Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
3880 – 3900

Namcor: Peter Elindi steeds op getuiebank

Die Namcor-borgaansoek deur nege verdagtes duur voort. Peter Elindi het vanoggend getuig dat Enercon nege vulstasies by die verdedigingsministerie se persele gebou het met sy eie belegging van 58 miljoen Namibiese dollar, onder 'n 15-jaar kosteverhalingsooreenkoms. Hy het gesê die stasies is later aan Namcor vir 53 miljoen dollar verkoop,…
16 Jul 2025 6AM 1 min

Steenkamp rig ernstige boodskap aan onderwysers

Onderwysminister Sanet Steenkamp doen 'n beroep op alle onderwysers en leerders om persoonlike doelwitte te stel en hul vordering dop te hou. Sy beklemtoon die belangrikheid van respek en dissipline namate skole vir die laaste semester heropen.
16 Jul 2025 5AM 1 min

Padongelukkefonds se raad ontbind

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die Padongelukkefonds se raad ontbind, weens bestuursmislukkings en operasionele onbestendigheid. Daar is kommer oor die uitvoerende hoof Collins Letsoalo se skorsing wat roekeloos hanteer is, duur litigasie en die versuim om kritieke uitvoerende rolle te vul. 'n Tussentydse rekeningkundige gesag sal aangestel word,…
16 Jul 2025 5AM 1 min

Mike Johnson wil ook Epstein-lys sien

Die Republikeinse Speaker van die Huis van Verteenwoordigers, Mike Johnson, het hom by oproepe aangesluit dat die Departement van Justisie dokumente wat verband hou met die onteerde finansier Jeffrey Epstein, openbaar gemaak moet word. Die aanklaer-generaal Pam Bondi gesê daar is geen bewyse dat Epstein 'n kliëntelys gehou het of…
16 Jul 2025 4AM 1 min

Airlink se Jhb-WB-roete verwelkom

Airlink bied vanaf 4 Julie 'n tweede daaglikse vlug tussen Walvisbaai en Johannesburg aan. Die bykomende vlugte bied reisigers meer buigsaamheid tussen die Namibiese kus en die ekonomiese sentrum van Suid-Afrika, wat toerisme en sakereise ondersteun. Die nuwe skedule bied nou twee vlugte per dag in albei rigtings. Kosmos 94.1…
16 Jul 2025 4AM 1 min

AfriForum vra Cachalia om plaasaanvalle as voorkeurmisdaad te klassifiseer

AfriForum doen 'n beroep op die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, om plaasaanvalle as nasionale voorkeurmisdade te klassifiseer ná die wrede moord op die 79-jarige Valery Ezner op 'n plaas in Van Wyksdorp. Jacques Broodryk van AfriForum sê plaasmoorde word toenemend gewelddadig, is geteiken en strategies, en hou 'n…
16 Jul 2025 3AM 1 min

Trump praat oor Butler-skietery

Amerikaanse president Donald Trump het vir die eerste keer in 'n onderhoud kommentaar gelewer op die sluipmoord-aanval op hom in Butler, Pennsilvanië op 13 Julie 2024. Trump was op die verhoog by 'n verkiesingsaamtrek toe die 20-jarige Thomas Matthew Crooks op hom geskiet en in die regter-oor beseer het. Trump…
16 Jul 2025 3AM 1 min

Cyril moet sê oor diplomatieke strategie vir VSA

Die GOOD-party sê president Cyril Ramaphosa moet dringend die volk oor die diplomatieke strategie vir die VSA inlig. Dit volg na die DA se bewerings dat Ramaphosa maande reeds geweet het dat die spesiale gesant, voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, 'n visum deur Amerika geweier is. Die sekretaris-generaal van…
16 Jul 2025 2AM 1 min

Aanspreeklikheid in bestuur van natuurlike hulpbronne ononderhandelbaar

Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne, dr. Tobie Aupindi, sê aanspreeklikheid in die bestuur van die land se natuurlike hulpbronne is ononderhandelbaar. Hy het tydens 'n belanghebbendes-werkswinkel in Swakopmund beklemtoon dat daar verder as oppervlakkige samewerking beweeg en ten volle met die parlement geskakel moet word…
16 Jul 2025 2AM 1 min

