Vyf vermeende dwelmvervaardigers sal na verwagting vandag in die Krugersdorpse landdroshof in Gaueng verskyn. 'n Wetstoepassingsoperasie het 'n dwelmlaboratorium van 100-miljoen-rand op 'n plaas in Hekpoort naby Krugersdorp ontmasker. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê die polisie het op verskeie hoeveelhede Mandrax- en Ecstasy-tablette by die vermeende dwelmvervaardigingslaboratorium afgekom:
Intercape se bemarkingsbestuurder, Shaun Smeda, het passasiers verseker dat die busdiens nie bedrywighede sal opskort nie, ondanks stygende brandstofpryse wêreldwyd. Smeda sê hoewel geringe tariefverhogings onvermydelik mag wees weens onabsorbeerbare koste, Intercape interne uitgawes besnoei om kaartjiepryse mededingend en baie goedkoper as privaatvoertuigreise te hou. Hy het met Kosmos 94.1…
Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê die regering sal voortgaan om immigrasiewette toe te pas, insluitend die deportasie van onwettige buitelanders. Kubayi het in Pretoria die gevolge van die Konstitusionele Hof se uitspraak uiteengesit. Kubayi sê buitelandse burgers wat onwettig in die land…
Die kabinet het die ministerie van inligting- en kommunikasietegnologie beopdrag om ’n gestandaardiseerde verslagdoeningsvorm te ontwikkel vir regeringsdienste wat aanlyn beskikbaar is. Die minister van IKT, Emma Theofelus, het meer:
Namibië se voorste veeprodusente is tydens die gala van Agra se 2026-speenkalfkampioenskapsreeks vereer, na afloop van 'n landwye kompetisie wat oor 22 plekke en meer as 12 000 kilometer gestrek het. Met meer as 11 000 speenkalwers wat verkoop is en 139 pryse wat toegeken is, het die kampioenskap uitnemendheid…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.