Gesinne 'moet vroegtydig praat oor dood, begrafnisse'

Loading player...
Gesinne word aangemoedig om moeilike gesprekke oor die dood en begrafnisreëlings te voer voordat ’n krisis ontstaan. Eusebio Fredericks, verkoopsbestuurder vir die suidelike streek van Old Mutual Namibië se afdeling vir massamark-kleinhandel, sê gesinne behoort vooraf oor begrafnisdekking, finale wense en waar belangrike dokumente is te gesels. Hy sê dat sulke gesprekke kan help om verwarring en konflik te voorkom wanneer gesinne die verlies van ’n geliefde moet verwerk.
29 Sep 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vyf vermeende dwelmvervaardigers in hof in Gauteng

Vyf vermeende dwelmvervaardigers sal na verwagting vandag in die Krugersdorpse landdroshof in Gaueng verskyn. 'n Wetstoepassingsoperasie het 'n dwelmlaboratorium van 100-miljoen-rand op 'n plaas in Hekpoort naby Krugersdorp ontmasker. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê die polisie het op verskeie hoeveelhede Mandrax- en Ecstasy-tablette by die vermeende dwelmvervaardigingslaboratorium afgekom:
12 Oct 8AM 1 min

Intercape se wiele sal bly rol

Intercape se bemarkingsbestuurder, Shaun Smeda, het passasiers verseker dat die busdiens nie bedrywighede sal opskort nie, ondanks stygende brandstofpryse wêreldwyd. Smeda sê hoewel geringe tariefverhogings onvermydelik mag wees weens onabsorbeerbare koste, Intercape interne uitgawes besnoei om kaartjiepryse mededingend en baie goedkoper as privaatvoertuigreise te hou. Hy het met Kosmos 94.1…
12 Oct 8AM 1 min

Kubayi sê deportasies van onwettige buitelanders sal voortgaan

Die voorsitter van die Suid Afrikaanse Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê die regering sal voortgaan om immigrasiewette toe te pas, insluitend die deportasie van onwettige buitelanders. Kubayi het in Pretoria die gevolge van die Konstitusionele Hof se uitspraak uiteengesit. Kubayi sê buitelandse burgers wat onwettig in die land…
12 Oct 6AM 1 min