Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
320 – 340

Landdros-staking duur voort

Lede van die Landdroste- en Regtersvereniging van Namibië sal na verwagting vandag hul dienste opskort in reaksie op voortgesette vertragings in die implementering van hoër behuisings- en voertuigtoelaes vir landdroste. Volgens Florian Beukes van die vereniging het die justisieminister, Immanuel Wise, hulle meegedeel dat die gekorrigeerde toelae-skedule op 12 November…
23 Nov 11PM 1 min

Kabinet beopdrag regering oor BKS-maatreëls

Die regering neem aktiewe stappe om te verhoed dat voortdurende bek-en-klouseer in Suid-Afrika na Namibië versprei. Die minister van inligting, Emma Theofelus, het gesê verskeie ministeries is beopdrag om te beraadslaag en 'n plan van aksie op te stel. Die ministeries is ook 'n sperdatum van drie maande gegee om…
23 Nov 11PM 1 min

NNN besin oor G20-beraad

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar besinnings gedeel oor haar bywoning van die onlangse G20-beraad. By die geleentheid het sy die behoefte aan 'n meer inklusiewe, billike en volhoubare globale finansiële stelsel beklemtoon wat Afrika se groeiende ekonomiese invloed erken. Sy het ook gevra vir versterkte internasionale samewerking en transformerende maatreëls…
23 Nov 10PM 1 min

Rassie wil Jacques Nienaber terug hê

Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is gretig om Jacques Nienaber terug te kry in sy afrigtingspan voor 2027 se Wêreldbekertoernooi in Australië. Die 53-jarige Nienaber, wat die Bokke in 2019 en '23 die beker help verower het, is tans Leinster se breier. Sy kontrak eindig na die 2026/27-klubseisoen. Erasmus erken…
23 Nov 10PM 1 min

Frustrasie, leë beloftes stook kiesersapatie

Met streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings net dae weg, duur besprekings oor kiesersapatie voort. Politieke ontleder Henning Melber het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat terwyl lae opkoms in plaaslike verkiesings 'n wêreldwye tendens is, Namibië se situasie vererger word deur groeiende frustrasie oor swak dienslewering en politieke partye wat nie…
23 Nov 6AM 1 min

Volksmoord: Soeke na Duitse verantwoording duur voort

Die Ovaherero Tradisionele Owerheid sê hulle is teleurgesteld, maar nie ontmoedig nie, nadat die Windhoek Hooggeregshof geweier het om Duitsland as 'n respondent by te voeg in hul betwisting van die volksmoordverklaring van 2021. Direkteur-generaal Itamunua Meroro het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die hofsaak, wat vir Maart 2026 geskeduleer…
23 Nov 5AM 1 min

Duitsland gretig om nóg in Afrika te belê

Die Duitse kanselier Friedrich Merz het Afrika se ekonomiese potensiaal en vennootskappe onder die Vennootskap met Afrika beklemtoon. Die vennootskap ondersteun deelnemende lande om ambisieuse hervormings in werking te stel en beleggings te mobiliseer. Hy het Saterdag gepraat tydens 'n Vennootskap met Afrika-geleentheid by die G20-Leiersberaad in Johannesburg. Merz het…
23 Nov 3AM 1 min

Mudge: 'Laat Caprivi-12 huis toe gaan'

Die president van die Republikeinse Party van Namibië, Henk Mudge, het ‘n beroep op president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om die oorblywende 12 Capriviane kwyt te skeld wat steeds in die tronk is ná hulle skuldig bevind is aan hoogverraad wat spruit uit die opstand in die huidige Zambezistreek in 1999…
23 Nov 2AM 1 min

Korrupsieverhoor van SA se voormalige speaker in Julie 2026

Die korrupsieverhoor van die voormalige speaker van die nasionale vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is vasgestel vir 20 Julie volgende jaar in die Hooggeregshof in Pretoria. Mapisa-Nqakula word daarvan beskuldig dat sy tussen 2016 en 2019, na bewering 4,5 miljoen rand ontvang het, insluitend 2,1 miljoen rand in kontant van 'n diensverskaffer…
23 Nov 1AM 1 min

