul geleenthede, versterk armoedesiklusse en bedreig hul gesondheid en toekoms.
Die IPC-parlementslid Nelson Kalangula eis antwoorde van die vervoerminister, Veikko Nekundi, oor die ware status van die nuwe nasionale lugredery wat Air Namibia gaan vervang. Die regering het reeds 20 miljoen Namibiese dollar vir 'n haalbaarheidstudie toegeken. Kalangula het in die Nasionale Vergadering gevra waarom die proses in geheimhouding plaasvind.
Terwyl die regering se groen skemas onder hernude fokus kom, sê die president van die Namibiese Nasionale Boere-unie, Adolf Muremi, dat die ware sleutel tot 'n florerende landbousektor by die privaatsektor lê. Muremi voer aan dat daar nie van die regering verwag moet word om die sektor alleen te dra…
Die Stad Windhoek doen 'n beroep op alle inwoners om hul stemme te laat hoor. 'n Reeks openbare raadplegende vergaderings het in die hoofstad se kiesafdelings afgeskop en sal tot 26 Oktober duur. Die doel is om belangrike prestasies uit te lig en die uitdagings wat in die huidige termyn…
'n Vermeende ontvoeringsbaasbrein is in 'n skietery met die polisie en 'n privaat sekuriteitsmaatskappy op die R-21 in Kemptonpark, Gauteng, doodgeskiet. Dit volg op die redding van die ontvoerde sakeman van Benoni, Mohammed Bashir Ahmed Seedat. Die 42-jarige is op 23 Julie deur gewapende mans uit sy sakeonderneming, Rynfield Drapers…
Die groei in privaatsektor kredietverlening het in Julie 5,7 persent jaar-op-jaar beloop, wat die vinnigste groeitempo sedert vroeg-2020 handhaaf. Thazwill Thompson, 'n ontleder van Simonis Storm, sê kredietverlening sal waarskynlik stewig bly, gerugsteun deur lae rentekoerse en bestendige sakelenings. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus rig Thompson egter 'n…
Die vrystelling van die volledige Epstein-lêers is weer in die nuus in Amerika, na 'n protes in Washington om 'n wetsontwerp daaroor te steun. President Donald Trump is tydens 'n perskonferensie in die Withuis daaroor uitgevra, en het dit weer afgemaak as 'n klug deur die Demokrate. Volgens hom gebruik…
Namibië bied tans die Afrika-portuurbeoordelingsmeganisme se bestuursindeks nasionale dialoog en data-bekragtiging werkswinkel in Swakopmund aan. Dit het ten doel om deursigtigheid en bewysgebaseerde besluitneming te versterk deur te verseker dat akkurate data die land se bestuursindeks inlig. Erongo-goewerneur Nathalia Goagoses het in 'n toespraak gesê die werkswinkel handel oor die…
Die regering het bevestig dat strafregtelike stappe volgende week begin teen vyf verdagtes in verband met die Jagersfontein-slykdamramp in die Vrystaat in 2022. Drie mense is dood toe die damwal gebreek het. Die woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die vyf verdagtes, wat in diens…
Te midde van oproepe dat die regering meer daadwerklik moet optree teen Israel weens die humanitêre krisis in Gaza, sê die vooraanstaande politieke ontleder Ndumba Kamwanyah dat Namibië beide 'n wetlike verpligting en 'n morele verantwoordelikheid het om dit te doen. Hy sê as 'n ondertekenaar van talle internasionale menseregte-instrumente…
Die 2025 Alliance for Financial Inclusion Global Policy Forum het vandag amptelik in Swakopmund geopen en meer as 800 afgevaardigdes van regoor die wêreld bymekaargebring. Sentrale banke, finansiële reguleerders, beleidmakers en tegnologie-innoveerders het byeengekom om die toekoms van finansiële insluiting te vorm. Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes…
Mynbou oorheers steeds Namibië se uitvoere. Nuwe syfers van die Namibiese Statistiekagentskap toon dat uraan, diamante en koper in Julie boaan die uitvoerlys was, met vis as die enigste nie-minerale produk onder die groot vyf. Intussen is invoere gelei deur brandstof en voertuie, en heruitvoere het 'n merkbare hupstoot gesien…
4 Sep 6AM
1 min
2640 – 2660
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.