
Namibië teken laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade aan
Loading player...
Die omgewingsministerie sê Namibië het sy laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade in 2025 aangeteken. Volgens amptelike syfers is 'n totaal van 43 renosters is verlede jaar regoor die land gestroop, wat 'n daling van meer as 50 persent in vergelyking met 2024 aandui. Omgewingsminister Indileni Daniel sê 91 renosters is in 2024 gestroop, en slegs 24 tot dusver in 2026.

