Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
520 – 540

Bokke die belangrikste toets: Wallabie-flank

Rugby: Die Wallabie-flank Carlo Tizzano sê 'n wedstryd teen die Springbokke is die belangrikste toets, maar hulle is gereed daarvoor. Australië het die nuweling Harry McLaughlin-Phillips ingesluit in die groep vir Sondag se eenmalige toets teen die wêreldkampioen op die Optus-stadion in Perth. Die Bokke het Australië 30-12 geklop tydens…
22 Sep 11AM 1 min

Trump prys homself, trek los teen Iran by VN

Amerikaanse president Donald Trump het vanmiddag tydens sy toespraak by die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York 'n hewige aanval op Iran geloods. Trump het sterk klem gelê op die voortslepende konflik, wat nou sy sewende maand nader. Hy het erken dat die konflik ontwrigting van…
22 Sep 11AM 1 min

SA privaatsektor gaan nou ook BKS-entstof vervaardig

Landbouminister Willie Aucamp sê kwalifiserende privaat ondernemings sal toegelaat word om die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom te gebruik om sy entstof teen bek-en-klouseer in grootmaat te vervaardig. Die raad het die toegewing eenparig goedgekeur. Hy sê dis doeltreffend teen plaaslike stamme met een jaarlikse dosis, maar hy kan dit nie…
22 Sep 11AM 1 min

Land is duur om te besoek: Gasvryheidsvereniging

Augustus bly 'n sterk maand vir die gasvryheidsektor, met 'n nasionale kamerbesettingsyfer van 69,53 persent vanjaar, maar die Gasvryheidsvereniging van Namibië is versigtig optimisties oor die laaste drie maande van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzoldt, gepraat wat sê dit is bemoedigend…
22 Sep 10AM 1 min

Sit beloftes oor in waterprojekte in Afrika: NNN by VN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens die VN se Algemene Vergadering in New York 'n beroep op globale vennote gedoen om dringend politieke beloftes in bankbare waterprojekte reg oor Afrika te omskep. Met die klem op Namibië se strewe onder NDP6 om beleggings vir seewaterontsouting, suiwering en waterdraeraanvulling te lok, het…
22 Sep 10AM 1 min

12 keatiewes, 12 uur, 4 nuwe Namibiese kinderboeke

Twaalf plaaslike kreatiewe persone het vier nuwe Namibiese kinderboeke in slegs 12 uur tydens die derde uitgawe van BookSprint Namibia 2026 by die Goethe-instituut vervaardig. Die inisiatief is daarop gemik om 'n leeskultuur onder kinders van drie- tot agt-jaar te bevorder deur hoëgehalte, plaaslik vervaardigde leesmateriaal te verskaf. Hoof van…
22 Sep 10AM 1 min

112 vragmotor-ongelukke, 48 sterftes in 8,5 maande

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het tussen 1 Januarie en 16 September landswyd 112 vragmotor ongelukke aangeteken, wat gelei het tot 211 beserings en 48 sterftes. Die Erongo-streek het die hoogste aantal ongelukke en sterftes aangeteken, gevolg deur Khomas. Botsings was die mees algemene tipe ongeluk en was verantwoordelik vir 57 ongelukke,…
22 Sep 9AM 1 min

Senior SA polisie-offisier in arres vir seksuele oortredings: SAPD

Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, verwelkom die inhegtenisneming van ʼn 59-jarige senior polisie-offisier op aanklagte van seksuele oortredings. Hy is Maandagaand in Sandton aangekeer. Die offisier het na bewering tussen Julie en Augustus 'n 16-jarige meisie seksueel voorberei en ʼn 18-jarige vrou verkrag. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die…
22 Sep 9AM 1 min

Nuwe brandstof-ooreenkoms 'sal verbruikers beskerm'

Die nuwe driemaande-grootmaatbrandstofkontrak met TotalEnergies sal na verwagting Namibiese verbruikers teen skielike prysstygings by die pomp beskerm. Die minister van energie, Modestus Amutse, sê die ooreenkoms, wat 345 miljoen liter vanaf November dek, het afslag onder maatstafpryse verseker, wat die Nasionale Energiefonds meer as 220 miljoen Namibiese dollar bespaar het…
22 Sep 8AM 1 min

Bouwerkers sny kabel af, chaos in VSA vlugte

Meer as sewe-duisend vlugte reg oor Amerika is gister vertraag of gekanselleer en meer as 100 is herlei nadat konstruksiewerkers per ongeluk ʼn kabel afgesny het wat nodig is vir lugverkeerbeheer in Philadelphia. Die Newark Liberty internasionale lughawe in New Jersey en Philadelphia internasionale lughawe in Pennsilvanië is die swaarste…
22 Sep 8AM 1 min

