Rhodes Universiteit Sportraad: Hou GBV-beskuldiges verantwoordelik

Loading player...
Die Sportraad van Rhodes-universiteit in die Oos-Kaap sê mense wat skuldig is aan geslagsgeweld en vrouemoord moet aanspreeklik gehou word, nie die slagoffers nie. Die raad se voorsitter, Sue Smailes, het tydens 'n studente-geleide optog gepraat oor die dood van nege vroue in Ekurhuleni. Sy sê daar word dikwels van slagoffers verwag om hul gedrag te verander, eerder as om oortreders tot verantwoording te roep. Smailes beskryf geslagsgeweld as 'n nasionale krisis en vra daadwerklike optrede vanaf die strafregstelsel:

Sue Smailes Maandag
21 Sep 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min