Toerismeminister Patricia de Lille sê Suid-Afrika sal hierdie naweek meer as 42 bevestigde staatshoofde verwelkom vir die G20-leiersberaad. Sy beklemtoon meer as 135 sakegeleenthede en -vergaderings het reeds toerisme in al nege provinsies 'n hupstoot gegee sedert die land die G20-presidentskap oorgeneem het. De Lille sê die sektor het verlede…
Minstens 25 Palestyne is Woensdag dood in vier Israeliese lugaanvalle in 'n deel van Gaza onder Hamas-beheer. Medici sê 10 mense is dood in die Gazastad-voorstad Zeitoun, twee in Shejaia-voorstad en die res in twee afsonderlike aanvalle in Khan Younis. Die Israeliese weermag sê sy magte het Hamas-teikens getref nadat…
Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die nuutste vleispryse bekend gemaak. Die fokus is op speenkalwers wat hoog in vraag is met aanbod wat laag bly. Die lamsprys is ook baie hoog. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se bemarkingbestuurder, Desmond Cloete, gepraat.
Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het die tweede agtereenvolgende maand gestyg en in Oktober 3,6-persent bereik, die hoogste in langer as 'n jaar. Voedselinflasie het gedaal tot 3,9-persent, met stadiger stygings in die prys van groente, vrugte, drankies, suiker en vleis, hoewel sekere basiese goedere soos graankosse, vis, olie en suiwelprodukte…
Old Mutual het deur die Old Mutual-stigting 300 000 Namibiese dollar belê in inisiatiewe wat gemeenskappe landwyd ophef. Gesondheids- en welstandspogings het voordeel getrek sowel as onderwys en die Kankervereniging. Gemeenskapsprojekte soos Cup4Can Swakopmund en Round Table Welwitschia het ook ondersteuning ontvang. Patricia Olivier, voorsitter van die Old Mutual-stigting:
Die Verkiesingskommissie sê stembriefverskille is reggestel nadat sommige kiesafdelings en plaaslike owerhede in verskeie streke verkeerde getalle ontvang het. Die kommissie sê alle sensitiewe verkiesingsmateriaal sal vanaf vandag onder polisiebegeleiding na die betrokke gebiede gestuur word. Frederico Links van Fact Check Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kommissie…
Namibië het in September 43,9 persent van sy totale elektrisiteitsvoorraad plaaslik opgewek, terwyl invoere die oorblywende 56,1 persent uitgemaak het. Die Namibiese Statistiekagentskap se jongste verslag wys dat die Elektrisiteitsbronne-saamgestelde indeks met 8,8 persent in September gestyg het, van 'n 5,7 persent afname wat in Augustus aangeteken is. Kosmos 94.1…
Die Bank van Namibië het Suid-Afrika se onlangse aanpassing van sy inflasie-teiken verwelkom. Die wysiging verlaag die vorige teikenreeks van 3 tot 6 persent na ’n vaste 3 persent, met ’n toleransieband van 1 persentasiepunt aan weerskante. As lid van die Algemene Monetêregebied sal Namibia direk die uitwerking van hierdie…
Cosatu verwelkom die voormalige minister van Openbare Ondernemings, Malusi Gigaba, se gewilligheid om sy volle samewerking aan die howe en wetstoepassing te bied. Hy het Dinsdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie wat verband hou met Transnet. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê gegewe Gigaba se senior…
Die Verkiesingskommissie bevestig dat teenstrydighede in die stembriewe aangespreek en gekorrigeer is. Daar was onder- en oortoewysing van stembriewe aan sommige stemlokale. Verder, duplikate is gevind in stembriewe wat aangewys is vir beide streeksrade en plaaslike owerhede. Kosmos 94.1 Nuus het met woordvoerder De Wet Siluka gepraat oor die jongste.
Die Departement van Water en Sanitasie het nog drie sluise van die Vaaldam oopgemaak om die uitvloei verder te verhoog nadat vyf sluise Maandag geopen is. Dit is as gevolg van die aanhoudende reën in Gauteng en Mpumalanga. Die departement se woordvoerder, Mandla Mathebula, sê die opening van agt sluise…
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die G20-leiersberaad sal selfs in Amerika se afwesigheid ʼn verklaring aanvaar. Hy het gister deelgeneem aan die eerste Bloomberg Africa-sakeberaad in Johannesburg. Amerika boikot die beraad blykbaar oor die vermeende volksmoord op wit Afrikaner-boere in Suid-Afrika. Lamola erken dit gaan…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die toename in terroristegroepe is nie net 'n werklikheid in Afrika nie, maar wêreldwyd. Volgens die Globale Terreur-aanwyser is vyf van die tien lande wat die meeste deur terrorisme geraak word, in die Sahel-streek, wat verantwoordelik is vir 19-persent van wêreldwye terreur-aanvalle…
Meatco het aangekondig dat hulle Donderdag twee vraghouers natblou velle vanaf hul Okapuka-looiery na Mombasa, Kenia, deur die hawe van Walvisbaai sal verskeep. Die tussentydse uitvoerende hoof, Albertus Aochamub, sê dit dui op ware momentum om die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied se mark van 3,4 triljoen Amerikaanse dollar met meer as 1,3…
Die NBC het die voortdurende stamgebonde-aanvalle teen Johanna Swartbooi, Mej. Namibië en amptelike verteenwoordiger by die 2025 Mej. Heelal-kompetisie, veroordeel. Die kroning vind Vrydag plaas. Sedert sy gekroon is het Swartbooi egter diskriminerende opmerkings in die gesig gestaar, veral teen haar Khoisan-afkoms. NBC-direkteur-generaal Stanley Similo het aan Kosmos 94.1 Nuus…
Terwyl Suid-Afrikaanse motoriste hulle gereed maak vir hoër brandstofpryse in Desember, sal die komitee wat die pryse bepaal volgende week vergader. Onderverhalings is in beide September en Oktober aangekondig wat deur die Sentrale Energiefonds geabsorbeer is. Kosmos 94.1 Nuus het met Stella-Maris Amadhila, 'n ekonoom by die energie-ministerie, gepraat.
Die ANC doen 'n beroep op die parlement om die Beskermingswetsontwerp vir Verklikkers te bespoedig om die veiligheid van informante te verseker. Die party sê die beskerming van verklikkers is noodsaaklik om korrupsie uit te roei, wetstoepassing te beskerm en staatsinstellings te versterk. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula,…
Die atmosfeer in die perskonferensie in die Oval Office ten tyde van Amerikaanse president Donald Trump en die kroonprins van Saoedi-Arabië, Mohammed bin Salman se ontmoeting, was by tye vyandig. Trump het 'n verslaggewer van ABC News wat hom gevra het hoekom hy nie die Epstein lêers onmiddellik vrystel nie…
Reaksie word van die publiek ontvang oor Bipa wat aan 'n Korporatiewe Wetsontwerp werk om 'n meer bemagtigende sake-omgewing te skep. Dit sal twee belangrike sakewette, die Maatskappyewet en die Wet op Beslote Korporasies, hersien en vervang. Lede van die publiek sê dit sal meeste van die bevoegdheid in Bipa…
19 Nov 3AM
1 min
400 – 420
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.