Vermeende reeksverkragter aangekeer in SA

Loading player...
'n Ses-en-dertigjarige man is aangekeer vir die verkragting van 14 vroue in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die polisie sê sy eerste beweerde aanval was in Januarie 2020 in Mahlabathini, KwaZulu-Natal. Hy is aangekeer en op borgtog vrygelaat, waarna hy verdwyn het. Woordvoerder Robert Netshiuna sê die man het daarna na bewering sewe vroue verkrag in Pongola, een in Paulpietersburg en een in Magudu, almal in KwaZulu-Natal, en vier in Germiston, Gauteng:
21 Sep 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Een van 9 vrouesterftes dalk weens liefdesdriehoek

Die polisie sê die moord op Jabulile Ntimba, wie se liggaam verlede week in Dawnpark, Boksburg, gevind is, hou moontlik verband met 'n liefdesdriehoek. 'n Man en twee vroue is in hegtenis geneem en sou na verwagting vandag in die Boksburgse landdroshof verskyn. Die adjunk-nasionale polisiekommissaris, Tebello Mosikili, het op…
21 Sep 11AM 1 min

El Niño beteken fyn beplanning vir gewasprodusente

Terwyl Zimbabwe sy tabakplantseisoen hierdie maand afskop, staar produsente ernstige droogterisiko's in die gesig weens die broeiende El Niño-weerpatroon. Deon Theron, voormalige president van die Zimbabwiese Tabakvereniging, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat boere hul waterreserwes noukeurig moet bereken om besproeiingslimiete te bepaal terwyl hulle droogtebestande en diepgewortelde gewasvariëteite…
21 Sep 11AM 1 min

Kleiner vars-produkte tenders vir skole, koshuise sal boere help

Daar word al hoe meer gevra dat die regering spysenieringskontrakte vir openbare skole en koshuise in kleiner tenders moet opbreek, wat geleenthede vir plaaslike boere sal skep om vars produkte en ander voedselprodukte te verskaf. Boere sê betroubare markte sal produsente help om uit te brei en te belê. Ben…
21 Sep 10AM 1 min

Groenwaterstof én olie, gas 'het groot potensiaal'

Energiekenner Harald Schütt sê die vraag na afgeleide produkte van groenwaterstof groei stadiger as wat verwag is, maar is steeds bestendig, en hy sien groot potensiaal vir Namibië. Dit volg nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah, aan die kantlyn van die Verenigde Nasies se 81ste Algemene Vergadering in New York, steun uitgespreek…
21 Sep 10AM 1 min

Gebrek aan digitale vaardigheid nou 'n faktor in digitale kloof

Namibië se digitale kloof is aan die verander, aangesien toegang tot die internet nie meer die enigste uitdaging is nie. Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, sê die fokus moet nou verskuif na digitale vaardighed. Cran se uitvoerende hoof vir Ingenieurs- en Tegniese Dienste, Pascal Haingura, sê hoewel daar vordering gemaak…
21 Sep 10AM 1 min