Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,000 Episodes
540 – 560

DA beskuldig Gauteng regering van R1-miljard vermorsing

Die DA sê die Gautengse Departement van e-Regering het verlede jaar sowat een-miljard-rand-aan privaat maatskappye bestee wat omtrent 71-persent van die Departement se aangepaste jaarlikse begroting beloop. Die party vra of die publiek goeie waarde vir hul belastinggeld kry. Michael Waters van die DA sê die Departement het 'n kontrak…
22 Sep 3AM 1 min

Moenie Angolese kinders na Windhoek vervoer

NamPol se Oshana-streeksbevelvoerder, kommissaris Andreas Shilelo, het langafstandbestuurders gewaarsku teen die vervoer van minderjariges vanaf die Angolese grens na Windhoek en ander dorpe sonder die nodige immigrasiedokumente. Tydens 'n vyfdaagse werkswinkel oor kapasiteitsbou vir polisiebeamptes in Ondangwa het Shilelo gesê dat hierdie praktyk tot die konfiskering van hul bedryfsdokumente sal…
22 Sep 3AM 1 min

Taxibaas Sibanyoni vra ondersoek na beweerde polisieverbintenis

Die taxibaas en sakeman Joe "Ferrari" Sibanyoni sê bewerings wat hom met verskeie polisiebeamptes verbind, moet ondersoek word. In sy getuienis voor die Madlanga-kommissie het Sibanyoni gesê hy ken persoonlik slegs een van die genoemde beamptes, en wel deur 'n familielid. Hy ontken enige professionele of sakeverhouding met die betrokke…
22 Sep 2AM 1 min

Menstruasie-armoede bly 'n groot struikelblok vir meisies

Voormalige Tukwatha-jeugorganisasie-leier Hendrina Kudhingililwa sê menstruasie-armoede bly 'n groot struikelblok vir meisies se onderwys, en waarsku dat skenkingsaksies alleen nie die krisis kan oplos nie. Sy moedig die regering aan om 'n volhoubare nasionale stelsel op te bou, en dat skole gratis sanitêre doekies verskaf net soos openbare klinieke gratis…
22 Sep 1AM 1 min

AfriForum sê Mbalula word saam met Malema vervolg

AfriForum sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sal strafregtelik vervolg word oor uitlatings wat hy gemaak het oor 'n beweerde kinderverkragting by die Bergview College in Matatiele in die Oos-Kaap. Die Nasionale Vervolgingsgesag het ingestem om die saak te vervolg. Mbalula sluit dus aan by die EFF-leier, Julius…
22 Sep 12AM 1 min

Usakos-stadsraad: Eie boorgate sal dorp van water voorsien

Die Usakos-stadsraad sê sy eie boorgate sal die dorp van water voorsien. Dit kom na NamWater aangekondig het dat hy 'n gefaseerde vermindering van water-toevoer dié week in Usakos sal toepas. Usakos se uitvoerende hoof, Lesley Goreseb, sê NamWater se eis vir 'n voorafbetaling van 30 persent van die bedrag…
22 Sep 12AM 1 min

Stad Kaapstad sê breek-en-gryp-diefstalle duur voort

Drie minderjariges is in Kaapstad in hegtenis geneem ná 'n breek-en-gryp-diefstal uit 'n voertuig wat die aantal verdagtes wat in sulke sake aangekeer is, op minstens elf oor 'n tydperk van vyf weke te staan bring. Een van die verdagtes is met die slagoffer se selfoon gevind. Die burgemeesterskomiteelid vir…
22 Sep 12AM 1 min

Napha: Openbare konsultasies met omgewingministerie 'n positiewe stap

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê openbare konsultasies wat met die omgewingministerie gehou is, is 'n positiewe stap vir die opdatering van roofdier-jagregulasies en -tariewe. Napha-president Hannes du Plessis sê die besprekings het jagstandaarde en voorgestelde tariewe vir luiperds, jagluiperds en beide bruin en gevlekte hiënas gedek. Terwyl finale besluite oor…
22 Sep 12AM 1 min

Iranse afvaardiging land vandag in NY vir VN Algemene Vergadering

’n Verkleinde Iranse afvaardiging kom vandag in New York aan vir die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, nadat dieTrump-administrasie visas vir sommige lede geweier het. Die Iranse president, Masoud Pezeshkian, en buitelandse sake-minister Abbas Araghchi is deel van die afvaardiging, ondanks die konflik tussen die VSA en Iran. As 'n…
21 Sep 11PM 1 min

