Namibië se nasionale netbalspan, die Desert Jewels, het suksesvol vir die 2027-netbalwêreldbeker in Sydney, Australië, gekwalifiseer. Namibië het tweede in Groep A geëindig ná oorweldigende oorwinnings in die groepfase oor Botswana, Zimbabwe en Tanzanië tydens die 2026-Afrikanetbalbeker. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofafrigter Julene Meyer gepraat, wat sê dat hierdie…
Gemeenskapsaktiviste in Windhoek is ontevrede met die wyse waarop die stad hul protesaksie vir beter dienste hanteer het. Die aktivis Shaun Gariseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Stad Windhoek se inisiatief vir gratis busvervoer oor die naweek nie daarin geslaag het om die gemeenskappe te bereik wat die…
Die polisie stel ondersoek in nadat die liggaam van 'n elfde vrou gister langs 'n spoorlyn in Struisbult, Springs, in Ekurhuleni gevind is. Die jongste vonds volg te midde van 'n voortgesette ondersoek na 'n reeks liggame wat die afgelope maande regoor Ekurhuleni gevind is. Die Gautengse polisie-kommissaris, Tommy Mthombeni,…
Die Erongo-streeks goewerneur, Natalia |Goagoses, sê minerale-, olie- en gas-, en mariene-hulpbronne beteken nie veel vir ‘n land as sy inwoners nie daarvan baat nie. Sy het tydens ‘n sessie by die Internasionale Forum oor Afrika-Karibiese Leierskap in New York gepraat en gesê die ontgin en uitvoer van die hulpbronne…
Die Britse minister van Verdediging, Wes Streeting, sê teen-terrorisme-polisie lei die ondersoek na ʼn ernstige voorval naby die Fairford Lugmagbasis in Gloucestershire. Vyf mans oor die naweek vasgetrek vir beweerde voorbereiding om terreur te pleeg. Die Amerikaanse weermag het dit onlangs gebruik as basis vir verdedigings-aanvalle teen Iran.
Die dodetal na die massaskietery by die Wedela-taverne aan die Gautengse Wes-Rand het tot 18 gestyg nadat ʼn slagoffer in die hospitaal dood is. Agt mans met AK-47-gewere en pistole het Saterdagaand toegeslaan en 13 mans en vier vroue is op die toneel dood. Sommige mense is blykbaar deursoek en…
In die buurland vra die DA onmiddellike samewerking tussen Misdaadintelligensie, gespesialiseerde speurders, die Valke, en forensiese kenners om die netwerke te identifiseer en te ontmantel wat verantwoordelik is vir die land se massaskietvoorvalle, bende-aktiwiteite en afpersing. Dit volg na massaskietvoorvalle die afgelope naweek in Gauteng en die Wes-Kaap waarin 27…
Boere in die Noorde van die land sê hulle is verheug met die verslapping van bek-en-klouseer-inperkings wat nou in werking is. Boere noord van die rooilyn kan nou weer hul diere tussen plase in die omgewing beweeg met vleis-verkope wat ook weer toegelaat word. Die vervoer van gesplete-hoef diere en…
In nuus van oorsee: Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Mike Waltz, beskuldig Iran dat hy te kwader trou onderhandel. President Donald Trump verwerp Teheran se jongste voorstel om die Straat van Hormoes binne ʼn week te heropen en kern-onderhandelings te hervat in ruil daarvoor dat Amerika sy vloot…
Die Suid Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die naweek se massa-skietvoorvalle in die land veroordeel. Sewentien mense is by 'n taverne in Wedela aan die Wes-Rand doodgeskiet, terwyl tien mense oor die naweek in Lwandle, Kaapstad, doodgeskiet is. Intussen is elf mense verlede week in 'n massa-skietvoorval by 'n huis…
Springbok-afrigter Rassie Erasmus het geweier om verskonings te maak vir hul nederlaag van 42-38 teen die Wallabies gister in Perth. Die Bokke was teen rustyd met 24-17 agter en ná 63 minute met 42-17 agter, voordat 'n laat herlewing hulle binne vier punte van hul teenstanders gebring het. Dit was…
Die Suid Afrikaanse departement van landbou vra inwoners om te help met die stryd teen hondsdolheid deur verantwoordelike troeteldier-besit, in-ent-ing en vinnige optrede ná moontlike besmetting. Die land gedenk Wêreldhondsdolheidsdag onder die tema "Sterker Saam". Die woordvoerder Prince Mtsweni sê 15 mense is sedert Januarie aan hondsdolheid dood. Hy sê…
Die Namibiese Polisie doen 'n beroep op die publiek om vermiste persone onmiddellik aan te meld en sê daar is geen verpligte wagtydperk om 'n verslag amptelik in te dien nie. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê dat vinnige aanmelding noodsaaklik is, veral wanneer minderjariges of onbekende persone betrokke is.Hy het met…
Motocross: Swakopmund was die afgelope naweek die gasheer vir die sesde been van die MX-kampionskappe. Nagoeg 50 ryers het in klasse, wat wissel van 50cc to veterane en King of the Dirt, deelgeneem. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was daar en doen verslag:
Intussen waarsku die minister van inligting- en kommunikasietegnologie, Emma Theofelus, dat hoewel daar geen verdere BKS-infeksies aangemeld is nie, boere en die res van die land nie nou te gerus moet wees nie. Sy het met die nasionale uitsaaier gepraat en sê die siekte kan ook deur die beweging van…
Die Namibiese Landbou Unie sê hy verwelkom die gedeeltelike verslapping van die bek-en-klouseer handel- en vervoer inperkings wat verlede week landwyd ingestel is. Die ministerie van landbou sê voorlopige opsporing en inspeksies dui daarop dat die uitbraak steeds tot die //Kharas-streek beperk is, sonder enige bewyse van verspreiding noord van…
Die DA het 'n debat in die Parlement vir Dinsdag verkry oor die vootslepende geweldsmisdaadkrisis in Ekurhuleni. Dit volg op die ontdekking van 'n vrou se liggaam Saterdag in Tembisa-Suid, wat die totaal van vroue wat die afgelope twee maande in die gebied vermoor is, op tien te staan bring…
Die Stad Windhoek doen 'n beroep op swaarvoertuigoperateurs om hul toegangspermitte te bekom voordat streng kameramonitering en -afdwinging op Donderdag 1 Oktober begin. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya het beklemtoon dat aansoekvorms en kaarte van beperkte gebiede op die munisipale webwerf beskikbaar is, en waarsku bestuurders dat die tyd min raak om…
Die polisie in Gauteng is op soek na agt onbekende gewapende mans ná 'n dodelike skietvoorval Saterdagaand by 'n sjebien in Wedela-Uitbreiding 3, in die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit. Altesaam 17 mense is doodgeskiet en 15 gewond. Kliënte het binne en buite die sjebien gekuier toe die verdagtes opgedaag en op die mense…
27 Sep 6AM
1 min
380 – 400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.