Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel amptelik geloods

Loading player...
Die Namibiese Arbeidsmark-inligtingstelsel is geloods om arbeidsdata te sentraliseer, nasionale indiens-nemingsbeleid te lei, en vaardigheidswanbalanse aan te spreek. Die geïntegreerde digitale platform is gesamentlik ontwikkel deur die arbeidministerie, die Namibië Statistieke-agentskap en die Internasionale Arbeidsorganisasie. Die arbeidministerie se woordvoerder, Jeremia Namalenga, gee meer inligting.
29 Sep 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA-ekonome palm Nobelprys in

Die Amerikaanse ekonome Robert Hall en Michael Woodford is bekroon met 2026 se Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe vir hul werk oor ekonomiese bestendiging. Hul navorsing het gelei tot die ontwikkeling van raamwerke wat regerings en sentrale banke help om ekonomiese hoogte- en laagtepunte te bestuur deur rentekoerse, staatsbesteding en ander…
12 Oct 9AM 1 min

Verdagte vas in massaskietery in Wes-Kaap

Die bestuur van die Wes-Kaapse polisie verwelkom die inhegtenisneming van 'n man in verband met 'n massaskietery in Lwandle in die Strand op 27 September. Elf mense is dood en tien beseer. Die 32-jarige verdagte is Vrydag in Lwandle aangekeer. Polisiewoordvoerder André Traut sê die man verskyn vandag in die…
12 Oct 9AM 1 min

Vyf vermeende dwelmvervaardigers in hof in Gauteng

Vyf vermeende dwelmvervaardigers sal na verwagting vandag in die Krugersdorpse landdroshof in Gaueng verskyn. 'n Wetstoepassingsoperasie het 'n dwelmlaboratorium van 100-miljoen-rand op 'n plaas in Hekpoort naby Krugersdorp ontmasker. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê die polisie het op verskeie hoeveelhede Mandrax- en Ecstasy-tablette by die vermeende dwelmvervaardigingslaboratorium afgekom:
12 Oct 8AM 1 min

Intercape se wiele sal bly rol

Intercape se bemarkingsbestuurder, Shaun Smeda, het passasiers verseker dat die busdiens nie bedrywighede sal opskort nie, ondanks stygende brandstofpryse wêreldwyd. Smeda sê hoewel geringe tariefverhogings onvermydelik mag wees weens onabsorbeerbare koste, Intercape interne uitgawes besnoei om kaartjiepryse mededingend en baie goedkoper as privaatvoertuigreise te hou. Hy het met Kosmos 94.1…
12 Oct 8AM 1 min

Kubayi sê deportasies van onwettige buitelanders sal voortgaan

Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê die regering sal voortgaan om immigrasiewette toe te pas, insluitend die deportasie van onwettige buitelanders. Kubayi het in Pretoria die gevolge van die Konstitusionele Hof se uitspraak uiteengesit. Kubayi sê buitelandse burgers wat onwettig in die land…
12 Oct 6AM 1 min