
Verdagte vas in massaskietery in Wes-Kaap
Loading player...
Die bestuur van die Wes-Kaapse polisie verwelkom die inhegtenisneming van 'n man in verband met 'n massaskietery in Lwandle in die Strand op 27 September. Elf mense is dood en tien beseer. Die 32-jarige verdagte is Vrydag in Lwandle aangekeer. Polisiewoordvoerder André Traut sê die man verskyn vandag in die Landdroshof in die Strand op elf aanklagte van moord en tien van poging tot moord:

