Die 250 miljoen Namibiese dollar Ohangwena ll Wellfield-watervoorsieningprojek is vandag amptelik ingewy. Die projek is daarop gemik om watervoorsiening aan die Ohangwena-streek te verbeter deur boorgate toe te rus, 'n omgekeerde osmose-aanleg te bou, reservoirs en pompstasies te bou, en uitgebreide pyplynnetwerke te installeer. Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van Namwater.
Die DA eis aanspreeklikheid oor hoe 17 Suid-Afrikaanse mans met beloftes van werk gelok is om by huursoldaatmagte aan te sluit wat by die oorlog tussen Rusland en Oekraïne betrokke is. Die mans was blykbaar onder die indruk hulle gaan wettige opleiding kry of sekuriteitswerk doen, maar is gedwing om…
Die gebruik deur die Republikeinse regering van die woord ‘hoax’ in verband met die Jeffrey Epstein-skandaal het sy slagoffers warm onder die kraag. Talle van hulle word ook nou genoem in dokumente soos dit vrygestel word wat hulle van vooraf traumatiseer. Een van Epstein se slagoffers Lisa Phillips het met…
Reaksie word ontvang op die voorgestelde wysiging van die Petroleumwet wat beheer oor Namibië se olie- en gassektor te sentraliseer onder die president. Die stap is daarop gemik om besluite te versnel en 'n toegewyde regulatoriese eenheid vir die stroomop-bedryf in die Presidensie te vestig. Die eenheid sal ‘n direkteur-generaal…
Die energieministerie nooi aansoeke uit vir sy Sonkrag-omwentelingsfonds, wat bekostigbare lenings bied om toegang tot skoon energie te bevorder. Sedert 2010 het die fonds meer as 5 700 hernubare energiestelsels gefinansier, en meer as 176 miljoen Namibiese dollar landwyd belê. Namibiërs kan nou aansoek doen vir lenings van tot 150…
Die plastieksakheffing word direk aan die Omgewingsbeleggingsfonds oorgedra. Hoekom nie sondebelasting nie? Die gesondheidsministerie maak gereeld melding van befondsingstekorte en die impak van drank en sigarette op die gesondheidstelsel en tog, word die belasting direk aan die Tesourie oorbetaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die veteraan ekonoom dr. John Steytler…
NamPost doen 'n beroep op pensioenbegunstigdes om by hul geskeduleerde betaaldatums te hou na die tragiese dood van 'n 72-jarige pensioenaris wat ineengestort het nadat sy etlike ure in 'n tou by die Rundu-poskantoor deurgebring het. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het NamPost-woordvoerder Joseph Teofelus gesê dat oorbevolking…
Die Nasionale Vergadering het meer as twee weke voor, soos sy reëls dit bepaal, vir die jaar verdaag. Baie min werk is afgehandel en die parlement kom gereeld onder skoot vir sy ondoeltreffendheid. Tydens die sessie, na die Speaker die reses aangekondig het, het die IPC se John-Louw Mouton sy…
Cosatu sê hy is bekommerd oor die mediumtermynbegroting wat nie dapper genoeg is om sigbare groei in die ekonomie te bring nie. Die minister van Finansies Enoch Godongwana was Woensdag optimisties in sy toespraak en het gesê staatsinkomste sal na verwagting vanjaar op 'n beter syfer as die verwagte 19,7…
Terwyl die sentrale regering skuldvolhoubaarheidstrategieë implementeer, erken finansminister Ericah Shafudah die publiek se kommer oor die stygende skuld- en rentebetalings. Sy bevestig dat 'n toenemende deel van die begroting verbruik word deur die diens van skuld of rentebetalings. Dit beslaan rofweg 14,4 miljard Namibiese dollar in die 2025/26 boekjaar, of…
Terwyl Namibië oor goeie neerslae ontvang het sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens dele van Suid-Afrika het die natste Oktobermaand in 31 jaar beleef, met verskeie gebiede wat ver bo die gemiddelde reënval ontvang het. Meteoroloog Andre Fourie sê sommige stasies het meer as vier keer hul tipiese Oktober-syfers aangeteken, terwyl ander…
Tax Justice South Africa sê die regering moet deurdruk met kriminele vervolgings soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens wat die lisensies van drie sigaretvervaardigers opgeskort het. Die minister van Finansies Enoch Godongwana het die stap Woensdag in sy mediumtermyn-begrotingsrede in die Parlement aangekondig. Die stigter van Tax Justice SA, Yusuf Abramjee, sê…
Die Desert Research Foundation of Namibia het 'n uitreikgeleentheid by die San Mobile Training Centre in die Omaheke-streek gelei, met die fokus op die bemagtiging van die San-gemeenskap, regsbewustheid en inklusiewe ontwikkeling. Vier jong San-vroue – opgelei oor die jare deur die Small Grants Program en die Canadian Local Initiatives…
Engeland se kaptein, Ben Stokes, sê voormalige spelers is verby hulle beste, na hulle kritiek oor Engeland se voorbereidings vir vanjaar se reeks om die As teen Australië, wat volgende Vrydag in Perth begin. Die besoekers speel van vandag af 'n enkele driedaagse opwarmingswedstryd teen die toerspan van die Engelse…
Namcor sal 'n openbare konsultasievergadering oor die impakassessering aanbied vir die voorgestelde Venus-ontwikkeling. Na afloop van die omvangsfase, wat openbare konsultasies ingesluit het, het die omgewingspraktisyn, SLR Environmental Consulting nou die potensiële omgewings- en maatskaplike impakte van die voorgestelde projek beoordeel en sal 'n tweede ronde openbare konsultasies uitvoer. Paulo…
TLU SA kritiseer die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring omdat dit fiskale syfers aanspreek, maar nie Suid-Afrika se dieper probleme aanpak nie. Bennie van Zyl van die organisasie sê misleide beleid, ondermynde eiendomsregte, politieke aanstellings bo kundigheid, en institusionele verval, bly onaangespreek. Van Zyl sê alhoewel daar skuldstabilisering…
Die langste Amerikaanse regeringsluiting in die geskiedenis, 43 dae, is beëindig. Die Huis van Verteenwoordigers het 222 teen 209 vir die tydelike begrotingsraamwerk gestem. Fondse sal nou beskikbaar wees tot 30 Januarie volgende jaar. President Donald Trump het die raamwerk bekragtig en die skuld by die Demokrate se deur geplaas.
Die Kommunikasieregulerende Owerheid van Namibië, Cran, waarsku teen die gebruik van Wi-Fi wat in openbare plekke soos hotelle, lughawens, restaurante, winkelsentrums en biblioteke aangebied word, en gratis toegang tot die internet bied. 'n Openbare Wi-Fi-netwerk kan óf oop, dus onbeveilig, óf geïnkripteer, of beveilig wees. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano het meer.
Die vervoerminister, Veikko Nekundi, sê die kabinet het die naam vir die land se nuwe nasionale lugredery goedgekeur. Dit sal as Namibia Air funksioneer, en gestig kragtens maatskappywetgewing met die regering as enigste aandeelhouer. Die nuwe redery sal na verwagting in die volgende boekjaar vorm aanneem. Nekundi het bevestig dat…
Namibië word by COP30 verteenwoordig deur omgewingminister Indileni Daniel, saam met die Omgewingsbeleggingsfonds se uitvoerende hoof, Benedict Libanda. Hulle het die land se deelname aan drie hoëvlak-gesprekke gelei. Die sessies het gefokus op klimaatsfinansiering, gemeenskapsweerbaarheid en klimaatsgedrewe mobiliteit. Kosmos 94.1 Nuus het met die fonds se woordvoerder, Romeo Muyunda gesels…
12 Nov 11PM
1 min
560 – 580
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.