Iran: Trump sê hy het nie Xi se hulp nodig nie

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê hy het nie president Xi Jinping van China se hulp nodig om die oorlog met Iran te beëindig nie. Die leiers van die wêreld se twee grootste ekonomieë voer môre die eerste keer in meer as ses maande regstreekse gesprekke. Trump kom vanaand in Beijing aan – die eerste Amerikaanse president in meer as ʼn dekade wat China besoek. China maak op Iran staat vir goedkoop olie. Trump sê hy sal die oorlog met president Xi bespreek:
13 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibiër deel drie dekades se Angola-ervarings

Terwyl president Netumbo Nandi-Ndaitwah tans op 'n staatsbesoek aan Angola is, met die doel om bande tussen die twee buurlande te versterk, gesels Kosmos 94.1 Nuus met 'n Namibiër wat Angola al drie dekades lank sy tuiste noem. Stefan van Wyk deel sy ervarings van lewe en werk oorkant die…
19 Oct 6AM 1 min

Namises waarsku oor geweld en ekonomiese uitsluiting

Terwyl Namibië wêreldwyd die vierde plek beklee met 'n geslote geslagsgaping van 84,5 persent, het die menseregte-aktivis Rosa Namises gewaarsku dat plaaslike realiteite 'n ander storie van ernstige geweld en ekonomiese uitsluiting vertel. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Namises daarop aangedring dat politieke verbintenisse moet lei tot…
19 Oct 6AM 1 min

Paaie-owerheid verskerp beheer oor ingevoerde voertuie

Die Paaie-owerheid waarsku dat voertuie wat uit Hongkong ingevoer word, slegs geregistreer sal word indien hul registrasie- en stawende dokumente suksesvol deur die betrokke owerhede geverifieer is. Die owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, sê daar was 'n toename in aansoeke wat onverifieerbare of bedrieglike dokumentasie behels, en beklemtoon dat sodanige…
19 Oct 6AM 1 min

DA sê Eskom moet rekenskap gee oor kontrakte van N$ 41,4-miljard

Die DA sê Eskom se leierskap moet rekenskap gee oor bykomende werk wat deur bestaande kontrakte eerder as mededingende tenders toegeken is. Sunday Times het bevind die kragverskaffer was tussen Oktober 2023 en Maart vanjaar verantwoordelik vir byna 60-persent van die 69,6-miljard-rand se kontrakuitbreidings in nasionale departemente en staatsinstellings. DA-woordvoerder…
19 Oct 6AM 1 min

NCCI steun besighede wat deur BKS geraak word

Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Vetumbuavi Mungunda, sê maniere gaan gevind moet word om besighede te ondersteun wat deur die bek-en-klouseer-uitbreking in die land geraak word. Mungunda het tydens die NCCI se oorhandiging van een en ‘n half miljoen Namibiese dollar aan die BKS-taakspan gesê die NCCI sal…
19 Oct 5AM 1 min