NNN vra G20 vir skuldraamwerk

Namibië het die G20-leiers gevra om die raamwerk vir skuldhantering te versterk deur konsessiefinansiering te verskaf aan lande wat ‘n verbintenis tot gesonde skuldbestuur toon. Tydens haar spreekbeurt Saterdag by die G20-leiersberaad in Johannesburg, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê die wêreld streef daarna om ongelykheid binne en tussen lande te…
23 Nov 12AM 1 min

G20: SA weier om presidentskap aan 'VSA junior' te oorhandig

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking sê die oorhandiging van die G20-presidentskap aan Amerika sal waarskynlik later by sy kantore in Pretoria op die gepaste vlak plaasvind. Dit kom ná president Donald Trump verseg het om die beraad by te woon en Washington aangedui het dat hulle slegs 'n…
22 Nov 11PM 1 min

Room van Namibiese sportlui gekroon

Namibië se Sportster van die Jaar is para-triathlon-atleet Jeromius Rooi, terwyl bokser Fillipus Nghitumbwa as die Sportman van die Jaar en fietsryer Vera Looser as die Sportvrou van die Jaar aangewys is. Tydens die jaarlikse sporttoekennings Saterdagaand in Ongwediva, is Ashley Martina as die Juniorsportvrou van die Jaar aangewys en…
22 Nov 11PM 1 min

Zambezi bly baklei teen malaria

Die gesondheidministerie voer anti-malaria-bespuitingsveldtogte en ander beheermaatreëls in die Zambezi-streek uit om 'n beduidende uitbreking te bestry. Die streek het 'n ernstige toename in gevalle ervaar, met op 'n stadium meer as 2 000 gevalle per week. Daar is tans meer as 96 000 gevalle van malaria landwyd aangemeld. Kosmos…
22 Nov 8AM 1 min

Gholf: SA se Burke behou voorsprong in Knysna

Die Suid-Afrikaner Christiaan Burke het sy voorsprong behou in die Vodacom Origins of Golf-eindronde by die Pezula Gholflandgoed in Knysna. Hy het gister 'n rondte van 66 in die tweede ronde aangeteken, wat hom op 15 onder baansyfer geplaas het en 'n stappie nader om sy eerste Sokskyntoer-titel te verower…
22 Nov 4AM 1 min

Copps 94.1: Tieners hou massa-jolyt in Kleine Kuppe

Dit klink soos iets uit ‘n Project X-fliek: Windhoek se stadspolisie moes Vrydagaand bontstaan om orde te herstel toe ministens 80 tieners besluit het dis ‘n goeie idee om huispartytjie in Kleine Kuppe te hou. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering was deel van die Copps 94.1-span en het meer:
22 Nov 3AM 1 min

VN hét mag om lyding te verlig, sê Guterres

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die G20, as die wêreld se grootste ekonomieë, kan 'n reuse-invloed hê om lyding te verlig, te verseker dat ekonomiese groei wyd gedeel word, en die wêreld op 'n beter, meer vreedsame koers vir die toekoms te plaas. Hy het die media…
22 Nov 1AM 1 min

Afrika moet G20 vir eie agendas gebruik, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het Afrikalande versoek om hul ekonomiese samewerking te verbeter en gesê dit is noodsaaklik vir vastelandontwikkeling en -integrasie, en die bou van veerkragtigheid en selfstandigheid. Hy het gisteraand 'n dinee aangebied vir Afrika-staatshoofde en regeringsamptenare wat die G20-leiersberaad in Sandton bywoon. Ramaphosa sê Afrikalande moet die G20…
22 Nov 12AM 1 min

Copps 94.1: Gru-nag vir voetgangers in Windhoek

Voetgangers wat in Windhoek raakgery is, was die Copps 94.1-span se vernaamste uitdaging Vrydagaand. Francois Lottering van Kosmos 94.1 Nuus was saam met die stadspolisie en doen verslag van die toneel:
21 Nov 11PM 1 min

Onderhoudswerk aan Orano-ontsoutingsaanleg is voltooi

NamWater se tweejaarlikse onderhoudssluiting van die Orano-ontsoutingsaanleg is voltooi, en inwoners van Swakopmund, Nonidas, Arandis en omliggende gebiede kan water soos normaal gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Namwater se woordvoerder, Lot Ndamanomhata, wat bevestig alles is terug na normaal.
21 Nov 10AM 1 min
320 – 340