Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
320 – 340

Trump onderteken bevel om KI na “Superintelligensie” te verander

President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om die term Kunsmatige Intelligensie na Superintelligensie te verander wanneer dit in sy administrasie se amptelike kommunikasie gebruik word. Hy het gister in die Withuis met voorste uitvoerende tegnologiehoofde, onder andere van OpenAI, Anthropic, Nvidia, Meta en Google, vergader. Daar…
30 Sep 1AM 1 min

Ramaphosa: Verkiesing alleen kan nie vrede in Suid-Soedan waarborg nie

President Cyril Ramaphosa sê 'n verkiesing alleen kan nie vrede en demokrasie in Suid-Soedan waarborg nie. Ramaphosa het tydens 'n virtuele beraad van die Afrika-unie gesê geloofwaardige verkiesings moet ondersteun word deur 'n inklusiewe politieke proses, behoorlike veiligheidsmaatreëls en sterk instellings. Hy het 'n beroep op Suid-Soedanese leiers gedoen om…
30 Sep 1AM 1 min

Ballotti bevestig opgraderingswerk by Sam Nujoma-stadion is hervat

Die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, het bevestig dat opgraderingswerk by die Sam Nujoma-stadion hervat is. Die projek is weens kontraktuele kwessies en stadige vordering van vroeg in Oktober tot die einde van Oktober 2026 uitgestel. Ballotti het gepraat tydens Nasan Energies se aankondiging van sy borgskap vir die Millennium…
30 Sep 1AM 1 min

Akademiese krisis aan't broei by Nust

'n Akademiese krisis is aan die broei by Nust, waar meer as 124 studente in mediese laboratoriumwetenskap die skielike uitsluiting van hul studierigtings in die gesig staar. Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het ingegryp en die bestuur se stappe as "onaanvaarbaar" bestempel, aangesien studente sonder bevestigde plasings of duidelike antwoorde…
30 Sep 12AM 1 min

Shadrack Sibiya word Maandag dissiplinêr verhoor

Die Suid Afrikaanse polisie gaan sy geskorste adjunk-kommissaris, Shadrack Sibiya, Maandag dissiplinêr verhoor. Hy het borgtog gevra in die Randburgse Landdroshof in Gauteng, waar hy aangekla word van verkragting, seksuele gereedmaking en ander misdrywe. Woordvoerder Athlenda Mathe sê Sibiya moet die verhoor persoonlik bywoon, en die plek waar dit gehou…
30 Sep 12AM 1 min

Zaamwani gee vandag BKS-uitvoerstatus-opdatering

Daar word verwag dat landbouminister Inge Zaamwani vanmiddag in die parlement 'n ministeriële verklaring sal lewer oor die uit-voer-status van Namibië se beesvleis ná die bek-en-klouseer uitbreking. Zaamwani sê die ministerie beraadslaag met internasionale vennote oor die pad vorentoe. Sy het in die Nasionale Vergadering gepraat.
30 Sep 12AM 1 min

SA kabinet veroordeel toename in GBV

In Suid-Afrika veroordeel die kabinet die toename in geslagsgeweld ná die wrede moord op dertien vroue in Gauteng. Vier verdagtes is borgtog geweier en bly in aanhouding. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê vrouemoord verg 'n dringende reaksie en sê die onlangs gewysigde wetgewing verseker dat oortreders vervolg…
29 Sep 11PM 1 min

Meer BKS-gevalle op 4 ||Kharas-streek plase

Meer gevalle van beeste wat tekens van bek-en-klouseer toon is op vier plase in die ||Kharas-streek gevind, volgens die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius. Hy het die inligting gisteraand in 'n opdatering aan NLU-lede oorgedra.
29 Sep 11PM 1 min

SA kabinet juig oor kersie-uitvoere na China

Die kabinet verwelkom 'n belangrike ooreenkoms waarvolgens Suid-Afrikaanse kersieprodusente die eerste keer toegang kry tot die Chinese mark. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dit maak deure oop na een van die wêreld se grootste kersiemarkte, wat verlede jaar alleen kersies ter waarde van meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse…
29 Sep 11AM 1 min

Nasionale Raad, streeksrade beoog beter samewerking

Die konsultasiekonferensie van die Nasionale Raad en streeksrade sal 'n platform bied om deelnemende demokrasie te versterk en na verwagting samewerking tussen streeksrade verbeter. Die sekretaris van die Nasionale Raad, Tousy Namiseb, sê die konferensie, wat van vandag tot Saterdag in Otjiwarongo plaasvind, sal ook help verseker dat streekskwessies onder…
29 Sep 11AM 1 min

