
Moontlike VSA-Iran vredesooreenkoms affekteer oliepryse
Loading player...
Die prys van Brent-ru-olie verhandel steeds in die omgewing van 100 Amerikaanse dollar per vat, nadat dit met 2 persent gestyg het toe Amerikaanse president Donald Trump 'n nuwe Iranse vredesvoorstel verwerp het. Dit sou onder andere die Straat van Hormuz weer heropen. Trump het later gesê Amerikaanse amptenare sal weer met Iran in gesprek tree. Ekonoom Dawie Roodt is positief oor moontlike vrede, maar is bekommerd.

