
Gebrek aan digitale vaardigheid nou 'n faktor in digitale kloof
Loading player...
Namibië se digitale kloof is aan die verander, aangesien toegang tot die internet nie meer die enigste uitdaging is nie. Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, sê die fokus moet nou verskuif na digitale vaardighed. Cran se uitvoerende hoof vir Ingenieurs- en Tegniese Dienste, Pascal Haingura, sê hoewel daar vordering gemaak is, beskik baie mense en organisasies steeds nie oor die nodige vaardighede, toestelle en hulpbronne om ten volle by digitale tegnologie baat te vind nie.