Namibië moet bankvas agter Welwitschias staan

Namibië en Zimbabwe speel Saterdag in die eindstryd van die 2025 Rugby Afrikabeker nadat die twee spanne hul halfeindronde wedstryde teen onderskeidelik Algerië en Kenia in Kampala, Uganda, gewen het. Saterdag kan daar net een wees – die wenner kwalifiseer vir 'n plek by die Mansrugby Wêreldbeker in Australië in…
16 Jul 2025 1AM 1 min

Meer as 7 000 Afghane is in VK hervestig na inligting uitlek

Duisende Afghaanse mense waarvan sommige saam met Britse magte in Afghanistan gewerk het, is in die geheim in die Verenigde Koninkryk hervestig nadat ʼn Britse amptenaar in 2022 per ongeluk hul inligting laat uitlek het. Die flater het die persoonlike inligting van byna 20 000 mense bekendgemaak en stel hulle…
16 Jul 2025 1AM 1 min

Cyril weet sedert Mei Mcebisi is deur VSA verwerp

Die DA sê president Cyril Ramaphosa het maande gelede reeds geweet Amerika het 'n diplomatieke visum aan die voormalige adjunkminister van Finansies, Mcebisi Jonas, geweier en dat sy geloofsbriewe reeds in Mei verwerp is. Hy het egter steeds Suid-Afrika se amptelike gesant gebly en uit die land vertrek sonder voldoende…
16 Jul 2025 1AM 1 min

CCF sê oor Nabha-jagluiperdwyfie

Dr. Laurie Marker van die Cheetah Conservation Fund het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Nabha, die agtjarige wyfiejagluiperd in Indië se Kuno Nasionale Park, wat Saterdag vrek is aan beserings wat sy na bewering 'n week gelede tydens 'n jagtog opgedoen het. Volgens owerhede was een van haar bene…
16 Jul 2025 1AM 1 min

Namcor: ACC op soek na Malima, sê hy is in Angola

Die Teenkorrupsie-kommissie het 'n lasbrief vir inhegtenisname vir Namcor-korrupsieverdagte Victor Malima bevestig. Malima is die eienaar van Eco Fuels en voormalige besturende direkteur van Enercon, wat met die Namcor-bedrogskandaal verbind word. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, Josephine Nghituwamata gepraat, wat sê hy is vermoedelik in Angola.
16 Jul 2025 12AM 1 min

Vraag na plaaslike speenkwalwers bly hoog

Namibië is amptelik in die speenkalf veilingseisoen, met vraag wat sterk bly veral met bek-en-klouseer in die buurland. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die bemarking bestuurder by die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad oor die pryse gesels. Hy sê vraag na slagbees bly ook hoog.
16 Jul 2025 12AM 1 min

SA se kankermedisyne van hoë gehalte

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte sê alle plaaslik-beskikbare kankermedisyne voldoen aan die vereiste gehalte-, veiligheids- en doeltreffendheidstandaarde. Dit volg nadat Lancet se internasionale gesondheids-opname swak gehalte teen-kankermiddels in lande soos Ethiopië, Kenia, Malawi en Kameroen geïdentifiseer het. Die owerheid se woordvoerder, Yuven Gounden, bevestig die spesifieke handelsmerke in die studie…
15 Jul 2025 11PM 1 min

VN het kommer oor stamgevegte in Sirië

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het sy diepe kommer uitgespreek oor sektariese gevegte tussen Droese-milisies en Bedoeïne-stamme in Sirië. Sowat 100 mense is dood in die gevegte wat Sondag in die oorwegend Droese-stad Suweida uitgebreek het. Siriese sekuriteitsmagte het Dinsdag die stad binnegegaan na 'n wapenstilstand uitgeroep…
15 Jul 2025 11PM 1 min
3880 – 3900