Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings sê hy het 'n gedetailleerde voorlegging ingedien teen die voorgestelde regulasies vir die uitvoer van lewende diere per see. Die departement van landbou het die regulasies in Julie vir openbare kommentaar gepubliseer. Nazareth Appalsamy van die nasionale raad sê daar is geen verpligte embargo in…
Jacques de Villiers van Suid-Afrika het 'n openingsronde van 63 geslaan om die voortou te neem saam met Joe Knox van Engeland op sewe onder baansyfer in die Sonskyntoer se Sunbet Challenge by die Wild Coast Sun-buiteklub in Port Edward. Albert Venter is twee houe agter die voorlopers en hulle…
Die Gautengse regering verskerp sy pogings om onwettige grondbesettings te keer nadat meer as 400 nuwe informele nedersettings regoor die provinsie ontstaan het. Die regering sal sy vennootskappe met munisipaliteite versterk om behuising en grondgebruikreëls toe te pas, terwyl die ontwikkeling van wettige nedersettings verseker word. Premier Panyaza Lesufi het…
President Vladimir Putin sê Rusland is bereid om te veg om al sy doelstellings te bereik as Oekraïne nie tot 'n ooreenkoms oor die oorlog instem nie. Hy het gepraat voordat hy na 'n vyfdaagse besoek uit China vertrek het. Putin het bygevoeg dat die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, hom…
Die regering doen 'n beroep op die private sektor om die leiding te neem in die bevordering van ekonomiese groei. Tydens 'n ministeriële streeksbetrokkenheid in Lüderitz het die minister van handel, Selma Ashipala-Musavyi, 'n beroep gedoen op sterker vennootskappe tussen die regering en die sakewêreld om uitvoere te bevorder, werk…
ActionSA sê sy voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Parlementêre en Provinsiale Mediese Fondse sal verseker dat politici dieselfde realiteite as burgers ervaar, insluitend afhanklikheid van openbare gesondheidsorg. Die party beplan om die wetsontwerp in die Parlement ter tafel te lê om die verpligte lidmaatskap van die eksklusiewe mediese fonds vir lede van…
Die Gautengse regering het die bekendstelling verwelkom van 'n toegewese taakspan vir politieke moorde wat deur die nasionale polisiekommissaris Fanni Masemola aangekondig is. Die spesialis-eenheid, wat binne die volgende maand met sy werk gaan begin, sal hoëprofiel- en polities-sensitiewe sake ondersoek om geweldpleging in die provinsie te voorkom. Premier Panyaza…
Die prys van goud het met meer as 34 persent tot dusver vanjaar gestyg, en Dinsdag 'n nuwe rekordprys van 3 527,50 Amerikaanse dollar per fynons bereik. Ontleders het hul voorspellings geleidelik opwaarts hersien, met vooruitsigte vir die gemiddelde prys vir 2025 wat gestyg het van 2 756 dollar per…
Die Nasionale Verbruikerskommissie het herroepings aangekondig vir Ford Mustang, Ford Transit Custom, BMW X3, Volkswagen Polo en die Hino 500-reeks busse. Dis weens kritieke veiligheidsgebreke, insluitend foutiewe brandstofpompe, lugsakke, kopstukke, agterasse en stuur-onderdele. Phetho Ntaba van die kommissie moedig eienaars aan om hulle voertuie na gemagtigde handelaars te neem vir…
Verskeie slagoffers van Jeffrey Epstein het Woensdag hul steun aangedui vir 'n wetsontwerp om al die lêers wat verband hou met die veroordeelde seksoortreder vry te stel. Anouska de Georgiou, 'n slagoffer van beide Epstein en sy meeloper Ghislaine Maxwell, het buite die Amerikaanse Capitol in Washington gesê die enigste…
Die Vereniging van Uitsaai Veterane begin vandag met opleidingsessies vir 41 leerders van Windhoek Afrikaanse Privaatskool, of WAP. Die groep leerlinge sal meer te wete te kom oor die uitsaaibedryf en die moontlikheid om eendag self agter die mikrofoon in te skuif. Die opleidingsessies word deur verskeie deurwinterde uitsaaiers aangebied…
Onderonsies onder parlementslede het die eerste twee dae van die hervatting van die Nasionale Vergadering se sitting ontwrig en Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila genoop om dit vroeg te verdaag. Dinsdag se vroeë verdaging was ná ‘n hewige debat oor die reëls oor prosedures. Woensdag het Kuugongelwa-Amadhila verrigtinge verdaag ná ‘n stryery…
Terwyl die regering voortgaan met planne om weer 'n nasionale lugredery op die been te bring, wag voormalige werknemers van Air Namibia steeds op hul volle skeidingspakkette. Dit is reeds meer as vier jaar nadat die nasionale lugredery in Februarie 2021 ophou vlieg het. Kosmos 94.1 Nuus het met Renier…
Die afwesigheid van ‘n omvattende raamwerk om lees op pre-primêre en primêre vlak te bevorder, het aansienlik bygedra tot lae geletterheid in basiese onderwys in Namibië, sê onderwysminister Sanet Steenkamp. Sy het onlangs in die parlement gesê meer as tweederdes van graad 3-leerlinge in die land kan nie ’n eenvoudige…
AfriForum en die Suider-Afrika Agri-inisiatief, Saai, het planne aangekondig om die “Kill the Boer”-kreet internasionaal te beveg en vra geteikende sanksies teen die leier van die EFF, Julius Malema. Hulle het die Malema-dossier bekend gestel wat besonderhede gee van haatspraak, korrupsie en die ondersteuning van terrorisme. Ernst van Zyl van…
Die burgemeester van Mariental, Cherien Kock, het die tragiese ongeluk wat die lewens van 16 mense geëis het, insluitend 14 lede van die Namibiese Korrektiewe Diens en Polisie, tesame met twee burgerlikes, beskryf as 'n tragedie wat die hele Namibië raak. Sy het haar innige meegevoel betuig tydens 'n massa-gedenkdiens…
SAT-CARe, wat staan vir Southern African Trees for Climate Adaptation and Resilience, stel ʼn toeganklike instrument bekend wat riglyne verskaf oor die slim gebruik van inheemse bome in Suider-Afrika. Professor Guy Midgley van die Universiteit Stellenbosch sê dié digitale instrument maak staat op data oor klimaat, grond en die omgewing,…
Die Regshulpsentrum, in samewerking met die MPower Community Trust en die Diversity Alliance of Namibia, het amptelik Namibië se eerste LGBT-regsgeletterdheid handboek bekendgestel. Onder die tema "Empowering and Arming our Gender-Diverse Human Right Defenders", beskryf die publikasie belangrike grondwetlike beskermings wat op alle Namibiërs van toepassing is. Yolande Engelbrecht, koördineerder…
3 Sep 10AM
1 min
2660 – 2680
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.