Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
360 – 380

BKS affekteer ook toerisme-sektor

Die uitbreking van bek-en-klouseer in die Suide ontwrig toerisme-logistiek, aangesien streng beperkings op die vervoer van vleis- en suiwelprodukte toeriste wat selfsorg-akkommodasie gebruik, sowel as kampeerders raak. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging gesels.
29 Sep 12AM 1 min

Madlanga-kommissie hoor nog getuienis

In Suid-Afrika sê die getuienisleier van die Madlanga-kommissie, advokaat Matthew Chaskalson, WhatsApp-boodskappe toon hoe taxi-base Oupa Sindane en Joe Sibanyoni glo beskermingsfooie van konstruksiemaatskappye eis. Chaskalson het selfoonboodskappe voorgelê wat na bewering verwys na gedwonge betalings en dreigemente om werksaamhede te ontwrig. In een gesprek spreek Sindane teleurstelling uit oor…
28 Sep 11PM 1 min

Moontlike VSA-Iran vredesooreenkoms affekteer oliepryse

Die prys van Brent-ru-olie verhandel steeds in die omgewing van 100 Amerikaanse dollar per vat, nadat dit met 2 persent gestyg het toe Amerikaanse president Donald Trump 'n nuwe Iranse vredesvoorstel verwerp het. Dit sou onder andere die Straat van Hormuz weer heropen. Trump het later gesê Amerikaanse amptenare sal…
28 Sep 11PM 1 min

Old Mutual Namibia borg 12de Navachab Halfmarathon

Old Mutual Namibia het die 12de Navachab Halfmarathon met 20 000 Namibiese dollar geborg. Die finansiële inspuiting van Old Mutual Corporate Segment en Short-Term Insurance ondersteun drie wedrenafstande, wat topatlete, gesinne en streekleiers rondom gesonde leefstyl verenig. Die hoof van die korporatiewe segment, Isaack Veii:
28 Sep 11AM 1 min

ǁkharas-polisie verskerp teen-BKS aksies

Die polisie in die ǁKharas-streek verskerp operasies om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp, na aanleiding van 'n uitbreking wat in die gebied aangemeld is. Adjunk-polisiekommissaris Nicodemus Mbango sê die afdwinging van regulasies en beheermaatreëls vir bek-en-klouseer is in Karasburg verskerp. Hy het vandag tydens 'n vergadering met belanghebbendes in…
28 Sep 11AM 1 min

Namibië, Finland herbevestig akademiese vennootskap

Namibië en Finland het hul langdurige akademiese vennootskap herbevestig om navorsing, innovasie en vaardigheidsontwikkeling te bevorder. Tydens 'n netwerkonthaal in Windhoek het die Finse ambassadeur, Katja Kalamäki, beklemtoon dat opvoedkundige bande tussen die twee nasies verder strek as die verkryging van formele kwalifikasies, na die bevordering van kreatiwiteit en leergierigheid.
28 Sep 10AM 1 min

NNN se missie by VN uiteengesit

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar program by die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York afgehandel en haar laaste verpligtinge benut om haar boodskap oor Namibië se ontwikkeling, belegging en wêreldwye vennootskappe te versterk. Die presidensiële woordvoerder, Jonas Mbambo, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat haar…
28 Sep 10AM 1 min

Namibiërs, ons moet Angolese kinders help: Regshulpsentrum

Die kwessie van Angolese kinders wat langs Namibiese strate en by besige kruisings houtlepels verkoop en bedel, wek steeds kommer. Die Regshulpsentrum doen nou 'n beroep op optrede om kinders te beskerm wat langs die pad goedere verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met die sentrum se direkteur, Toni Hancox, gesels…
28 Sep 10AM 1 min

Bly weg van robbe weens hondsdolheid-gevaar

Dit is vandag Wêreldhondsdolheiddag, en CapeNature vra strandgangers om nooit pelsrobbe te nader, aan hulle te raak of te voer nie, en onmiddellik op te tree indien hulle gebyt of aan speeksel blootgestel word. Woordvoerder Luke Folb sê minstens 176 mense is deur robbe gebyt sedert hondsdolheid einde verlede jaar…
28 Sep 9AM 1 min

Energieministerie tob nog oor brandstofpryse

Die energieministerie sal na verwagting later vandeesweek die amptelike aanpassings van brandstofpryse vir Oktober bekendmaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, 'n petroleumekonoom by die ministerie gepraat wat sê die komende aanpassings sal wêreldwye en plaaslike ontwikkelings in die energie- en ekonomiese omgewing weerspieël.
28 Sep 9AM 1 min

GOOD vra oplossings vir geweld ná 16 mense oor naweek sterf

Die GOOD-party in Kaapstad vra ware en blywende oplossings vir geweld en sê elke gemeenskap het die reg op ʼn veilige en vreedsame woonbuurt. Sestien mense is die naweek in die stad doodgeskiet - tien in 'n vermaaklikheidsplek in Lwandle. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die huidige benadering om…
28 Sep 8AM 1 min

SUN steun planne vir Namcol as oop universiteit

Die Studentevereniging van Namibië verwelkom planne om Namcol in 'n oop universiteit te omskep ten einde toegang tot tersiêre onderwys uit te brei, maar doen 'n beroep op die owerhede om sy dienste vir die verbetering van skoolpunte te behou. Die voorsitter van die SUN-raad, Bernard Kavau, sê dat Namcol…
28 Sep 8AM 1 min

SA Internasionale Betrekkinge spandeer R830m op ambassades

Die DA sê die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bekendgemaak dat die geraamde koste vir die opknapping van Suid-Afrika se ambassade-geboue en ander buitelandse bates op 830 miljoen Suid Afrikaanse rand te staan kom. Die party se Ryan Smith sê verslae oor die toestand daarvan, wat…
28 Sep 6AM 1 min

Landboukundige Wallie Roux reageer op BKS-inperkings

Die regering se besluit om beperkings gedeeltelik op te hef ná die uitbreking van bek-en-klouseer word steeds regoor verskeie sektore verwelkom. Die landbouministerie sê die uitbreking bly gelokaliseerd, en vee wat na Otjozondjupa nagespoor is, het negatief getoets. Beperkings op die beweging van diere noord van die veeartsenykordon is nou…
28 Sep 6AM 1 min

"Lex Libertas Witkruisprojek 'n sukses"

Die Lex Libertas Witkruisprojek het sy geleentheid die afgelope naweek by die National Mall in Washington, D.C. afgesluit, waar ongeveer 3 000 wit kruise vertoon is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ernst Roets, die uitvoerende direkteur van Lex Libertas gepraat. Hy sê die geleentheid was 'n sukses en lig…
28 Sep 6AM 1 min

Vrae rondom ooreenkoms tussen verkrygingsraad en medediningskommissie

Vrae word gevra oor die werklike impak van 'n nuwe gesamentlike ooreenkoms wat tussen Namibië se verkrygingsraad en die medediningskommissie onderteken is. Die Tender Bulletin berig die inisiatief is daarop gemik om mededingingsbeperkende praktyke in openbare tenders op te spoor en te voorkom, met spesifieke fokus op samespanning, die manipulasie…
28 Sep 6AM 1 min

Desert Jewels kwalifiseer vir 2027 Netbalwêreldbeker in Sydney

Namibië se nasionale netbalspan, die Desert Jewels, het suksesvol vir die 2027-netbalwêreldbeker in Sydney, Australië, gekwalifiseer. Namibië het tweede in Groep A geëindig ná oorweldigende oorwinnings in die groepfase oor Botswana, Zimbabwe en Tanzanië tydens die 2026-Afrikanetbalbeker. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofafrigter Julene Meyer gepraat, wat sê dat hierdie…
28 Sep 5AM 1 min

Gariseb ontevrede met wyse waarop CoW hul protesaksie hanteer het

Gemeenskapsaktiviste in Windhoek is ontevrede met die wyse waarop die stad hul protesaksie vir beter dienste hanteer het. Die aktivis Shaun Gariseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Stad Windhoek se inisiatief vir gratis busvervoer oor die naweek nie daarin geslaag het om die gemeenskappe te bereik wat die…
28 Sep 5AM 1 min
360 – 380