
Napha: Openbare konsultasies met omgewingministerie 'n positiewe stap
Loading player...
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging sê openbare konsultasies wat met die omgewingministerie gehou is, is 'n positiewe stap vir die opdatering van roofdier-jagregulasies en -tariewe. Napha-president Hannes du Plessis sê die besprekings het jagstandaarde en voorgestelde tariewe vir luiperds, jagluiperds en beide bruin en gevlekte hiënas gedek. Terwyl finale besluite oor nuwe tariewe nog hangende is, het Napha voorgestel dat fooiverhogings aan inflasie gekoppel word. Belanghebbendes en die publiek kan tot 25 September skriftelike terugvoer en ondersteunende argumente by die ministerie indien. Du Plessis het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