ANC uitvoerende komitee besluit oor geskil met Verkiesingskommissie

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, sê die nasionale uitvoerende komitee sal besluit oor die geskil met die Verkiesingskommissie. Die party het versuim om betyds 181 kandidate te registreer in ses munisipaliteite in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat, en hul name verskyn nou nie op die finale kandidatelyste nie…
21 Sep 11PM 1 min

Een van 9 vrouesterftes dalk weens liefdesdriehoek

Die polisie sê die moord op Jabulile Ntimba, wie se liggaam verlede week in Dawnpark, Boksburg, gevind is, hou moontlik verband met 'n liefdesdriehoek. 'n Man en twee vroue is in hegtenis geneem en sou na verwagting vandag in die Boksburgse landdroshof verskyn. Die adjunk-nasionale polisiekommissaris, Tebello Mosikili, het op…
21 Sep 11AM 1 min

El Niño beteken fyn beplanning vir gewasprodusente

Terwyl Zimbabwe sy tabakplantseisoen hierdie maand afskop, staar produsente ernstige droogterisiko's in die gesig weens die broeiende El Niño-weerpatroon. Deon Theron, voormalige president van die Zimbabwiese Tabakvereniging, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat boere hul waterreserwes noukeurig moet bereken om besproeiingslimiete te bepaal terwyl hulle droogtebestande en diepgewortelde gewasvariëteite…
21 Sep 11AM 1 min

Kleiner vars-produkte tenders vir skole, koshuise sal boere help

Daar word al hoe meer gevra dat die regering spysenieringskontrakte vir openbare skole en koshuise in kleiner tenders moet opbreek, wat geleenthede vir plaaslike boere sal skep om vars produkte en ander voedselprodukte te verskaf. Boere sê betroubare markte sal produsente help om uit te brei en te belê. Ben…
21 Sep 10AM 1 min

Groenwaterstof én olie, gas 'het groot potensiaal'

Energiekenner Harald Schütt sê die vraag na afgeleide produkte van groenwaterstof groei stadiger as wat verwag is, maar is steeds bestendig, en hy sien groot potensiaal vir Namibië. Dit volg nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah, aan die kantlyn van die Verenigde Nasies se 81ste Algemene Vergadering in New York, steun uitgespreek…
21 Sep 10AM 1 min

Gebrek aan digitale vaardigheid nou 'n faktor in digitale kloof

Namibië se digitale kloof is aan die verander, aangesien toegang tot die internet nie meer die enigste uitdaging is nie. Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, sê die fokus moet nou verskuif na digitale vaardighed. Cran se uitvoerende hoof vir Ingenieurs- en Tegniese Dienste, Pascal Haingura, sê hoewel daar vordering gemaak…
21 Sep 10AM 1 min

Versekeringsbedryf moet klimaat-, ekonomiese skokke kan weerstaan

Finansminister Ericah Shafudah doen 'n beroep op die versekeringsbedryf om sy weerstandbiedendheid teen herhalende klimaats- en ekonomiese skokke te versterk. Sy het ook die staatsbeheerde herversekeringsmaatskappy, NamibRe, aangemoedig om voort te gaan om in aktuarisse, onderskrywers en risikospesialiste te belê, terwyl die land voorbereidings tref vir opkomende bedrywe, insluitend olie…
21 Sep 9AM 1 min

Gayton se Wêreldbeker-reis verslag steeds uitstaande

Die DA sê maande ná minister Gayton McKenzie se Wêreldbeker-reis kan die Departement van Sport, Kuns en Kultuur steeds nie 'n finale verslag oor die bykans 31-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat bestee is voorlê nie. McKenzie word gekritiseer omdat hy nog nie 'n volledige uiteensetting van die uitgawes verskaf het nie,…
21 Sep 9AM 1 min

Drie word ondervra oor Ekurhuleni-moorde

Die waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia, het bevestig dat drie verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem is in verband met die moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, oor die afgelope twee maande. Van die nege liggame wat gevind is, is daar een wat nie as vermiste persoon aangemeld is nie…
21 Sep 8AM 1 min

Suide-inwoners praat oor impak van myne, groenwaterstof

Die Eco Dialogue Collective het 'n reeks gemeenskapsraadplegings in die Suide begin om die plaaslike impak van mynbou, groenwaterstof- en nywerheidsontwikkeling op watersekerheid en lewensbestaan te bespreek. Die projek, wat deur die EU befonds word en deur die NMT Media Foundation en die IPPR aangebied word, besoek Rosh Pinah môre…
21 Sep 8AM 1 min
540 – 560