
Nampol: Wees versigtig vir aanlyn-werkslenters
Loading player...
NamPol doen 'n beroep op werksoekers om uiters versigtig te wees met werksadvertensies op sosiale media, in die lig van berigte oor mensehandel. Die NamPol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat aansoekers werwingsbesonderhede onafhanklik by amptelike kantore moet verifieer voordat hulle reis. Sy het daarop gewys dat belangrike waarskuwingstekens beloftes van buitengewoon hoë salarisse, visumfooie wat vooruit betaal moet word, en werwers wat slegs via privaatboodskappe kommunikeer, insluit. Shikwambi het werksoekers gewaarsku om nooit fooie te betaal of oorspronklike identiteitsdokumente te oorhandig nie:

