Die hoof van die Britse teen-terrorisme-agentskap, Laurence Taylor, sê ondersoeke duur voort, na die vyf mans wat Sondag naby RAF Fairford in Gloucestershire in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat is. Die ondersoek na die saak is nog nie afgehandle nie en Taylor sê die vyf mans is onderworpe aan…
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê die onlangse massaskietvoorvalle in die land is nie meer net ʼn reeks geïsoleerde tragedies nie, maar ʼn nasionale krisis. Agtien mense is die naweek by ʼn taverne in Wedela, Gauteng, doodgeskiet, en tien mense is by ʼn vermaaklikheidsplek in Lwandle, Kaapstad, dood. Verlede week…
Na aanleiding van verbintenisse wat die regering op die Dag van die Namibiese Kind gemaak het, word daar 'n beroep op die regering gedoen om hierdie verbintenisse na te kom. Ingrid Husselmann, voormalige Kinderadvokaat en tans hoof van die Ombudsman se kantoor, sê dat die beskerming en bemagtiging van kinders…
Na aanleiding van die onlangse kuberaanvalle op openbare instellings soos die Ministerie van Verdediging en die Namibië-lughawemaatskappy, word instellings aangemoedig om hul interne kontroles vir inligtingsekuriteit te hersien en te versterk. Mufaro Nesongano, woordvoerder van Namibië se span vir die hantering van kuberveiligheidsvoorvalle, sê die enkripsie van sensitiewe data, gereelde…
Unam se gemeenskapsbetrokkenheidsprogram, Unam Cares, het internasionale erkenning van die Wereld Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy bydrae tot "One Health" of Een Gesondheid in landbouvoedselstelsels. Die programhoof, professor Rachel Freeman, sê die erkenning beklemtoon inisiatiewe wat praktiese, innoverende en volhoubare benaderings tot gesonder en meer veerkragtige gemeenskappe toon:
President Donald Trump van Amerika ontken berigte dat hy aangebied het om sommige sanksies teen Iran op te hef en fondse vry te stel in ruil vir toegewings oor kernkrag. Amerikaanse en Iranse amptenare het gister afsonderlik met bemiddelaars beraadslaag in ʼn hernude poging om die sewe maande lange vyandelikhede…
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku ʼn groot kuberaanval kan die volgende ernstige wêreldwye finansiële krisis veroorsaak. Hy het gister in Johannesburg die hoofrede oor Afrika en geopolitiek gelewer by die derde forum van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Kganyago sê toenemende wanorde wêreldwyd, aangedryf deur…
Die polisie in Gauteng sê 'n man wat verdink word van die moord op 'n 23-jarige vrou gisteroggend in Tembisa, is dood aangetref in sy voertuig in Midrand. Boitumelo Gift Mashita is tydens 'n beweerde rooftog doodgeskiet, terwyl sy op pad werk toe was. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man…
Landboukundige Wallie Roux waarsku teen paniek-vleisaankope deur die publiek, wat gelei het tot 'n tekort aan rooivleis by kruidenierswinkels en slaghuise reg oor die land ná die bek-en-klouseer uitbreking. Roux sê dit lei tot prysstygings van ander produkte, soos hoender. Hy het meer.
Die Suid Afrikaanse minister van Internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê rassisme en verwante onverdraagsaamheid kan nie deur staatsoptrede alleen uit die weg geruim word nie. Hy het deelgeneem aan 'n hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan te…
Die omgewingsministerie sê Namibië het sy laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade in 2025 aangeteken. Volgens amptelike syfers is 'n totaal van 43 renosters is verlede jaar regoor die land gestroop, wat 'n daling van meer as 50 persent in vergelyking met 2024 aandui. Omgewingsminister Indileni Daniel…
Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê sy land is gereed om gevegte teen Amerika te hervat, maar bly ook gewillig om te onderhandel. President Donald Trump het Teheran se voorstel die naweek verwerp dat die Straat van Hormoes binne sewe dae sal heropen indien sy voorwaardes aanvaar…
Die DA wil hê die Inligtingsreguleerder moet 'n moontlike oortreding van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting ondersoek. Dit volg na 'n datalek by Gauteng se toepassing vir die e-paniekknoppie. Michael Waters van die party sê inwoners se persoonlike inligting is moontlik blootgestel. Waters wil antwoorde hê oor…
Die Amerikaanse president Donald Trump het reageer op die nuus dat Britse-polisie die vyf mans wat naby RAF Fairford in Gloucestershire vir terreurmisdrywe in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat het. Trump sê hy sou die mans agter tralies gehou het:
Die Suid Afrikaanse minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, het die vordering verwelkom wat deur die VN-Algemene Vergadering gemaak is te midde van die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan. Die raamwerk is tydens die 2001 Wêreldkonferensie teen Rassisme in Durban ontwikkel. Die minister het aan die…
Die Brave Warriors hoof-afrigter Collin Benjamin sê sy span is slaggereed vir sy volgende wedstryd teen die Comore-eilande in die kwalifiserende rondte vir die TotalEnergies Afrikabeker-toernooi. Benjamin het met New Era Sport gepraat en sê hy sien uit na ‘n goeie wedstryd en dat hulle hul teenstanders se metodes goed…
Die Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel is geloods om arbeidsdata te sentraliseer, nasionale indiens-nemingsbeleid te lei, en vaardigheidswanbalanse aan te spreek. Die geïntegreerde digitale platform is gesamentlik ontwikkel deur die arbeidministerie, die Namibië Statistieke-agentskap en die Internasionale Arbeidsorganisasie. Die arbeidministerie se woordvoerder, Jeremia Namalenga, gee meer inligting.
Die voormalige Suid Afrikaanse minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ontken dat sy die militêre kontrakteur Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu vir twee-miljoen-rand gevra het om haar man tot geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te laat bevorder. Die staat beweer sy was van plan om die geld te gebruik om die destydse…
Die uitbreking van bek-en-klouseer in die Suide ontwrig toerisme-logistiek, aangesien streng beperkings op die vervoer van vleis- en suiwelprodukte toeriste wat selfsorg-akkommodasie gebruik, sowel as kampeerders raak. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging gesels.
In Suid-Afrika sê die getuienisleier van die Madlanga-kommissie, advokaat Matthew Chaskalson, WhatsApp-boodskappe toon hoe taxi-base Oupa Sindane en Joe Sibanyoni glo beskermingsfooie van konstruksiemaatskappye eis. Chaskalson het selfoonboodskappe voorgelê wat na bewering verwys na gedwonge betalings en dreigemente om werksaamhede te ontwrig. In een gesprek spreek Sindane teleurstelling uit oor…
28 Sep 11PM
1 min
340 – 360
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.