Kaapstad belowe om bekostigbare behuising uit te brei

Die Kaapstadse burgemeester en leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, het 'n belofte gemaak om bekostigbare behuising in die stad uit te brei. Hy het die belofte by die Soutriviermark-terrein gemaak, waar 970 bekostigbare huise beplan word. Die plan sluit in die bou van meer bekostigbare huurhuise, om meer stadsgrond…
22 Sep 6AM 1 min

Verbeter deelname aan begrotingsproses om lewens te verbeter

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê parlemente moet burgerdeelname aan die begrotingsproses verbeter om die publiek se lewens te verbeter. Sy het tydens die negende konferensie van die Afrika-netwerk van parlementêre begrotingskantore in Swakopmund beklemtoon dat openbare betrokkenheid verseker dat elke ekonomiese beleid en begrotingstoewysing deursigtigheid en…
22 Sep 6AM 1 min

Krieket: Protea-afrigter glo Rabada sal beskikbaar wees vir toetsreeks teen Australië

13:30 – Sport Krieket: Die Proteas se hoofafrigter, Shukri Conrad, sê Kagiso Rabada se beskikbaarheid vir die toetsreeks van drie wedstryde teen Australië sal afhang van sy vordering met rehabilitasie. Die snelbouler het verlede maand tydens oefening sy dyspier beseer. Hy het reeds die maand se eendagreeks teen Australië weens…
22 Sep 6AM 1 min

Save the Rhino Trust: Muller se dood groot verlies vir bewaringsgemeenskap

Namibië se bewaringsgemeenskap treur oor die dood van die 53-jarige renosterboer Jaco Muller, wat in 'n girokopterongeluk op sy plaas in die Outjo-distrik omgekom het. Muller, die stigter van die Rhino Momma-projek in Kunene, was 'n passievolle voorstander van renosterbewaring en die stryd teen renosterstropery. Simson Uri-Khob, uitvoerende hoof van…
22 Sep 6AM 1 min

Laurie Marker benoem vir 2027 Indianapolis-prys

Laurie Marker, stigter van die Cheetah Conservation Fund, is genomineer vir die 2027 Indianapolis-prys vir haar werk in wildbewaring in Namibië. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Marker die internasionale erkenning toegeskryf aan haar span en die plaaslike boeregemeenskappe wat die afgelope 35 jaar met die fonds saamgewerk…
22 Sep 6AM 1 min

Derde Dawn Park-moord verdagte vrygelaat

Die Suid Afrikaanse nasionale adjunkpolisiekommissaris, Tebello Mosikili, het bevestig dat die man wat saam met twee vroue in verband met die moord op Jabulile Ntimba in hegtenis geneem is, vrygelaat en nie aangekla is nie. Haar liggaam is verlede week in Villa Liza naby Dawn Park gevind. Sy is die…
22 Sep 4AM 1 min

Ally Angula dien dringende hersieningsaansoek in teen NamRA en Belastingtribunaal

Die geoktrooieerde rekenmeester en voormalige onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula het 'n dringende hersieningsaansoek in die hoërhof teen NamRA en die Belastingtribunaal ingedien, waarin die verwerping van belastingaftrekkings van miljoene dollar vir die finansiële jare 2014, 2015 en 2016 betwis word. Angula vra die hof om 'n Belastingtribunaal-uitspraak van Augustus…
22 Sep 4AM 1 min

VF Plus vra groter aanspreeklikheid oor besoedeling in Gauteng

Die Vryheidsfront Plus sê Gauteng moet nou van besprekings oor besoedeling oorgaan na daadwerklike optrede. Dit volg na die Gautengse beraad oor besoedeling, waartydens brandpunte geïdentifiseer is, die verantwoordelikes ter verantwoording geroep is en duidelike sperdatums vir opruimingsplanne voorgestel is. Jaco Mulder van die party sê hulle sal voortgaan om…
22 Sep 4AM 1 min

Namibiers soek nuus-kanale en kommunikeerders wat hulle kan vertrou

Inligtingminister Emma Theofelus sê die land se mediasektor werk in 'n inligtings-maal-kolk wat gedryf word deur digitale ontwrigting en 'n 24/7-nuus-siklus. Sy het by die Namibiese Media- en Kommunikasie-konferensie beklemtoon dat namate die volume en kompleksiteit van inligting ver-snel, Namibiers nuus-kanale en kommunikeerders soek en verkies wat hulle kan vertrou:
22 Sep 4AM 1 min
520 – 540