Olie-wette, regulasies moet in plek kom, sal duur geskille vermy

Daar word gewaarsku dat die land die risiko loop om homself bloot te stel aan duur geskille met internasionale oliemaatskappye, indien hy tot petroleumproduksie oorgaan sonder om omvattende wetgewing en regulasies vir die stroomop-sektor in plek te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die…
29 Sep 10AM 1 min

NV bekommerd oor verouderende waterinfrastruktuur

Die parlement spreek kommer uit oor die land se verouderende waterinfrastruktuur. Die PDM-parlementslid Diederik Vries het landbouminister Inge Zaamwani vandag uitgevra oor die betroubaarheid en veerkragtigheid van waterinfrastruktuur. Vries sê verouderende pypleidings, reservoirs en pompstasies kan bydra tot onklaarrakings, waterverliese en diensonderbrekings, wat verdere druk op die reeds beperkte watervoorraad…
29 Sep 10AM 1 min

Gesinne 'moet vroegtydig praat oor dood, begrafnisse'

Gesinne word aangemoedig om moeilike gesprekke oor die dood en begrafnisreëlings te voer voordat ’n krisis ontstaan. Eusebio Fredericks, verkoopsbestuurder vir die suidelike streek van Old Mutual Namibië se afdeling vir massamark-kleinhandel, sê gesinne behoort vooraf oor begrafnisdekking, finale wense en waar belangrike dokumente is te gesels. Hy sê dat…
29 Sep 10AM 1 min

IPC-leier kap gesondheid se logistieke reëling met NamPost

IPC-leier Imms Nashinge het die gesondheidministerie se multimiljoen-dollar-direkte logistieke ooreenkoms met NamPost veroordeel. Hy sê dat die omseiling van oop verkrygingsprosesse plaaslike vervoer-SME's benadeel. Nashinge sê die ministerie se vragmotors en bestuurders staan nou onbenut terwyl belastingbetalers vir opgeblase koste opdok. Hy het onderneem om in die parlement by die…
29 Sep 9AM 1 min

SA verloor 14 000 werksgeleenthede in drie maande

Statistiek Suid-Afrika sê werksgeleenthede het tussen Maart en Junie met 14 000 afgeneem, met vervaardiging, sakedienste, handel en die vervoersektor wat die grootste verliese toon. Indiensneming het met 95 000 gedaal vergeleke met Junie verlede jaar. Voltydse poste het met 40 000 afgeneem, maar deeltydse poste het met 26 000…
29 Sep 9AM 1 min

Staatdiensvakbond onthuts oor R2 miljard verdedigingskandaal

Die Vereniging van Staatsamptenare is ontsteld oor die Spesiale Ondersoekeenheid se onthullings van meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand se onreëlmatige kontrakte in die Departement van Verdediging. Die SOE het onder meer 'n kontrak van 217-miljoen-rand uitgewys vir die verkryging van 'n Alpha-2 Covid-19-teenmiddel van Kuba. Claude Naicker van die vakbond…
29 Sep 8AM 1 min

Nust kan help met BKS-reaksie en voorkoming

Terwyl Namibië op die huidige uitbreking van bek-en-klouseer reageer, bly navorsing en samewerking noodsaaklik om siekte-toesig en paraatheid te versterk. Dit is volgens Lamech Mwapagha, 'n medeprofessor in mediese biochemie by Nust. Hy sê dat die universiteit se vermoëns vir genoom-volgorde bepaling die identifisering van patogene, die monitering van uitbrekings…
29 Sep 8AM 1 min

RAF Fairford-ondersoeke duur voort

Die hoof van die Britse teen-terrorisme-agentskap, Laurence Taylor, sê ondersoeke duur voort, na die vyf mans wat Sondag naby RAF Fairford in Gloucestershire in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat is. Die ondersoek na die saak is nog nie afgehandle nie en Taylor sê die vyf mans is onderworpe aan…
29 Sep 6AM 1 min

SA Raad van Kerke: Massaskietvoorvalle 'n nasionale krisis

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê die onlangse massaskietvoorvalle in die land is nie meer net ʼn reeks geïsoleerde tragedies nie, maar ʼn nasionale krisis. Agtien mense is die naweek by ʼn taverne in Wedela, Gauteng, doodgeskiet, en tien mense is by ʼn vermaaklikheidsplek in Lwandle, Kaapstad, dood. Verlede week…
29 Sep 6AM 1 min
320 – 340